Hoe word ‘n droom gebore?
Voel jou toekomsdrome ook soms soos die prentjie hier bo? Iemand het eendag gesê:
Drome oor die toekoms is so deel van die Here se natuur. Dit is die saad waarmee Hy die toekoms in ons harte saai. Drome is ‘n produk van die Heilige Gees.
Het jy geweet dat vir elke droom wat die Here in ons harte plant, die duiwel ‘n nagmerrie vir ons voorhou?
Maar…
Wanneer ons leer hoe om daardie nagmerrie suksesvol te navigeer, bepaal ons die uitkoms van ons droom.
Want…
My waarneming is dat mense gewoonlik opgee, net op die oomblik wanneer hulle hoog swanger is met grootste geleentheid van hulle lewens.
Wat is nagmerries?
‘n Nagmerrie is die tonnel na die droom.
Wanneer ons verstaan hoe om die nagmerries van die lewe te navigeer, sal ons in die proses kosbare lewenslesse leer waarop ons ‘n toekoms kan bou.
Hoewel die duiwel hierdie nagmerries op ons pad kom neersit, toets en suiwer hulle ook ons motiewe.
Wanneer jy jouself in een van die lewe se nagmerries bevind, is die vraag nie of jy sukses sal behaal nie, maar eerder of die Here jou met moeilikheid kan vertrou?
Moeilike omstandighede kan juis ‘n bewys wees dat die hemel jou vertrou. Dat die Vader juis vertroue in jou het, om deur dit te kom en in Sy droom vir jou te slaag.
Net soos wanneer ‘n baba gebore word, is die pyn gewoonlik op sy ergste net voordat ons aan die Here se droom geboorte kan skenk en hoe nader die droom kom, hoe groter is die druk van omstandighede.

Ons droom is ons bestemming
…en ons nagmerrie is die weg na die realisering van ons droom.
Het jy al daaraan gedink dat die kerk die Vader se droom vir Sy Seun se bruid is? Tog was die hele proses deur ‘n nagmerrie ingelei…
Die kruis, met die volle hartseer en geweld daarvan, was die weg na hierdie droom van die Vader. Lees wat sê Jesus oor hierdie droom van die Vader:
Jesus sê: Ek sal my kerk bou…, maar die hel sê: Ek dink nie so nie… Kom ons spyker Hom teen ‘n kruis vas.
Vir drie dae het dit gelyk asof alles tevergeefs was, of al die beloftes net leë beloftes was, maar toe Jesus opstaan was die magte van die doderyk finaal oorwin!
Die anatomie van drome
Wat is die doel van ‘n droom?
Wat is die doel van ‘n nagmerrie?
Wanneer dinge om jou rof gaan, moet jy jouself berus in die gedagte dat die oorwinning nader as ooit is…
Hoe reageer mense op nagmerries?
Vir hierdie rede is dit so broodnodig dat ek en jy deel is van ‘n lewendige gemeente, waar ons gereeld van die vars olie van die Heilige Gees kan ontvang. ‘n Gemeente wat jou leer om genoeg krediet aan jouself te gee vir die goeie stryd wat jy so getrou stry.
Waar word Jakob se droom gebore?
Nagmerries is drome wat met hopeloosheid gevul is…
Tydens een van die donkerste tye van Jakob se lewe, gaan lê hy uitgeput met sy kop op ‘n rots om te slaap. Nadat hy aan die slaap geraak het, gee die Here vir hom ‘n droom waarin hy ‘n geopende hemel sien, met ‘n leer waarteen die engele op en af klim met die Vader bo aan…
Wanneer ek en jy uitvind hoe om met ons koppe op die rots te gaan lê, sal die Here ook vir ons ‘n geopende hemel met ‘n droom gee. Met ander woorde, kry jou kop op die regte plek en die hemel sal vir jou oopgaan…
Die plek waar Jakob aan die slaap geraak het se naam was Lus – dit was ‘n naam wat geen betekenis gehad het nie. Jakob vernoem dit na Bet-El wat beteken: Huis van God.
Wanneer jou kop op die regte plek is, sal daardie plekke in jou lewe wat geen betekenis het nie, skielik vir jou betekenis begin kry. Plekke wat leeg en dor was, sal weer met die teenwoordigheid van die Here gevul word.
Wanneer jou kop op die regte plek is, sal jou kussing ‘n pilaar word, ‘n fondament waarop jy weer kan begin bou.
Waarop het Johannes sy drome gebou?
Jy kan jou lewe op Sy drome bou
Ons lees in die skrif dat Johannes met sy kop op Jesus se bors Jesus gelê het. Die gevolg was dat hy later in sy lewe die nagmerrie, op die eiland van Patmos waar hy gevange was, kon omskep in ‘n lewende boodskap vir ons almal. Daar het hy die grootste profetiese boek in die Bybel – Openbaring – vir ons geskryf.
Hy het verstaan hoe om die grootste nagmerrie van sy lewe te leef, totdat dit ‘n droom geraak het en hy die grootste werk van sy lewe kon skryf.
In die middel van sy nagmerrie kon hy diep in die Here se wil vir ons toekoms inkyk en dit vir ons neerpen.
Moet nooit toelaat dat ‘n nagmerrie jou oë blind maak, vir die wonder van die toekoms wat die Here vir jou beplan nie.
Abraham breek Hagar se droom
In ‘n desperate oomblik stuur Abraham vir Hagar en Ismael weg…
Aanvanklik was Abraham se droom dat Hagar vir hom die seun sal baar wat hy nooit by Sara kon kry nie. Hagar was baie trots op haar seun en het groot drome vir hom gehad as Abraham se nageslag, maar toe Isak gebore word, verander dinge in ‘n oogwink.
Sy word weggestuur, die woestyn in en toe haar water op raak gaan sit sy vir Ismael, haar droom seun, onder ‘n bos en gaan sit ‘n entjie weg sodat sy nie die pyn hoef te deurstaan om te luister hoe haar droom sterf nie.
Wat merkwaardig is in hierdie vers, is dat die Here haar droom, wat haar seun was, gehoor het.
Hy hoor ook jou droom, daardie droom waarop jy al opgegee het. Daardie droom wat jy nie meer kan hoor nie, omdat dit jou te veel pynig, om dit te sien sterf.
Haar droom was besig om te sterf, maar die Here hoor haar droom. Hoor wat doen Hy.
Hy stuur haar terug na haar droom, met die opdrag om die seuntjie op te tel. Op die oomblik toe sy haar droom optel, gaan haar oë oop vir haar voorsiening en sy sien die put met water in!
Is dit moontlik dat jy daardie voorsiening wat jy so nodig het nie kan raaksien, omdat jy jou droom onder ‘n bos neergesit het om te sterf?
Dit het nou tyd geraak dat jy weer jou droom optel.
Voor en na die nagmerrie
Voor die kruis was Jesus se gesig vertrek van pyn en Sy hele liggaam oortrek van die bloed.
Hoor wat sê Hy nadat Sy nagmerrie verby was:
Aan die anderkant van jou nagmerrie is daar oorwinning, die teenwoordigheid van die Heilige Gees en ‘n ewige beloning wat net op jou wag…