Betekenisvolle oomblikke

Gen 3:16 Vir die vrou het Hy gesê: Ek sal jou swaarkry met jou swangerskap baie erger maak; met pyn sal jy kinders in die wêreld bring. Na jou man sal jou begeerte wees, maar hy sal oor jou heers. 17 Vir die mens het Hy gesê: Omdat jy geluister het na jou vrou se stem, en geëet het van die boom Ek jou beveel het, Jy mag nie daarvan eet nie! die grond deur jou toedoen vervloek. Met swaarkry sal jy daarvan eet, solank jy leef. 18 dorings en dissels sal dit vir jou laat uitspruit, en jy sal veldplante eet. 19 Met sweet aan jou gesig sal jy brood eet, totdat jy terugkeer na die grond; want daaruit is jy geneem – ja, stof is jy, en tot stof sal jy terugkeer.

Wat in die wêreld moet ons hiermee doen?

In die begin, in die tuin was die mense sonder sonde. Inteendeel Adam en Eva het saam met die Here gewandel in die tuin. Versoek deur die slang eet Hulle van die verbode vrugte van die boom van kennis van goed en kwaad. Hulle ontdek dood, swakheid en draai weg van die Here.

Kort daarna stel die storie ons voor aan die idee van offers in die lewe van Kain en Abel.

Hulle het gou geleer dat die Here se guns gewen kan word deur offerandes.

Uitgestelde bevrediging

Hulle het geglo dat ons deur vandag se offers die toekoms kan verander. Ons offer vandag op om môre beter te maak. Hoekom was die ritueel van offers ingestel direk na die sondeval?

Neem byvoorbeeld ‘n bewer wat ‘n dam bou. Hy oefen geen keuse uit nie, hy is geprogrammeer om dit te doen. Hulle dink nie ek kon vandag by die see onder ‘n sambreel gesit het i.p.v. om ‘n dam te bou nie.

Mense aan die ander kant het nodig om die bevrediging in die nou uit te stel vir sukses later.

‘n Offer in die nou te doen kan ‘n beloning in die toekoms waarborg.

Ons kan dus so ons toekoms beïnvloed.

Offers is altyd moeilik want dit kos iets.

Daar is een konstante, nl. ons moet nou offer om later te kry.

Klein offers los klein probleme op, maar om groot komplekse probleme uit die weg te ruim vereis groot offers.

Dink maar aan iemand wat medies studeer. Hy bring nou ‘n groot offer om later baie mense en homself te kan help.

Offers is dus nodig om die toekoms beter te maak.

Abraham het baie lank vertrou vir ‘n seun, maar net daarna vra die Here iets van hom wat baie onredelik klink. Hy vra: Abraham offer jou seun aan my.

Hoe kan die Here so ‘n eis aan hom stel?

Die Here weet dat ons soms groot offers moet bring om in ons volle kapasiteit te kan ingroei en nie te bly wie ons is nie.

In die ou dae het hulle ape gevang deur ‘n klien gaatjie in ‘n pampoen te maak. Wanneer die aap sy hand insteek en ‘n hand vol pitte vat het sy hand vasgesit omdat die vuis vol pitte te groot was om weer by die gaatjie uit te kom. Ape was so gevang omdat hulle eenvoudig nie in staat is om te laat los wat hulle het om vry te kan kom nie.

Hulle kon eenvoudig nie iets waardevols opgee om vryheid in die toekoms te verseker nie.

Dit het Jesus gebring waar Hy die volgende woorde gesê het:

Mat 27:46 Teen ongeveer die negende uur het Jesus met ‘n harde stem uitgeroep: “Eli, Eli, lemá sabagtáni?” Dit beteken ‘My God, my God, waarom het U My verlaat?

Gesag oor die bose

Kom ons kyk na Jesus se pad na gesag…

Matt 4:1 Hierna is Jesus deur die Gees die woestyn ingelei om deur die Duiwel versoek te word.

Jesus spandeer veertig dae honger in die wildernis, en daar kom Hy die duiwel teë. Satan is die toonbeeld van ‘n gees wat weier om te offer!

Matt 4:3 Toe het die versoeker nader gekom en vir Hom gesê: “As u die •Seun van God is, sê dat hierdie klippe brode moet word.”

Jesus wat offers verstaan antwoord hom:

Matt 4: 4 Maar Hy antwoord: Daar staan geskryf, Van brood alleen sal die mens nie leef nie, maar van elke uitspraak wat uit die mond van God kom.

Jesus sê daar is iets wat meer belangrik is as kos…

Die wil en woord van die Here is instrumenteel t.o.v. ons voorsiening.

Omdat Jesus hierdie versoeking weerstaan het, het Hy gesag gehad om later die brood te vermeerder.

Mense wat die offer in die nou kan bring oes gesag in die later…

Die offer van die nou manifesteer die wonderwerk van die later.

Daarna neem hy Jesus na die tempel se dak en versoek hom om af te spring.

Jesus antwoord: Mat 4:7 Jesus sê vir hom: Daar staan ook geskryf, Jy mag die Here jou God

nie versoek (deeglik toets) nie.

Selfs in ons hero-films is dit swak smaak dat ‘n bonatuurlike krag ons held oombliklik verlos.

Dit maak ‘n bespotting van ons held se onafhanklikheid, dapperheid en bestemming. Sy vrye wil en verantwoordelikheid.

Die Here is nie slegs ‘n vangnet vir die blindes nie. Ons kan Hom nooit forseer om Homself te bewys nie.

Jesus het dit nie gewaag om Hom te vra om namens Hom in te gryp nie. Hy het geweier om Sy eie verantwoordelikheid op sy te skuif.

Dan kom die laaste versoeking:

Mat 4:8 Hierna neem die Duiwel Hom na ‘n baie hoë berg en wys Hom al die koninkryke van die wêreld in hulle prag, en sê vir Hom: “Dit alles sal ek vir u gee as u neerkniel en my aanbid.

Jesus word weer gekonfronteer met:

Die offer: Die koninkryke van die wêreld, die beloning die ewige koninkryk.

Die offer: Aardse gesag, die beloning die gesag van die koninkryk.

Al drie versoekings het een spilpunt:

Is jy bereid om nou te offer om later te ontvang?

Die koninkryk van die Here het geen kort paaie nie.

Vir Abraham was daar geen ander uitweg as om Isak op die brandstapel neer te sit nie.

Jesus het gebid: Laat hierdie beker by my verbygaan, maar vir hom was daar ook geen kortpad nie.

Ons toekoms

Ons suksesse van vandag staan ook op die offers van gister.

Die offer wat Jesus gebring het kan ook nie afgewater word en aangewend word om ons offer in die nou vry te spring nie.

‘n Lewe wat opoffer is ‘n betekenisvolle lewe!

Similar Posts

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *