Die vyf spesies van manipuleerders

 Wat is die geheim van naby?

Om aan mense te wys wie jy regtig is.

Dit beteken nie dat jy jou hart sommer vir enige iemand wys nie…

Wat is die kanker van intimiteit?

Wanneer mense verhoudinge sien as tydelik en  mense as weggooi baar.

Wat sluit die hart oop vir intimiteit?

Wanneer iemand meer verlief as beïndruk is met jou gaan jou hart oop vir hulle.

Wat skep die atmosfeer vir intimiteit?

Wanneer ons voel ons het nie nodig om ‘n atoom te split of ‘n splash te maak om iemand se oog te vang nie.

Wat is die misverstand van intimiteit?

Ons het sensitiewe antennas vir liefde, ‘n verlange wat ons baie keer verwar met die begeerte om te beïndruk.

Wat is die geheue van intimiteit?

Ons onthou net die waarheid wat ons gedeel het, die kwesbare oomblikke, die vreesaanjaende risiko van liefhê.

Wat is die doodskoot van naby?

Manipulasie…

Spr 14:12 Daar is ‘n pad wat vir ‘n mens reg lyk, maar dit eindig by paaie na die dood. 13 Ook onder gelag kan ‘n hart pyn ervaar; die einde van vreugde is verdriet.

Die DNA van manipulasie

Die dominante vyand van enige verhouding is oneerlikheid.

‘n Miskruier weet nie hy is ‘n miskruier nie – hy rol net sy mis…

Is verandering net ‘n belofte – wanneer kan ek ‘n manipuleerder glo?

Alle veranderde mense wat ek ontmoet het, het ‘n storie.

‘n Storie van “Rock bottom”, ‘n besef gevolg deur ‘n besluit en radikale verandering.

‘n Storie sonder drama – wanneer daar drama is kruip daar ook gewoonlik manipulasie weg.

Omdat nabyheid in vertroue geanker is, versmoor misleiding enige vorm van intimiteit.

Die vyf spesies van manipuleerders

Die tellinghouer

Die oomblik wanneer iemand in ‘n verhouding die telbord uithaal, sterf daar iets.

Die tellinghouer is in beheer van die telbord en raam dit soos hy of sy wil.

Op so ‘n manier dat hulle altyd wen…

Manipuleerders glo nie in ‘n wen-wen situasies nie.

Wanneer iemand anders wen, verloor hulle!

Hulle hou telling en het ‘n geheue soos ‘n olifant.

Hulle sê gereeld: Jy skuld my niks…

Jy skuld my niks omdat ek jou by die lughawe afgelaai het nie, maar volgende week reis ek self…

In ware intieme verhoudinge hou mense nie telling nie!

Die regter

Hulle beheer deur oordeel…

Hulle gee ruimhartig liefde op die voorwaarde dat hulle altyd reg is.

Hierdie persoon glo sterk in reg en verkeerd en sê ek is nou maar net ‘n wit en swart mens.

Dit is nie noodwendig verkeerd nie, maar hulle stel hulle self aan as die regter wat die standaard stel.

Hulle gebruik ander se swak punte om krag oor hulle uit te oefen.

Hulle sal maklik die Bybel gebruik om hulle wil te laat geld.

Vir hulle is die Bybel ‘n reëlboek.

Die Bybel in ‘n boek wat mense aan die Here en Sy genade voorstel.

Waar mis hulle dit?

Beheer se motivering is vrees, maar intimiteit gaan oor risiko!

Hulle kruip agter jou en my foute weg om hierdie risiko vry te spring.

Die Hero

Hulle laat mense glo dat hulle meer het om aan te bied as wat hulle regtig kan.

Die probleem met hierdie visionêre persoonlikheid is dat mense om hulle glo dat hulle ‘n onmoontlike toekoms kan bied.

Spr 13:12 Onvervulde hoop maak die hart siek(Chalah > ‘n Verbleikte verslete lap), maar ‘n vervulde wens is ‘n boom van lewe.

Beloftes wat nie bedoel is om te seën nie, maar te manipuleer haal die kleur uit elke verhouding.

So ‘n persoon trek later nie meer jou oog nie.

Hierdie persoon se motief is nie jou geluk nie, maar sy of haar eie beeld en voordeel.

Jy ken hom uit as die persoon wat te goed is om waar te wees…

Die Vreesaanjaer

Hulle ervaar liefde as onderdanigheid.

Hulle heers deur mense die gevolge van ongehoorsaamheid gewetenloos te laat dra.

As jy nie onderdanig is nie gaan ek jou lewe hel maak…

Hulle manipuleer deur mense te laat glo hulle is sterk.

Hulle wys nooit hulle kwesbaarheid nie en het ‘n intense vrees dat hulle as swak gesien sal word.

Hulle boelie die weerloses want in dit ervaar hulle troos van hulle eie onsekuriteite.

Omdat dit vir hulle onmoontlik is om weerloos te wees is intimiteit buite hulle bereik.

Hulle omring hulle met mense wat aan hulle sal onderwerp en in ruil daarvoor bied hulle ‘n gevoel van beskerming.

Wanneer jy bang is om te verskil of iemand se gesag uit te daag is jy waarskynlik in die geselskap van ‘n vreesaanjaer.

1 Joh 4:18 In die liefde is daar geen vrees nie. Inteendeel, volmaakte liefde dryf die vrees na buite; want vrees het te doen met straf, en wie vrees, het nie volmaak geword in die liefde nie.

Die mislukker

Het jy al Europese sokker gekyk en gesien hoe ‘n speler op die grond val, asof ‘n trok hom raak gery het, wanneer hy ‘n ligte stampie kry?

‘n Mislukker oordramatiseer om simpatie en aandag te kry.

Om ‘n slagoffer te wees het mens ‘n onderdrukker nodig.

Wanneer jy met ‘n mislukker in ‘n verhouding tree sal jy kort voor lank opeindig as die onderdrukker!

Mislukkers steel nodige energie en hulpbronne deur emosionele beserings na te maak.

Hulle reken as mense my seermaak skuld hulle my en ek kan dit later oor hulle hou om my sin te kry.

Hulle beheer deur ander te laat skuldig voel.

Spr 30:21 Onder drie dinge bewe die aarde, ja, onder vier kan hy dit nie uithou nie: 22 onder ‘n slaaf as hy koning word, ‘n niksnuts (nabal > fool) as hy hom versadig eet aan brood, 23 onder ‘n getroude vrou wat nie-geliefd is nie.

Wanneer jy gedurig skuldig of verantwoordelik voel vir iemand anders se pyn is die kans goed dat jy in die teenwoordigheid van ‘n mislukker is.

Die pad uit

Ons almal maak van tyd tot tyd foute.

Die geselskap van iemand wat ons intiem lief het motiveer ons om sterker en beter te wees.

Ons ploeg alles wat ons het in die verhouding, nie omdat dit gevra word nie, maar omdat daardie diep liefde ons inspireer.

 Dit is amper soos ‘n coach wat ‘n atleet afrig:

Die atleet voel nooit swak nie, maar die coach sien dinge raak waarop hy kan bou.

Hoe weet ek, ek het intimiteit beet?

Ek kan voel hoe elke oomblik in daardie persoon se teenwoordigheid my beter maak.

Die miljoen dollar stelling: Ek wil hier bly!

Similar Posts

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *