Die metamorfose van vergifnis

Petrus het dit nie dadelik besef nie… Eers toe hy na Jesus, bebloed  aan ‘n Romeinse kruis staan en staar tref dit hom. Nou verstaan hy die gelykenis van die ondankbare slaaf…

Matt 18:27 Die heer van daardie slaaf het hom innig jammer gekry, hom vrygelaat en sy skuld vir hom kwytgeskeld. 28 Maar toe daardie slaaf uitgaan, het hy een van sy medeslawe gekry wat hom honderd denarius geskuld het. Hy het hom aan die keel gegryp, gewurg en gesê: Betaal terug wat jy skuld!

Petrus dink terug aan die aand wat hy Jesus verloën het en meteens besef hy. Vir die Vader om hom te vergewe het dit Sy enigste seun gekos, maar hy (Petrus) het slegs nodig gehad om sy trots op te offer.

In die skadu van ons pyn In die skadu van ons pyn voel vergifnis soos ‘n beloning aan ons vyande! Tog daar in die skadu van die kruis besef Petrus dat vergifnis slegs ‘n onverdiende geskenk is.

Wat is vergifnis?
‘n Geskenk aan myself wat my red van die tronk van bitterheid en wraak.

Wanneer ek vergifnis aanvaar kom ek vry van my sonde, maar wanneer ek dit gee aan my vyande, kom ek vry van hulle sondes aan my!

Efe 4:32 Wees goedgesind teenoor mekaar, met innige meelewing, terwyl julle mekaar vergewe, soos God in Christus julle ook vergewe het.

Hoekom huiwer ons dan om te vergewe?
Ons oorweeg vergifnis in die lig van wat aan ons gedoen is…
In stede wat vir ons gedoen is.

Ons vergewe dus nie omdat die ander persoon dit verdien nie, maar omdat ons vergewe is!

Vergifnis is nie ‘n eenmalige transaksie nie.
Dit is ‘n denkwyse, ‘n gesindheid en ‘n gewoonte. Vergifnis is ‘n toewyding aan onsself om ons harte skoon van wraak en bitterheid te hou.

Die kringloop van woede.
Daar is vier stappe in die proses van vergifnis.

Stap een: Identifiseer vir wie jy kwaad is.
Vergifnis is baie meer as om die verlede te vergeet en aan te beweeg want om ‘n skuld bloot te vergeet is iets anders as om dit totaal af te skryf.

Dink bietjie:
Wie hoop jy om nooit weer te sien nie?
Met wie het jy lang gesprekke in jou gedagtes?
Wie wil jy (in die geheim) sien misluk?

Stap twee: Bepaal wat hy jou skuld.
Jy weet hy het jou seer gemaak, maar wat presies het hy van jou gevat?

Sonder hierdie antwoord is jy nie gereed om te vergewe nie.
Het jy geweet, algemene vergifnis genees nie spesifieke pyn nie.

Pinpoint wat van jou gevat is.

Spesifieke pyn wat nie geïdentifiseer word nie, verander in algemene woede. Jou emosies moet eers met die verlies deel voordat jy gereed is vir die groot stap van vergifnis.

Stap drie: Skryf die skuld af.
Besluit dat hy of sy jou niks meer skuld nie.

Waar kry ek die krag om dit te doen?
Waar kry ek die krag om dit te doen?
Nou kan jy die woede en wraak agter los!

Baie vra my soms die vraag: Moet ek hom vertel hy is vergewe? Nie noodwendig nie… Maak seker die vertel is nie vir jou ‘n laaste poging van wraak nie…

Stap vier: Laat jou innerlike hof die saak uitgooi…
Dit beteken: Besluit daagliks om nie die saak te heropen nie.
Dit is moeilik want: Emosies volg nie onmiddellik besluite nie.
Praat gereekd met jouself: Hy skuld my niks nie!

anders…:

Raak jou herinneringe jou vyande.

Ontspan. Soos tyd aanstap sal jou emosies ook in pas kom. Jou gevoel sal wel verander.

Wraak is wreed.
Die kanker van ons siel is wanneer ons dink: Iemand skuld my iets…

So word ‘n slawe mentaliteit gebore, want: Terugbetaal is gewoonlik onmoontlik.

Kan ‘n man wat sy kinders afgeskeep het ooit daardie tyd terugkry?
Kan iemand wat ‘n lewe hel gemaak het die jare terug draai?
Hoe restoureer jy tyd, verlore liefde?
Hoe gee iemand jou onskuld terug?

Die wag vir terugkry is ‘n handrem vir jou siel. Dit maak ‘n fontein van magteloosheid oop.
So word magteloosheid gebore wat visie en verwagting steel.

Die belangrikste vraag:
Wanneer iemand hartversaking het vra hy nie waar het dit aangesteek nie:

Hy wil weet: Hoe fix ek dit?

Blaam maak nie beter nie. Die medisyne se naam is vergifnis.

Onthou: Ons vergewe omdat ons vergewe is.

Ek sluit af met quote van Andy Stanley: From one forgiven soul to another: You don’t owe me.

Similar Posts

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *