Vind jou doel in die vallei
Esegiël is in ‘n vallei en die Here gee aan hom spesifieke instruksies in die vallei.
Ese 37:11Hy sê toe vir my: “Mensekind, hierdie beendere, hulle is die hele huis van Israel. Kyk, hulle sê, Ons beendere is verdroog, ons hoop is verlore, ons is afgesny.
12 Daarom, profeteer en sê vir hulle, ‘So sê my Heer, die Here:
(Ons het hier: wat hulle sê en wat die Here sê,
Wat ek voel en wat die Here voel,
Wat ek ervaar en wat die Here kan doen…)
Kyk, Ek maak julle grafte oop, en Ek sal julle uit julle grafte laat opkom, my volk! Ek sal julle terugbring na die grond van Israel.
13 Julle sal besef dat Ek die Here is wanneer Ek julle grafte oopmaak en julle uit julle grafte laat opkom, my volk.
14 Ek sal my Gees in julle gee, en julle sal leef. Ek sal julle tot rus bring op julle grond. Dan sal julle besef dat Ek die Here is. Ek het gepraat en Ek sal dit doen. Dit is die uitspraak van die Here.
Esegiël is in die vallei saam met hulle en hier is wat hy hulle wil leer:
Tema: Vind jou doel in die vallei
‘n Mens voel nooit gereed om iets vir die Here te doen nie…
Dit is ook nooit gerieflik/gemaklik om iets vir Hom aan te pak nie…
Ek voel ook altyd ek sal eendag meer geloof hê wanneer die Here vir my vra om iets te doen.
Dit voel nooit na die regte tyd nie, tog:
Is dit altyd die regte tyd…
Wanneer die Here vra:
- Is daar altyd ‘n element van geloof…
- ‘n Ongemaklikheid om te verduur…
- ‘n Vrees vir die prys wat jy moet betaal…
As jy wag vir mooi weer, sal jy altyd wag…
Pred 11:4 Wie die wind dophou, sal nie saai nie; en wie na die wolke kyk, sal nie oes nie.
Die weer is nooit perfek om te plant nie…
Wag jy vir die perfekte weer om:
- Aan jou huwelik aandag te gee?
- Kontak te maak met jou kinders?
- Om daardie besigheid te begin?
- Om iemand te vergewe??
Baie mense oes nooit omdat hulle nie plant nie en hulle plant nie omdat hulle wag…
Soms gee die Here ons die genade om te doen wat ons moet doen, al maak dit nie in die natuurlike sin nie.
More lyk altyd soveel meer gerieflik as vandag!
Dit is in die vallei wat die Here met Esegiël praat om ander te bemoedig!
Hy skreeu nie van die bergtoppe af nie! Hy is ook in dit!
Hy moet hoop gee selfs wanneer sy eie hart donker is…
Wat verstaan ons mis?
Meeste probeer die doel van die vallei uitrafel in plaas daarvan dat hulle, hulle doel in die vallei vind.
Ek wonder wanneer maak die Here nou vir my ‘n deur oop?
Ek wonder of ek genoeg bid?
Hoekom laat die Here dit toe?
Ek kan nie altyd die doel van my oomblik vind nie, maar ek kan doel in my oomblik vind.
Ek kan ‘n deurbraak wees vir iemand terwyl ek self wag op ‘n deurbraak.
Wen so
Iemand het jou storie nodig…
Ese 37:11 Hy sê toe vir my: “Mensekind, hierdie beendere, hulle is die hele huis van Israel. Kyk, hulle sê, ‘Ons beendere is verdroog, ons hoop is verlore, ons is afgesny.
Hoe voel hulle:
- (Ons bene is droog) – Die lewe is oor!
- (Ons hoop is verlore) – Daar is niks meer oor om na uit te sien nie.
- (Ons is afgesny) – Die Here het ons verlaat.
Wat sê die Here?
- Die lewe is nie oor nie…
- Hierdie bene kan weer lewe!
- Julle is nie hopeloos nie – ek gaan nog van julle ‘n groot nasie maak!
- Die Here is nie teen jou nie, Hy het ‘n plan vir jou!
Mense het die krag van jou storie nodig!
Die krag van jou storie is nie dat jou lewe perfek is nie, maar dat God getrou is!
Ons storie is nie hierdie groot wonderwerk nie, maar ‘n tere herinnering uit die hemel dat: Sy genade genoeg is!
Dat Sy genade nuut is, elke more.
Waar kom ons krag vandaan?
Openb 12:11 Húlle het hom oorwin, op grond van die bloed van die Lam, en op grond van hulle getuienis. Selfs in die aangesig van die dood het hulle nie hulle eie lewens liefgehad nie.
Ons word bekragtig wanneer ons die storie van Jesus vertel!
My getuienis herinner nie net vir hulle van die Here se getrouheid nie, maar vir my ook!
Wat is jou doel in die vallei?
Ons doel is om ons storie te deel sodat ons kan oorwin.
Spr 11:25 ‘n Vrygewige persoon geniet oorvloed, en wie ‘n ander se dors les, kry self ook genoeg te drinke.
Dan doen die Here wat net Hy kan doen!
Wat is my gebed?
Here seën my en maak van my ‘n seën…
Help my om nie meer vir perfekte weer te wag nie…
Jou storie het krag en kan ander genees.
Jou storie het die krag om jouself te genees.
Jy het nie eers doel wanneer alles verander nie, maar ook in die vallei!
Stunning, Treffend.
Dankie
Tonne seen
Baie dankie Annette – ek is bly as die woord vir jou iets kon beteken… Ek glo ons leef in ‘n opwindende tyd en die van ons wat hulle doel vind gaan aan die voorpunt van hierdie beweging wees…