Grief Share
Om ‘n geliefde te verloor is die moeilikste ding wat met enige iemand kan gebeur. Dit voel dalk tans vir jou onmoontlik om optimisties te voel oor die toekoms. Jy het ook sekerlik uitgevind dat daar nie baie mense is wat verstaan waardeur jy gaan na die afsterwe van jou lewensmaat, kind, familielid of vriend nie. Grief Share is ‘n spesiale seminaar en ondersteuningsgroep vir mense wat deur die trauma van die verlies van ‘n geliefde gaan. Dit bevat Bybelse leëringe oor die onderwerpe van rou en die herstel proses. Die kursus het die uitgangspunt dat deur jou pyn met ander te deel, kan jy ‘n bietjie verligting vind. Die groepsomgewing skep ‘n plek waar jy kan behoort en ander ontmoet met begrip vir dit waardeur jy gaan. Dit bevorder die gevoel van aanvaarding en, eventueel, dieper genesing. Hierdie is jou reistog van rou na geluk!
Datum
3 Sept 2024
Onderwerpe wat behandel word
• Is wat ek voel normaal?
• Wat gebeur wanneer jou drome uitmekaar val.
• Die reis van treur.
• Rou en jou verhoudings.
• Skuldgevoelens en woede.
• Hoe word mens vasgevang in rou.
• Hoe loop jou pad na genesing.
• Die goed en sleg van eensaamheid.
• Waarvoor leef ek nou?
• Die uitwerkings wat treur op jou gemoed, brein en lyf het.
• Hoe kry jy dinge gedoen sonder energie.
• Die beste manier om jou geliefde se besittings te hanteer.
• Wat God sê oor jou “hoekom?” vrae.
• Hoe om nagmêrries en terugflitse te hanteer.
• Hoe gedagtes jou emosies affekteer.
• Hoekom dit kan moeilik wees om weer kerk toe te gaan.
• Wat weet ons van die Hemel.
Vir wie is die kursus bedoel?
Enige iemand wat die afsterwe van ‘n lewensmaat, kind, familielid, vriend of ander geliefde ervaar. Jy is welkom om Griefshare te begin bywoon tydens enige sessie in die 13 weke wat die kursus hardloop. Dit is nooit te laat om die pad na genesing te begin nie.
Daar is soveel aspekte van verlies , waarvan ons nie bewus is of weet hoe om te hanteer nie en hierdie kursus neem jou op ‘n “genesingsreis” deur elke aspek van rou en hartseer. Dit bring berusting, vrede en nuwe hoop.
Jy mag dalk ook rou ervaar met die verlies van ‘n werk, egskeiding, vervreemding van ‘n kind of die verlies van vriende as gevolg van ‘n verhuising. Alhoewel hierdie rou seer en regtig is, is dit nie die tiepe rou wat behandel word tydens hierdie kursus nie. Ons vra dat jy ons asseblief sal kontak sodat ons jou persoonlik kan bystaan vir dit wat jy nodig het.
Formaat
13 Weeklikse Sessies
Dinsdag Aande 18:00
DVD in Engels; fasilitering; Afr/Eng
Elke week se sessie bevat ‘n 30min video wat almal saam kyk. Na die video is daar ‘n tyd vir kleingroepe waar elkeen kans sal kry om sy eie persoonlike ervarings te deel. Elke deelnemer het ook ‘n handleiding waarin daar vrae is om jou deur die week te lei om verder te groei.
Kursus leier
Alexis Nordier
Alexis bied Grief Share al vir die afgelope 6 jaar aan. Haar grootste passie is die bediening van versoening en restourasie wat Jesus vir hulle gegee het vir die herstel van verhoudings op alle gebiede. ” Die kusus is nie n “quick fix” nie, maar wel jou “journey” na genesing. Elke persoon se “reis” is uniek en my gebed is dat elkeen wat hierdie reis begin, dit sal voltooi en sal toelaat dat die Here elke wond sal verbind sodat ons weer vreugde, hoop en vrede in ons lewe sal vind.”
Koste
Registrasiefooi: R150
Handleiding: R315
Totaal: R465 per persoon
Bespreek
Besprekings sluit 25 Aug 2024
Vir bespreking skakel Marius Botha by: 082 855 6600