Hoe vind ek myself weer

Vandag antwoord ons drie vrae.

  1. Wat doen ek in donker tye?
  2. Hoe vind ek myself weer?
  3. Hoe kom ek weer voor?

Drie aanhalings

Benjamin Franklin – Niemand is waardeloos – wat die las van iemand ligter maak nie…

Ghandi – Die beste manier om jouself te vind is om jouself in ander te verloor.

Maartin Luther King – Almal kan groot wees want almal kan dien…

Wat doen ek in donker tye?

In Sy donkerste uur, vlak voor Sy kruisiging haal Jesus ‘n skottel uit.

In die sagte atmosfeer van die laaste maaltyd begin ons Koning om die voete van die dissipels te was…

Die twee skottels in die Nuwe Testament

Daar is twee skottels met water in die Nuwe Testament.

Net voor die kruisiging van Jesus was Pilatus sy hande in onskuld in ‘n skotteltjie water. Hiermee verskoon hy homself van sy verantwoordelikheid om Jesus te beskerm.

Aan die ander kant weer word Jesus se hande skoon terwyl Hy die voete van Sy dissipels was.

In donker tye voel ons baie keer skuldig oor iets. Ons hande voel vuil wat ons vrymoedigheid steel.

Die verskil tussen die twee skottels

Pilatus plaas homself eerste.

Jesus plaas ander eerste.

Ons natuurlike reaksie op donker tye?

Luk 22:24  Daar het onenigheid onder hulle ontstaan oor wie van hulle as die belangrikste beskou moet word. Luk 22:26  Maar by julle moet dit nie so wees nie. Inteendeel, die belangrikste onder julle moet soos die geringste wees, en die een wat die leier is, soos die een wat dien. 

In moeilike tye is ons geneig om selfsugtig te raak.

Ons probeer om die bietjie wat ons nog het te beskerm.

Tog maak voorsiening in die koninkryk staat op die saad beginsel.

2Kor 9:6  Maar dink daaraan: Wie spaarsamig saai, sal ook spaarsamig maai; en wie volop saai, sal ook volop maai.

Wat doen ek in donker tye?

Die donker oomblikke van my lewe is die tye waar ek my hart vir ander oop maak, hulle voete was en volop saai.

Hoe vind ek myself weer?

Wanneer jy na ‘n groepfoto kyk waarin jy ook verskyn, na wie soek jou oë eerste?

Fil 2:5  Dieselfde gesindheid moet in julle wees wat daar ook in Christus Jesus was…

Die woordjie: gesindheid in Grieks is Phorneoo wat beteken: Om jou gemoed te oefen.

Om daardie ware jy, wat jy as gevolg van die stryd van die lewe so lanklaas gesien het, weer te ontdek kos oefening.

Wat was Jesus se geheim?

Fil 2:7  maar Hy het Homself verneder deur die gestalte van ‘n slaaf aan te neem en aan mense gelyk te word. Fil 2:9  Daarom het God Hom ook tot die hoogste eer verhef en Hom die Naam gegee wat bo elke naam is..

Die woordjie verneder is: Kenoo – Dit beteken: Om nie te veel aandag aan jou reputasie te gee nie.

Wanneer ons te bekommerd oor ons reputasie is, inhibeer dit ons pogings om voor te kom.

Ons vind onsself dus:

Deur ruimte vir ander in ons lewe, gedagtes en emosies te maak, deur onsself nie te ernstig op te neem nie. Dit steel net vrymoedigheid en hoop.

Die beste manier om jou sterk punte en talente weer te ontdek is om ander te dien met wat jy het.

Kyk weg van jouself en jy sal jouself weer sien!

Hoe kom ek weer voor?

Om voor in die lewe te kom is daar een klein woordjie wat ons moet verstaan: Gesag.

Diensbaarheid is die broeikas van gesag.

Op aarde kry ons twee tipes mense: Die wat die regte ding doen en dan goed voel daaroor en die wat die regte ding doen wanneer hulle goed voel. Wie is jy?

Die barmhartige Samaritaan

In hierdie storie het beide die priester en die Samaritaan ‘n ompad gevat.

Die een om ongemak vry te spring en die ander om ongemak te verlig.

Om gereeld ongemak vry te spring is ‘n groot beperkende faktor ten opsigte van voorkom in die lewe.

Mat 16:25  want wie sy lewe wil behou, sal dit verloor; maar wie sy lewe ter wille van My verloor, sal dit terugkry.

Zig zigler – As jy mense help om te kry wat hulle wil hê – sal jy kry wat jy nodig het..

Jesus beleef Sy moeilikste uur op aarde en Hy was die voete van ander!

Trouens Hy was die voete van Sy verraaier!

Jesus was ‘n brug na die Seën van die Vader, maar let wel, mense trap op brûe…

In hierdie verse leer ons iets kosbaar oor die persoonlikheid van ons Koning:

Mat 25:35 Ek was honger, en julle het My iets gegee om te eet . Ek was dors, en julle het My iets gegee om te drink; Ek was ‘n vreemdeling, en julle het My gehuisves;

Jesus neem dienswerk persoonlik op!

Vyf wenke om voor te kom

  1. Dien soos ‘n vriend.
  2. Glo in potensiaal.
  3. Kyk deur die bril van empatie.
  4. Neem die ompad.
  5. Was voete soos ‘n koning.

Similar Posts

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *