Die angel van beheer

Vry om te weer te Glimlag…

Deur die eeue heen het ons op ń eenvoudige gebaar, die glimlag, vertrou om ons stories te vertel.

ń Glim- of skaterlag is dié teken van vryheid.

Gal 5:1  Christus het ons vry gemaak om werklik vry te wees. Staan dan vas in hierdie vryheid en moet julle nie weer onder ‘n slawejuk laat indwing nie.

Ons leef en beef in ń wêreld vasgevang in vrees en angs – tog hunker ons om lekker te lag wanneer vreugde in ons opborrel.

Daar is ‘n glimlag vir elke emosie: Opgewonde, hartseer, skaam en selfvertroue…

Lag is ook die “jumper cables” vir geestelike konneksie.

Ons soek die oë van geesgenote op wanneer ons glimlag…

Wanneer begin ons?
Mary Jo Putney: “What one loves in childhood stays in the heart forever.

Om uitbundig te lag is ook ‘n oefening in kwesbaarheid.

Die vrees om uncool te lyk hou ons baie keer terug wanneer ons uitbundig lag.

Ons wil elkeen so graag in beheer voel en bly…

Wat is die handrem van vryheid?
Film – Almost Famous: Die enigste geldstelsel in hierdie bankrot wêreld is dit wat jy met iemand deel wanneer jy uit beheer voel. (Uncool).

Self-uitdrukking staan terug vir self-beskerming.

Self-beskerming reageer so:

  • Wat sal die mense dink?
  • Almal kyk, kalmeer!
  • Jy lyk belaglik, ruk jouself reg!

Gal 5:1  Christus het ons vry gemaak om werklik vry te wees. Staan dan vas in hierdie vryheid en moet julle nie weer onder ‘n slawejuk laat indwing nie.

Ons dryf heeldag handel vir ons eie waarde.
Die geldstelsel: Wees cool en in beheer.

Ons verruil vryheid vir die Straitjacket (Dwangbaadjie) van “Inpas teen alle koste”

Ons hooftaak: Bestuur persepsie.

Ons probeer beheer wat ander sal dink sodat ons waardevol kan voel!

Ek het vir jou ‘n vraag:
Op hoeveel pret het jy uit gemis omdat jy teen alle koste wil inpas?
Is jy bang om nuwe dinge te probeer?
In die vallei van nuwe dinge ontdek jy jouself, jou sterk punte.

Die swart angel van beheer
Ons red soms onsself deur iemand naby ons te verraai.
Wanneer laas het jou uncool vriend beskerm in die openbaar?

Gal 5:1  Christus het ons vry gemaak om werklik vry te wees. Staan dan vas in hierdie vryheid en moet julle nie weer onder ‘n slawejuk laat indwing nie.

Wanneer ons nie onsself vryheid gun nie, hok ons ander in.
Ons verkleineer en kritiseer hulle en hang die medalje van skande om hulle nekke.

Die Hopi Indiane: Wanneer jy ons sien lag, hoor jy ons harte praat.

Hoor jy?
Word jy gehoor?

Is jy vry?
Lewe jy voluit?

Mar 12:27 God is nie ‘n God van dooies nie, maar ‘n God van lewendes.

Veiligste plek: Verdwyn in die groep

Gal 5:1  Christus het ons vry gemaak om werklik vry te wees. Staan dan vas in hierdie vryheid en moet julle nie weer onder ‘n slawejuk laat indwing nie.

Slawejuk => zugos(Grieks) = Die balk van ‘n skaal…

Slawe weeg gedurig reg en verkeerd teenoor mekqqr op vir hulle eie veiligheid.
Hulle Veiligste plek: Verdwyn in die groep.

Gal 5:1  Christus het ons vry gemaak om werklik vry te wees. Staan dan vas in hierdie vryheid en moet julle nie weer onder ‘n slawejuk laat indwing nie.

Indwing => ene-Choo(Grieks) Vasgemaak deur ‘n wrok…

Is jy skaam vir jouself?
Is jy kwaad vir jouself?

Jy kan weer glimlag want:

Gal 5:1  Christus het ons vry gemaak om werklik vry te wees.

Jou kosbare vryheid is oordek met bloed, toegedraai in pyn en het gehang aan ‘n kruis…
Sodat jy vandag kan sug van verligting, kan glimlag, nee skaterlag en voluit lewe!

Similar Posts

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *