Die guns van die Here?

Die vraag, die belangrikste vraag…

Die vraag wat elke siel op aarde teister…

Wat maak my God gelukkig…

Hoe kan ek Sy guns wen?

Van al die gelykenisse in die Bybel is daar een wat hierdie vraag antwoord:

Die verlore seun…

…en hier is die vers wat dit beskryf:

Luk 15:32 Ons moet feesvier en bly wees, want jou broer was dood, en hy het lewendig geword. Hy was verlore, en is weer gevind!

Dit klem: Hy was verlore en is weer gevind!

Genade op die tong van ‘n mens en die tong van die Koning verskil

Mense het die gewoonte om genade te gee, maar vrymoedigheid te inhibeer.

Ons gee gewoonlik genade saam met ultimatums.

Ek noem dit genade met ‘n maar…

Miskien is dit omdat ons glo dat skande gedrag sal verander.

As hy skaam genoeg is sal hy dalk begin verander…

Ons motiewe is dalk rein, maar ons metode is mank.

Hoe klink genade vir jouself, op jou tong?

Voel jy, jy moet betaal vir jou foute?

Verseker moet ons verantwoordelikheid vir ons optrede neem, maar is self-straf regtig  die beste metode?

Wanneer jy na jouself kyk, weet jy diep binne dat jy terug hou?

Kan jy regtig met vrymoedigheid na jou God en jou mense gaan?

Wat maak die Koning gelukkig?

Die woorde: Hy was verlore en is weer gevind!

Voel jy soms bietjie verlore?

Jesus kontras die twee broers in die gelykenis van die verlore seun met mekaar.

Die ouer broer wat sy hele lewe lank gewerk het om sy vader gelukkig te maak teenoor die jonger een wat geen ander keuse gehad het as om op sy vader se genade staat te maak nie.

Volgens die verhaal klink dit op die ou end asof beide onvervuld  en ongelukkig was met hulle eie pogings.

Wat my tref was die feit dat die vader geen woede of teregwysing teenoor sy jongste seun gehad het nie.

Die Vader het geweet dat die seun weet dat hy verkeerd was…

Die Vader het nie te kere gegaan omdat sy seun so ‘n klomp geld gemors het nie.

Die vader het nie gewroeg oor wat verlore was nie… Hy weet ń hart is gewen…

Wat leer ons hier oor die hart van die Koning?

Die vader het nie vanuit skaarste gedink nie, maar vanuit hemelse oorvloed.

Dit is Sy wil dat ons:

Leef vanuit oorvloed en vrymoedigheid.

Ek het eendag iemand hoor sê dat kinders onder ‘n kersboom hulle vreugde vind vanuit die geskenke wat hulle gaan ontvang terwyl ouers se oë glinster omdat hulle kan gee.

Die Vader is nie teleurgesteld omdat jy behoeftes het nie, maar is opgewonde oor die geleentheid om te voorsien!

Sy vreugde is jou volheid.

Ons ervaar volheid wanneer ons nie meer tekort vrees nie.

Die Vader se reaksie

Luk 15:21 Die seun sê toe vir sy vader, ‘Vader, ek het gesondig teen die hemel en in u oë. Ek is nie meer werd om u seun genoem te word nie.  22 Maar sy vader het sy slawe opdrag gegee, Bring gou ‘n lang stola, die beste een, en trek dit vir hom aan. Gee vir hom ‘n ring vir sy vinger en sandale vir sy voete. 23 Bring vir ons die vetgemaakte kalf, slag dit en laat ons eet en feesvier…

Die pa doen vier dinge:

  1. Hy gee vir hom ‘n nuwe kleed.
    1. In daardie dae was ‘n oorkleed ‘n teken van gesag en funksie.
    1. Die vader herstel sy seun se geestelike gesag en funksie in die samelewing.
    1. Wedergeboorte herstel ons gesag en rol.
  2. Hy steek vir hom ‘n ring aan sy vinger.
    1. Tradisioneel was ‘n seëlring gebruik om kontrakte in die naam van die familie te sluit.
    1. Die vader gee vir hom die reg om besluite te neem weer terug.
    1. Die vader herstel sy selfvertroue ten spyte van sy optrede!
    1. Wedergeboorte is ons eerste stap na nuwe selfvertroue.
  3. Die vader gee vir hom nuwe skoene
    1. Skoene praat van rigting en momentum op ons pad.
    1. Die vader herstel sy lewens strategie en wys vir hom die pad.
    1. Wedergeboorte is ook die geboorte van ons nuwe funksie en rol in die familie van die Here.
  4. Die vader reël vir sy seun ‘n feesmaal.
    1. Die vader herstel hier sy seun se sosiale stand onder sy vriende.
    1. Die vader wys vir almal ek is nie skaam vir my seun nie!
    1. Wedergeboorte herstel ook ons sosiale stand.
    1. Maak seker dat jy jou sosiale vrymoedigheid weer terug neem…
    1. Die verlede is verby en jy is ‘n nuwe mens!

Die vrees wat ons bind

Ons vind almal sekuriteit in ons werke en is bang dat ons verandering net tydelik sal wees as ons nie skaam genoeg oor die verlede is nie.

Dit is juis ons onverpoosde pogings wat ons terug sit onder die wet!

Wedergeboorte gaan daaroor dat ons kies om op Sy genade staat te maak.

Op die werk van Jesus en nie ons eie pogings nie.

Onthou al het die ouer seun alles probeer het sy hart ook nie rus gevind nie.

Die jonger seun was verkeerd, maar hy het terug huis toe gekom.

Daar is hy herstel en kon sy vreugde in die huis van sy vader weer vind.

Efe2:4-5 Maar God, ryk in barmhartigheid, het ons, alhoewel ons dood was as gevolg van die oortredings, op grond van sy groot liefde waarmee Hy ons liefgehad het, saam met Christus lewend gemaak – uit genade is julle verlos! 6 Ja, Hy het ons in Christus Jesus saam opgewek, en saam laat sit in die hemel…

En dit is waar die Christelike lewe begin: Wanneer ons saam met Hom gaan sit…

Similar Posts

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *