Twee stappe na ‘n nuwe identiteit

Matt 5:14 Julle is die lig vir die wêreld. ‘n Stad wat op ‘n berg lê, kan nie weggesteek word nie. 15 steek ook nie ‘n lamp op en sit dit onder ‘n maatemmer nie, maar op ‘n lampstander, en so gee dit lig vir almal in die huis. 16 Laat julle lig só(houtoo > op hierdie manier) voor die mense skyn (lampoo > laat hulle jou briljantheid sien)…

Wat sê die vers?

Jy is > Is jy gereed om te hoor: Jy is?

Jy is die lig van jou situasie – die oplossing vir die naby aan jou?

Ons is so gewoond om terug te hou…

Die eerste ding wat Adam en Eva gedoen het was om hulle self weg te steek.

Laat julle lig so skyn: (lampoo > laat hulle jou briljantheid sien)

Ek vra weer: Hou jy terug?

Duidelik het ons ‘n nuwe identiteit nodig…

Die twee-stap proses om jou identiteit te verander.

Laas week: Ons identiteit kom deur ons gewoontes na vore.

Ons word sonder ‘n begrip van onsself gebore.

Elke deeltjie van ons selfbewustheid word deur een of ander ervaring gevorm.

Jou ervaringe, dit wat jy elke dag oor en oor beleef, jou gewoontes, is hoe jy jou identiteit uitleef.

Wanneer jy jou bed opmaak leef jy die kwaliteite van ‘n georganiseerde persoon uit.

As jy gereeld skryf verpersoonlik jy ‘n skrywer, ‘n kreatiewe persoon.

As jy gereeld oefen bring jy die atleet in jou na vore…

Identiteit kom van die twee Latynse woorde: essentitas:> Om te wees.

en identitem:> Om te herhaal.

Jou identiteit is letterlik: Om te wees deur te herhaal…

Jy begin dus in jou identiteit glo omdat jy die bewyse daarvan in jou handel en wandel sien.

As jy elke Sondag kerk toe gaan, het jy die bewys dat jy ‘n Godsdienstige persoon is.

As jy elke dag studeer het jy die bewys dat jy ‘n student is.

Hoe meer bewyse jy het van iets hoe makliker en sterker glo jy dit!

Het jy bewyse van wie jy is, wil wees?

Ek het myself nooit gesien as invloedryk nie. Toe begin ek a.g.v. Covid weekliks ‘n video op Youtube te maak.

400 Videos en 100 000 views later het die bewyse my oortuig van wie ek is.

Soos wat die bewyse aan geteel het, so het my individualiteit vorm aan geneem in daardie aspek.

Gewoontes het dus ‘n groot uitwerking op ons selfbeeld.

Soos wat ons aan gaan raak die effek van eenmalige gebeurtenisse al hoe minder…

… en met tyd temper gewoontes ons selfbeeld.

Soms raak ons so ongeduldig met ons persoonlike groei:

Pred 3:11 Alles het Hy mooi gemaak op sy tyd. Hy het ook die besef van tydsduur hulle harte gegee, dat die mens enigsins die werk wat God van begin tot einde doen, kan peil.

Ons verander nie deur ‘n drastiese besluit nie, maar deur klein gewoontes wat ons verander.

Elke gewoonte is amper soos ‘n voorstel van wat jy is of kan wees.

Elke keer wat jy iets doen is dit soos ‘n stem vir jouself van wat jy kan wees.

Betekenisvolle verandering het dus nie radikale verandering nodig nie.

Met elke bladsy wat jy skryf raak jy ‘n skrywer.

Elke keer wat jy op jou kitaar oefen raak jy ‘n musikant.

Elke keer wat jy ‘n werknemer bemoedig verander jy in ‘n leier.

Gewoontes gee nie net resultate nie, maar leer jou iets oor jouself.

En die storie wat jy aan jouself oor jouself vertel begin om te verander.

Die twee stappe

  1. Besluit watter tipe persoon jy wil wees.
  2. Bewys dit aan jouself met nuwe klein gewoontes.

Wie wil jy wees?

Waarvoor staan jy?

Wat is jou beginsels en waardes?

Wat is jou drome?

Wie is die persoon wat in staat is om 20Kg te verloor?

Watter tipe persoon is dapper genoeg om ‘n nuwe besigheid te begin?

Wie is die persoon wat op hoogte is met die nuutste kennis en verwikkelinge?

Wanneer jy verstaan wie jy wil wees, is jy gereed om die eerste klein stappe te begin neem.

Onthou jou gewoontes vorm jou identiteit en jou identiteit vorm jou gewoontes.

Hoekom maak gewoontes saak?

Identiteitsverandering is die noord op ons kompas van nuwe gewoontes.

Jou identiteit is nie in konkrete gegiet nie.

Jy het ‘n keuse in elke oomblik.

Hand 14:22 Hulle het die dissipels geestelik versterk, hulle aangemoedig om in die geloof te volhard en gesê: “Ons moet deur baie ontberings(thilipsis > Druk) heen in die koninkryk(basileia > Heerskappy) van God ingaan.

Die dun doppie van ‘n springmielie moet ongeveer 930 kpa en 177 C hanteer voordat die mielie kan spring.

In ‘n mikro sekonde verander ‘n harde kern na ‘n sagte happie.

Soms wanneer ons na mense kyk lyk dit asof hulle sukses oornag gekom het.

Tog moes hulle die druk vir duisende oomblikke geduldig binne hou.

Die lewe is ‘n groot versameling oomblikke en suksesvolle oomblikke word deur goeie gewoontes aan mekaar vasgesweis.

Sukses kom oornag, maar hoe het daardie nag vir Dawid gelyk?

Ps 6:7 Ek is moeg van my gesug, nag deurdrenk ek my bed, ek my slaapbank met trane.

Wanneer jy in jou middernag verkeer, Vra die vraag:

Wie is ek?

Similar Posts

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *