Leef in waterdigte kompartemente

In die lente van 1871 het ‘n jong man ‘n boek opgetel en sewe en twintig woorde gelees wat ‘n reuse verandering op sy toekoms gehad het.

Hy was ‘n mediese student aan die Montreal Algemene hospitaal, hy het op daardie stadium permanent ‘n hol kol van spanning op sy maag gehad rondom sy toekoms en die sukses van sy studies.

Daardie sewe en twintig woorde wat hy gelees het, het hom een van die mees beroemde dokters van sy generasie gemaak. Hy was die stigter van die wêreld bekende Johns Hopkins mediese skool. Hy het die hoogste mediese pos aan die Oxford universiteit beklee en is selfs tot ridder geslaan deur die koning van Engeland.

Sy naam: Sir William Osier.

Die lewens veranderende woorde:

Ons hoof taak is nie om te sien wat dofweg op ‘n afstand lê en wag nie, maar om te doen wat voor die hand liggend is.

Luk 12: 25 Wie van julle kan, deur hom te bekommer, een el by sy lewe voeg?

26 As julle nie eers so ‘n klein dingetjie kan regkry nie, waarom bekommer julle julle oor die res?

Waterdigte kompartemente

Vroeg in sy lewe het Sir William Osier die Atlantiese oseaan na Amerika oor gesteek. As veiligheids maatreël het die kaptein van skip waarin hulle oorgevaar het ‘n knoppie gehad wat die hele skip in seksies kon opdeel met reusagtige waterdigte deure in geval van ‘n oorstroming.

Die risiko van die oorstroming was dus so beperk dat die skip nie sommer sou sink tydens ‘n oorstroming nie.

Beperk spanning

Ons beskik oor emosionele waterdigte deure wat keer dat die vloedgolf van spanning ons lewens-bootjie nie sink nie.

Ons het toegang tot emosionele knoppies wat die yster deure laat toegaan op daardie dooie gisters in ons verlede of die ongebore mores van ons toekoms.

Dan is jy veilig vir vandag!…

Matt 8:22 Maar Jesus sê vir hom: Volg My, en laat die dooies hulle eie dooies begrawe.

M.a.w. moenie toelaat dat die verliese van gister vandag se vrede steel nie. Volg My vandag…

Nie eers die sterkstes van ons is in staat om die somtotaal van môre en gister se laste saam te dra nie.

Matt 6:34 Moet julle dus nie bekommer oor die dag van môre nie, want môre sal hom oor homself bekommer. Elke dag het genoeg van sy eie kwaad.

Sluit jouself af van die toekoms, want die toekoms is vandag!

Beteken dit ons moet nie uitsien of beplan vir môre nie? Nee!

Die beste manier om vir môre te beplan is om op vandag se sukses te fokus.

Vandag se sukses is die fondament vir môre se drome.

Jesus praat in hierdie vers nie van visie of beplanning nie, maar van spanning…

Fokus al jou geloof, intelligensie en entoesiasme op vandag…

Jesus se perspektief

Luk 11:3  gee ons elke dag ons daaglikse brood.

Jesus se gebed fokus nie op gister se ou brood of projekteer spanning oor die lang termyn toekoms nie.

Jare gelede het daar ‘n man op die aarde gewandel wat aan ‘n skare op ‘n koppie die volgende geleer het:

Matt 6:34 Moet julle dus nie bekommer oor die dag van môre nie, want môre sal hom oor homself bekommer. Elke dag het genoeg van sy eie kwaad.

Om jou nie oor môre te bekommer nie, is amper ondenkbaar…

  • Ek moet mos versekering uitneem om my familie te beskerm…
  • Ek moet mos geld eenkant sit vir my ou dag…
  • Ek moet mos vooruit beplan en myself vir môre voorberei…

Natuurlik moet jy…

Hierdie vers praat nie van beplan nie, maar van beangs…

Die verskil tussen gesonde en giftige denke

Gesonde denke wentel rondom oorsaak en gevolg en lei na logiese konstruktiewe beplanning.

Giftige denke lei na spanning en troebel visie met die gevolg dat jy later eenvoudig nie meer vir môre kans sien nie.

Wanneer leef ons?

Die enigste tyd wat ons kan leef is van nou tot bed toe gaan tyd vanaand.

Enige een kan sy las, ongeag die gewig daarvan tot skemer dra… (Robert Louis Stevenson)

Every day is a new life to a wise man. (Onbekend)

Die moeilikste kuns van ‘n gelukkige leefstyl: Leef slegs een dag op ‘n keer…

Leer om die gisters te vergeet en nie aan die môres te dink nie.

Dan is: Vandag ‘n nuwe lewe!

Wie dink jy het hierdie vers geskryf?

Happy the man, and happy he alone,

He, who can call today his own:

He who, secure within, can say:

“Tomorrow, do thy worst, for I have liv’d today.”

Dit klink modern, maar is dertig jaar voor die geboorte van Christus deur die Romeinse digter: Horace geskryf.

Die tragiek van ons bestaan

Een van die mees tragiese elemente van ons bestaan is dat ons: Uitstel om te lewe!

Ons droom almal van rooskleurige horisonne in plaas daarvan om die rose wat voor ons voete blom te geniet.

Kinders sê: As ek eendag groot is…

Soos wat hulle groot word sê hulle: As ek eendag getroud is…

Wanneer hulle getroud is sê hulle: Wanneer ek aftree…

Wanneer hulle af tree sê hulle weer: Ai was ek maar nog ‘n kind…

Ons leer almal te laat dat die lewe gaan oor lewe, dit is die vesel van elke dag, elke uur, elke sekonde…

Die ou Romeine het twee woorde gehad: Carpe diem… Gryp die dag… maak die meeste van elke sekonde…

Ps118:24  Dit is die dag wat die HERE gemaak het; laat ons daaroor juig(giyl >tol in die rondte > violent joy) en bly(saw-makh > glans soos die son)  wees.

Similar Posts

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *