Die gewig van seën

In die dae voordat hulle geld kon druk, was al die munte nie ewe swaar nie, daarom moes geld se gewig eers bepaal word voordat die waarde daarvan bepaal kon word.

Hierdie proses was genoem om te eer wat jy het…

Mat 10:40 Wie julle ontvang(om met eer te ontvang en toegang te gee), ontvang My, en wie My ontvang, ontvang Hom wat My gestuur het. 41 Wie ‘n profeet ontvang omdat hy ‘n profeet is, sal die beloning van ‘n profeet kry, en wie ‘n regverdige ontvang omdat hy ‘n regverdige is, sal die beloning van ‘n regverdige kry. 42 En wie aan een van hierdie geringes ‘n beker koue water gee om te drink, bloot omdat hy ‘n dissipel is. Ek sê vir julle: Hy sal beslis sy beloning nie kwyt wees nie.

Die manier wat ons enige iets van enige iemand ontvang is deur eer…

Eer beteken om gewig aan iets te gee… Dit beteken om die gewig van dit wat iemand gee te erken.

Om waardig te ag en korrek te beoordeel.

Dit beteken dat ons niemand weeg en te lig bevind nie.

Wanneer ons mekaar eer ontvang ons die gewig, die goud wat iemand na ‘n situasie bring.

Almal is nie eerbaar nie, maar omdat ek eerbaar is, gee ek eer…

Elke sonde is ‘n sonde van oneer

Vier van die tien gebooie gaan daaroor dat ons die Here eer.

Ses van hulle het te doen met eer aan mense.

Die manier waarop ons eer aan die Here bring is dus deur mekaar te eer.

Dit is hoekom Jesus die tien gebooie na net twee opsom. Wees lief vir die Here en hê mekaar lief.

As jy die twee doen vervul jy al tien!

Ek is dus ‘n persoon wat jou waarde raak sien of wegneem…

Jesus sê daar is ‘n gewig van seën wanneer ons mekaar eer.

Wie eer ek?

1.    Eer God.

Spr 4:9 Eer die Here met jou rykdom, met die beste deel van jou volle oes; 10 dan sal jou graanskure oorvol wees, en van nuwe wyn sal jou parskuipe oorloop.

Dit beteken die Here het gewig in my lewe!

Sy gewig balanseer my optrede.

Spr 9:10 Die begin van wysheid is ontsag vir die Here, en kennis van die Heilige is insig.

Hoe gaan ek eendag beoordeel word? Oor hoe ek Sy mense lief gehad het.

Dus: Hoe meer ek dink hoe ek eendag voor die Here gaan staan hoe wyser word ek.

Ps 22:4 U is tog die Heilige, U heers waar die lofliedere van Israel opklink.

Dit beteken ons sien die Here soos Hy is onder ons lof.

Dan gee ons aan Hom die vryheid om ons te bedien.

Aan die begin het die mense oor Jesus gesê: Ons het nog niemand met soveel gesag hoor praat nie.

Die oomblik toe Hy gesag opneem oor wie Hy is sê hulle: Is jy nie Josef se seun nie?

Hulle beweeg van eer na familiariteit na minagting, dan is die sprong na oneer en verdeeldheid baie maklik.

Hoe gewigtig is jou geloof vir jou?

2. Eer gesag

Eks 20:12 Behandel jou vader en jou moeder met eerbied, sodat jy lank kan leef op die grond wat die Here jou God vir jou gaan gee.

Die plek wat ek vir jou het is vas aan jou vermoë om om te eer.

Ek wil moontlik nie die foute van my ouers herhaal nie, maar ek gaan die Here se gesag eer.

Ek gaan kies om die gewig van die goud raak te sien.

Rom 13:2 Wie die gesag teenstaan, verset hulle dus teen die instelling van God, en diegene wat hulle verset, sal ‘n oordeel oor hulleself bring.

Dawid was gesalf as koning. Saul vervolg hom. Dawid loop Saul raak in ‘n grot…

Dawid se manskappe beveel aan dat hy vir Saul dood maak.

Dawid sê: Ek sal nooit die gesalfde van die Here aanraak nie en hy sny net ‘n stuk van sy mantel af…

Kort daarna is Saul dood…

2Kor4:9 Sy het vir haar man gesê: Kyk, ek is daarvan oortuig dat dit ‘n heilige man van God is wat gereeld hier by ons verbygaan.

Daardie profeet het later haar seun weer lewend gemaak…

Ons vermoë om te sien wie iemand is, in plaas daarvan om te fokus op wie hy nie is nie, sluit die seën en wonderwerke van die Here vir ons oop…

Eer is om gewig raak te sien, nie perfeksie nie!

2.    Ons eer mekaar…

Gal 6:10 Laat ons dan, terwyl ons die geleentheid het, aan almal goed doen, maar veral aan die huisgesin van die geloof.

Ons sal uitgeken word aan die manier waarop ons mekaar lief het.

Kom ons sien die goud raak…

Similar Posts

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *