Wanneer ek moeg voel…

Hoekom gee ek nie meer om nie?

Op ‘n koue wintersoggend in Januarie 2009 beier die stem van Pres. Barack Obama in die Nasionale Mall tydens sy inhuldigings toespraak die volgende woorde:

On this day, we gather because we have chosen hope over fear.

Let’s “seize gladly” our  hardships head-on and turn our challenges into successes!

Vrae

  1. Is hopeloosheid die teenoorgestelde van hoop?
  2. Waar is my energie en dryf heen?
  3. Wat is die gevolg van hoop wat taan?

Jes 61:1 Die Gees van my Heer, die Here is op my, omdat die Here my gesalf het. Hy het my gestuur na magteloses (Woedend), om dié met gebroke harte (Desperaat) se wonde te verbind, om dié wat weggevoer (Apaties) is se vrylating aan te kondig bevryding vir dié wat geboei is,

2 om die genade jaar van die Here aan te kondig, ons God se dag van wraak, om almal wat rou, te troos,

3 om te voorsien vir hulle wat oor Sion rou, om vir hulle tulbande te gee in plaas van stof, vreugde-olie in plaas van rou, klere vir lofprysing in plaas van ‘n verslae gees. Hulle sal genoem word: terebinte van geregtigheid, geplant deur die Here om Hom te verheerlik.

1.  Is hopeloosheid die teenoorgestelde van hoop?

Nee dit is nie…

Om dit beter te verstaan, kom ons vra:

Waar kom hopeloosheid vandaan?

Hopeloosheid ontspring wanneer ‘n slegte situasie ontstaan en daar niks is wat mens daaraan kan doen nie.

2.  Waar is my energie en dryf heen?

Hopeloosheid dreineer ons wilskrag en ons vermoë om nuwe strategie te kristalliseer.

Hierdie emosie veroorsaak dat ons negatief raak en op ons mislukkings begin fokus.

3.  Wat is die gevolg van hoop wat taan?

Hopeloosheid is die katalisator wat die volgende proses aan die gang sit:   Woede > Desperaatheid > Apatie.

Woede

Wanneer ek nie by my doelwitte uitkom nie, ontspring daar frustrasie of woede in my hart.

Woede en frustrasie kook onmiddellik oor wanneer ons hoop begin taan.

Dit is ‘n normale refleks wanneer ons verwagtinge nie ontmoet word nie.

Toe woede en frustrasie oor kook in Amerika het pres Barak Obama ‘n stewige platvorm van hoop geskep. Hoop wat ‘n hele land kon kalmeer en vasmaak aan ‘n nuwe rigting.

Hy het nuwe doelwitte aangekondig en aan die Amerikaners die pad na hulle gewys.

Hy het my aan Napoleon Bonaparte se woorde laat dink:

A leader is a dealer in hope.

Desperaatheid

Die tweede fase van verminderde hoop is desperaatheid.

Desperaatheid ontstaan wanneer ons voel dat ons van alle alternatiewe ontneem is.

In hierdie kondisie lyk struikelblokke eenvoudig onoorkombaar.

Desperaatheid gooi ‘n donker wolk oor elke strategie!

Jy weet dat jy ‘n plan moet maak, maar kan nie glo dat jou planne sal werk nie.

Daar is nie fout met jou vermoëns of talente nie, maar jou geestelike energie is gedaan.

Jy verloor jou “edge” en raak afgestomp.

Apatie

 Apatie is die finale fase van moedeloosheid.

In hierdie fase is jou geestelike energie totaal gedaan en jy het besluit dat jou doel heeltemal buite bereik is.

Apatie is die teenoorgestelde van hoop!

Alle gefokusde energie en motivering is weg.

Die enigste gedagte wat deur jou maai is: Ek kan dit nie doen nie!

Skaam en blaam het jou beste vriende geraak.

Die pad uit

Jes 61:3 om te voorsien vir hulle wat oor Sion rou, om vir hulle tulbande te gee in plaas van stof, vreugde-olie in plaas van rou, klere vir lofprysing in plaas van ‘n verslae gees. Hulle sal genoem word: terebinte van geregtigheid, geplant deur die Here om Hom te verheerlik.

Hoe raak ons ontslae van woede?

…om vir hulle tulbande te gee in plaas van stof…

Vir die Jode was tulbande ‘n simbool van Eer en gesag gewees.

  1. In uitdagende tye ontspring woede wanneer ons frustrasie ervaar wanneer ons nie by ons doelwitte uitkom nie.
  2. Omdat ons, ons identiteit aan ons werke koppel ervaar ons ‘n emosie van mislukking.
  3. Wanneer dinge skeef loop, hou die tulband van eer en gesag wat Jesus vir jou met Sy bloed gekoop het op jou kop en in jou gedagtes.
  4. Dit sal jou gedagtes beskerm en keer dat jy in die vallei van desperaatheid land.

Bly so weg uit die vallei van desperaatheid.

…vreugde-olie in plaas van rou…

  1. Vreugde olie (Suiwer olyf olie) was gebruik om die kandelaar te brand in die Tempel.
  2. Die kandelaar of Menorah was vir die Jode ‘n tipe van die boom van die lewe in die paradys.
  3. Hierdie boom staan teenoor die boom van kennis van goed en kwaad waarvan die vrugte tot die sondeval gelei het.
  4. Ons raak desperaat wanneer ons fokus op ons eie vermoëns en vergeet dat ons hulp van bo kom.
  5. Vervang die angs oor jou toekoms met die vreugde olie van hulp van bo.
  6. Dit sal ‘n nuwe lig van hoop oor jou uitdagings skyn.

Hanteer apatie

…klere vir lofprysing in plaas van ‘n verslae gees…

Klere het van identiteit gepraat, maak lof ‘n kultuur in jou lewe.

Wenke oor apatie

Kies ‘n klein doel en gee jouself daarvoor asof jou lewe daarvan afhang, want dit doen.

Stadig maar seker soos wat jy vorder sal nuwe hoop in jou hart begin opborrel.

Onthou hoop beskerm die hart.

Similar Posts

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *