Vier stress tegnieke

Inleiding
Het die woorde: Ontspan vir ‘n slag, al jou spanning minder gemaak?
Wanneer jy gaan sit om te ontspan begin jy dadelik dink aan die spanning wat vir jou wag sodra jy weer opstaan!
…En jy het geen idee hoe om van al daardie spanning ontslae te raak nie.
Hoe meer jy probeer ontspan, hoe meer bewus raak jy van jou uitdagings en jy voel opnuut hoe nuwe spanning teen jou ruggraat op kruip.

Vir die maal-dinkers (overthinkers) onder ons is hierdie proses selfs meer intens.

Die pad uit
Raak meer bewus van jou denkprosesse en leer hoe om dit te beheer.

Jy kan want:
Joh 16:33 (2020 vert) Dit het Ek vir julle gesê, sodat julle in My vrede mag vind. In die wêreld ervaar julle swaarkry (thilipsys > druk); maar hou moed, Ek het reeds die wêreld oorwin(nik-aha-‘o > onderwerp).


Ons kan druk hanteer want Hy het reeds die skepping onderwerp.
Wees proaktief ten opsigte van jou spanning en leer nuwe tegnieke aan om jou fokus en denke te anker.

Ons mikpunt vandag
Om presies vas te stel wat in ons gedagtes gebeur wanneer ons maal-dink sodat ons:
Die sneller gedagtes kan identifiseer wat ons laat maal-dink.
Die effek daarvan op ons angs vlakke kan bepaal.
Wanneer ons die proses duidelik sien sal ons verstaan wat om daaraan te doen.


Kol 1:9b (2020 vert) Ons bid dat julle vervul mag word met die volle kennis(Ip-ig-no-ses > Om te herken deur patrone raak te sien.) van God se wil, deur al die wysheid en insig (soon-ne-sis > om dinge in jou gedagtes aan mekaar te sit. ) wat die Gees gee.

Wanneer ons na die patrone in ons lewe kyk sal die Heilige Gees ons help met wysheid en insig.

Destruktiewe patroon
Wanneer ons gedurig probeer wegvlug van die emosie van angs betaal ons ‘n duur prys.
Ons verloor ons konneksie met ons direkte omgewing.
Dit raak al hoe moeiliker om die realiteite om ons te interpreteer.
Ons strategiese denke maak plek vir oorlewings gerigte -denke.
Die eerste simptoom: Ons verloor ons vermoë om die klein dingetjies van die lewe raak te sien en geniet.
Die lewe begin voel soos ‘n ultra vinnige rekenaar speletjie waarin ons later nie meer kan reguit dink nie.
Krisis na krisis eis ons beperkte aandag.

Ons begin bewus raak van ons onvermoë om by te bly en angs word wakker in ons harte.
Hierdie bewustheid raak so intens dat ons voel ons kan nie meer reguit dink nie.
Ons begin ‘n negatiewe narratief inweef in ons ervaring van die realiteit om ons.
Hierdie narratief eindig altyd in ‘n storm van self veroordeling, twyfel en onvrymoedigheid.

Vier tegnieke v stres hantering
Vermei, verander, aanvaar, aanpas


Vermei
Dink daaraan: Van ‘n klomp drama in jou lewe kan jy eenvoudig wegloop!
Ons kan nie alles beheer nie, maar ons kan verseker prioritiseer.
Dink bietjie na: Vir hoeveel van die stres in jou lewe is vrywillig?

Wanneer jy stres vermei beteken dit nie dat jy noodwendig jou verantwoordelikhede probeer ontduik nie.
Jy leer eenvoudig om nee te sê vir spanning.

Fil 4:8 Verder, broers, alles wat waar is, alles wat eerbaar is, alles wat reg is, alles wat rein is, alles wat lieflik is, alles wat lof verdien, ja, watter deug of watter prysenswaardige saak daar ook mag wees: rig julle gedagtes daarop. 

Gedagtes maak gedagtes skoon…
Jou brein is jou hongerste orgaan en gebruik 20% van jou daaglikse energie.
Wanneer jy net vet gee verloor jy fokus en dryf.
Wie is in beheer jy of jou omgewing.
Onthou: Jy kan prioritiseer!

Wat doen jy met die spanning wat jy eenvoudig nie kan vermei nie?

Verander
Wat is die geheim van verandering?
Alles kan verander.


Gen 1:28 God het hulle geseën; God het vir hulle gesê: “Wees vrugbaar, vermeerder, vul die aarde en onderwerp dit. 


In jou is die vermoë om jou omgewing te onderwerp.
Jou vermoë om beheer uit te oefen op jou omstandighede is deel van die oorspronklike seën van die Here.

Hoekom twyfel ons in ons vermoë om verandering aan ons omstandighede te bring?
Ons persepsie van hoe die Here na ons kyk is verkeerd.
Aaron ontvang die opdrag om die volk so te seën:


Num 6:22 Die Here het met Moses gepraat en gesê: 
23 Praat met Aäron en sy seuns en sê, ‘So moet julle die Israeliete seën; sê vir hulle:
24 Mag die Here jou seën en jou beskerm. (Hy gee aan jou ‘n veilige platvorm om vanaf te begin)
25 Mag die Here sy aangesig oor jou laat skyn en jou genadig wees. (Jy opereer in ‘n atmosfeer van guns en genade)
26 Mag die Here sy aangesig na jou toe oplig en aan jou vrede gee. (Ons bewustheid van die Here se nabyheid, gee vrede)
27 So moet hulle my Naam op die Israeliete lê, dan sal Ek self hulle seën.


Wanneer ons God so sien sal ons begin glo dat ons wel gesag het oor omstandighede.
Ons het verseker ‘n sê in hoe ons omstandighede ontvou.

Wat daarvan as ek myself in ‘n omstandigheid bevind wat ek eenvoudig nie kan verander nie?
Aanvaar
Hoe aanvaar jy ‘n moeilike situasie?
Aanvaarding is nie om te maak asof die omstandigheid nie vir jou moeilik is nie.
Dit is om te erken dat dit OK is om so te voel.
Gee erkenning aan jou eie emosies.
Moet nooit vlug vir jou emosies of jou hart verhard nie. (Cowboys don’t cry.)


Efe 4:18 Hulle denke is verduister, hulle is vervreem van die lewe met God, omdat hulle onkundig is, deur die hardheid van hulle harte. 
Harde harte verduister ons denke en vervreem ons van die Here.

Aanvaarding beteken nie dat ons saam stem met wat gebeur het nie.
Dit maak ons net vry om te fokus op wat ons kan verander.


In die lang termyn oorleef ons slegs stres wanneer ons kan aanpas.

Aanpas
Dit beteken om veranderinge aan jou wêreldbeskouing, doelwitte, persepsie en verwagtinge te maak.
Dit beteken om jou verwagtinge in lyn met die realiteit om jou te bring.
Om by spanning aan te pas beteken om jouself te verander sodat jy stres beter kan hanteer.
Hier speel jou wil ‘n belangrike rol.
Jy kan eenvoudig besluit om nie aan neerdrukkende denke deel te neem nie.
Jy kan kies om meer optimisties oor jou situasie te dink.

Maak van jou krisisse, uitdagings.
Se aan jouself: Ek het ‘n veerkragtige persoonlikheid.
Vind maniere om jouself sterker te maak.

Jy lewe ‘n lewe wat Hy seën!

Similar Posts

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *