Jou geheime super krag

Jak 4:10 Onderwerp julle in nederigheid voor die Here, en Hy sal julle verhoog.
Vandag praat ek oor nederigheid, jou super krag…
Die wêreld neem oor 90 000 000 selfies per jaar…
Meer mense gaan dood terwyl hulle selfies neem as deur haai aanvalle!
Party sit nie ‘n voet in die see, maar neem ‘n selfie terwyl hulle bestuur!
Dalk is dit ‘n simptoom van hoe lief ons, onsself het…
Ons koninkryk is ‘n onderstebo koninkryk.
Die pad boontoe is die pad ondertoe.
Die grootste is die dienaar.
Die laaste sal eerste wees.
Die kindertjies is die belangrikste.
Die weduwees is koninklikes.
Die welvarendes is die vrygewiges.
Die predikers is, is slegs ‘n medegelowige.
Definisie
Die Hebreeuse woord vir nederigheid beteken: laag.
Dit is nederigheid: Dat ek laag bly voor die Here.
Hoogmoed is om die self hoog op te lig…
Nederigheid is om die Here te vertrou om jou op te lig, te promoveer en om jou op die regte plek te sit, met die regte mense op die regte tyd.
Die rigting van die seën van die Here
In die Nuwe testament weerstaan die Here die hoogmoediges, in Spreuke haat die Here hoogmoed.
Hoekom?
Trots lig die self op, tot op die vlak van die Here.
Hulle verhef hulleself in stede daarvan om die Here te vertrou om jou op te lig.
Die oorsprong van hoogmoed
Lucifer is nie uit die hemel geskop omdat hy sonde gedoen het nie, maar vir hoogmoed.
Sy vyf ek wil’s:
Jes 14:13 Jy is die een wat in jou hart gesê het: Na die hemel wil ek opgaan; hoog bo die sterre van God wil ek my troon oprig. Ek wil gaan sit op die berg van samekoms, in die afgeleë noorde. 14 Ek wil opgaan tot bo die rûe van wolke, my gelykstel aan die Allerhoogste.
Hy wou homself voor God verhoog en toe sien hy ‘n kant van die Here wat niemand wil sien nie…
Nederigheid maak die deur na ‘n beweging van die Here oop.
Nederigheid is my geheime super krag, want deur dit kom ek in aanraking met Sy bonatuurlike krag.
Drie stellings oor nederigheid
Ek het nie ‘n wen nodig nie, maar gehoorsaamheid aan die Koning.
Wanneer jy die argument gewen het, het jy die persoon verloor.
Ek het nie nodig dat jy verloor sodat ek kan wen nie.
Daar is genoeg seën vir almal.
Wanneer een wen, wen almal!
Luk 6:35 Nee, julle moet julle vyande liefhê, doen goeie dade, en leen uit sonder om iets terug te verwag. Dan sal julle ‘n groot beloning ontvang en kinders van die Allerhoogste wees, omdat Hy self die ondankbares en slegtes goed behandel.
Sommiges voel alewig dat die wêreld hulle iets skuld, maar die gesindheid steel belonings.
Gal 6:10 Laat ons dan, terwyl ons die geleentheid het, aan almal goed doen, maar veral aan die huisgesin van die geloof.
Het jy nog ‘n sagte plek vir jou gemeente?
Ek het nie nodig om reg te wees nie, maar gehoorsaamheid aan die Koning.
Luk 9:23 Toe het Hy vir almal gesê: “As iemand My wil navolg, moet hy homself verloën, en elke dag sy kruis opneem en My volg;
Jesus het stil gebly aan die kruis. Stil gebly ter wille van die verhouding.
Jy is nie altyd verkeerd nie, maar dit beteken nie dat jy altyd reg moet wees nie…
Die moeilike keuse word aan die kruis gemaak…
Hoe moeilik is dit nie om selfverdediging aan die kruis eenkant te sit nie?
Kies die verhouding bo die behoefte…
Ek het nie wraak nodig nie, maar gehoorsaamheid aan die Koning.
Ons wil wreek wanneer ons magteloos voel…
Wraak sê: Eendag sal ek myself bewys…
Wanneer ek dien vanaf ‘n chip op my skouer, maak ek myself die seerste…
Wraakgierigheid voel swak…
Rom 12:18 As dit moontlik is, sover dit van julle afhang, leef in vrede met alle mense. 19Geliefdes, moet julle nie wreek nie, maar laat ruimte vir die oordeel. Daar staan immers geskryf: Aan My kom die wraak toe;
M.a.w. Gee dit vir die Here…
Wraak laat toe dat ‘n oomblik in die verlede, vandag se realiteit word.
Wraak laat jou, jou eie mense seer maak…
Josef se broers het hom probeer dood maak…
Nou het hulle hom nodig…
Gen 50:20 Julle het kwaad teen my beplan, maar God het dit vir iets goeds in gedagte gehad, met die doel om te doen wat vandag gebeur – om ‘n groot volk aan die lewe te hou.
Vergifnis het God se perspektief. Vergifnis profeteer!