Vrees maak jou wêreld te klein vir jou!
Die hoe van deurbraak
1Sam 30:1 Toe Dawid en sy manne die derde dag by Siklag aankom, het die Amalekiete ‘n strooptog uitgevoer in die Negev en in Siklag. Hulle het Siklag aangeval en afgebrand.
2 Hulle het die vroue wat daarin was, weggevoer, van die kleinste tot die grootste. Hulle het niemand doodgemaak nie, maar hulle voor hulle uit aangejaag en padgegee.
3 Toe Dawid en sy manne by die dorp aankom – daar is die dorp afgebrand en die vroue en seuns en dogters weggevoer!
4 Dawid en die manskappe by hom het hard begin skreeu en gehuil totdat daar nie meer krag in hulle oor was om te huil nie.
5 Die twee vroue van Dawid, Aginoam van Jisreël en Abigajil, die weduwee van Nabal van Karmel, is ook weggevoer.
6 Dawid was erg in die noute, want die manskappe het gedreig om hom te stenig. (Toe die leier verlies ervaar wou die mense hom stenig) Al die manskappe was immers bitter ontsteld, elkeen oor sy seuns en dogters. Maar Dawid het krag gevind by die Here sy God.
In een vers beweeg hy van ‘n groot noute na krag in die Here.
Die Here kan groot dinge doen in ‘n klein tydjie.
7 Dawid sê toe vir Abjatar, die priester, seun van Agimeleg: “Bring asseblief vir my die efod nader.” Abjatar het die efod na Dawid gebring,
8 en Dawid het die Here geraadpleeg: “Moet ek hierdie rowerbende agtervolg? Sal ek hulle inhaal?” Die Here het vir hom gesê: “Jy moet, want jy sal hulle beslis inhaal en jy sal beslis jou mense red.”
Die vraag: Hoe kry ek ‘n deurbraak?
Dawid stoei
Dawid veg twee oorloë op een slag.
Die oorlog na buite lei na ‘n stryd na binne.
Sy eie mense wil hom nou dood maak.
Hy is in ‘n plek waar hy desperaat vir die Here is…
Miskien is jy ook op so ‘n plek…
Daar is ‘n verskil tussen dankbaarheid en geluk.
Miskien is jy dankbaar vir wat jy het, maar nie regtig gelukkig en vervuld nie.
Weier moedeloosheid
Wanneer jy daar is, daar waar jy ‘n deurbraak dringend nodig het, wat is die eerste ding wat jy moet doen. Waar begin jou pad?
Weier moedeloosheid!
Moedeloosheid is die vyand se manier om jou te oortuig dat dinge nie beter kan raak nie.
Sy eerste geveg was die stryd teen moedeloosheid!
1 Sam 30:6 Dawid was erg in die noute(yatsar > in ‘n rotsskeur waar jy voel jy kan nie uitkom nie), want die manskappe het gedreig om hom te stenig.
Jou eerste geveg is nie vanselfsprekend nie, maar onverwags.
Nie ‘n geveg na buite nie, maar na binne.
Dink daaraan: Vandat Dawid met olie gesalf is, het jy moeilikheid gehad…
Die tande van moedeloosheid is innerlike konflik!
Dawid was gesalf om hoop te gee, maar sy eerste vyand was hopeloosheid.
Moedeloosheid wil hom vasvang op ‘n plek waarvoor hy nie gesalf was nie…
Moedeloosheid is altyd eerste agter jou roeping aan!
Dit is hoe hy jou toekoms steel…
Selfs voor hy bid wen hy eers moedeloosheid.
Op hierdie oomblik bepaal die emosie wat jy kies jou toekoms!
Hoe het hy homself versterk in die Here?
Hy het die beloftes van die Here in sy gemoed verfris.
Hy het die volgende vraag geantwoord: Waarvoor was ek gesalf?
Koninklike mantel
7 Dawid sê toe vir Abjatar, die priester, seun van Agimeleg: “Bring asseblief vir my die efod nader.” Abjatar het die efod na Dawid gebring,
Die efod was die mantel wat die Priesters gedra het wanneer hulle voor die Here gekom het.
Dawid trek eers sy priesters kleed aan voordat hy sy koninklike klere aan trek.
Gemaak van ligte wit linne. Die rede daarvoor hulle moes koel en kalm wees in die teenwoordigheid van die Here.
‘n Koning kon nie met sy gevegsklere in die teenwoordigheid van die Here kom nie.
Wanneer ons voor die Here kom, kom ons eerstens vir vrede en dan vir oplossings.
Wanneer ek bid kom ek nie met ‘n titel nie, maar as ‘n kind!
Om te bid beteken ook om uit te asem…
Elke seën is ‘n uitnodiging
Elke seën en elke stryd is ‘n uitnodiging na die sin van die Here.
Openb 1:6 …wat ons ‘n koninkryk gemaak het, priesters vir God…
Ons verteenwoordig God vir ons wêreld en ons wêreld voor God.
Jou berg ken jou stem…
Hy het gevra, nie vir die Here vertel wat Hy moet doen nie…
Kom voor
8 Die Here het vir hom gesê: Jy moet, want jy sal hulle beslis inhaal en jy sal beslis jou mense red.
Hoop is ‘n prentjie van jou toekoms…
Gebed is toegang tot die gedagtes van die Here…
Strategie uit die Hemel…
Inhaal: (nauw-sag > verby gaan – verder gaan as wat jy beplan het)
Jy het permissie om weer te hardloop, droom, beweeg en in te neem.
Toestemming om groot te glo, jou doel in te haal en vooruitstrewend te wees.
Jy het toestemming!
Lig jou oë
Gen 13:14 Die Here het egter, nadat Lot van hom af weggetrek het, vir Abram gesê: “Kyk rond! Kyk van die plek waar jy is, na die noorde, die suide, die ooste en die weste; 15 want die hele land wat jy sien – aan jou gee Ek dit, en aan jou nageslag vir altyd.
Lig jou oë op van waar jy is…
Wat kan die Here nou doen?
Wat jy sien: Jy kan nie glo vir wat jy nie kan sien nie!
Sien jy die Here se groen lig?
Dubbele deel
Jes 61:7 In plaas van julle skande word julle dubbeld vergoed. Ja, in plaas van vernedering sal hulle jubel oor hulle deel; daarom sal hulle ‘n dubbele deel in hulle land in besit neem. Daar sal vir hulle ewige vreugde wees.
In plaas van vernedering sal julle jubel: Die tyd van selfvernedering is verby!
Vrees maak jou wêreld te klein vir jou!