Breek die siklus wat jou wiele laat gly…

‘n Fiets in Engels word ‘n Cycle genoem… Die trappe beweeg om en om, om en om, om en om…

Dit wat die ryer oor en oor doen vat hom vorentoe…

Het jy al in die modder vasgesit? Die wiele spin ook om en om, maar jy gaan nêrens heen nie…

Ek wil jou vandag vra: Is daar modder onder jou wiele?

Voel jy dat daar areas in jou lewe is waar al jou pogings jou nêrens meer bring nie?

Voel jy dat jou fietsie op ‘n afgrond af pyl? (Laas week – yster deure – stop stress)

Joh 5:1 Hierna was daar ‘n Joodse fees, en Jesus het na Jerusalem opgegaan.

2 By die Skaap poort in Jerusalem is daar ‘n bad, in Hebreeus Betsata genoem, met vyf pilaargange.

3 In die pilaargange het ‘n groot aantal siekes gelê: blindes, kreupeles, verlamdes.

5 Daar was ‘n man wat agt-en-dertig jaar aan sy siekte gely het.

6 Toe Jesus hom daar sien lê, bewus daarvan dat hy reeds lank siek is, vra Hy vir hom: “Wil jy gesond word?”

7 Die sieke het Hom geantwoord: “Meneer, ek het niemand om my in die bad te sit wanneer die water geroer word nie; en terwyl ek nog besig is om nader te gaan, gaan iemand anders voor my in.”

8 Jesus sê vir hom: “Staan op, tel jou slaapmat op en loop.”

9 En dadelik het die man gesond geword, sy slaapmat opgetel en begin loop.

Vyf stappe wat siklusse breek

1.    Jy moet oortuig wees dat Jesus jou vry wil maak

Vryheid is moontlik!

Jy moet oortuig wees dat die Here jou nie straf of weerstaan nie…

Jy moet oortuig wees dat jy jou mooiste drome verdien.

Jy moet bo oor jou teleurstelling in en oor jouself klim…

Joh 8:36 As die Seun julle dan vrygemaak het, sal julle werklik vry wees.

Hier beteken die woordjie Vrygemaak: Vry van beskuldigings.

Gee jy jouself nog die skuld vir iets?

1Joh 3:8 Hiervoor het die Seun van God verskyn: om die dade van die Duiwel te vernietig.

Wat is die werke van die Duiwel?

Joh 10:10 ‘n Dief kom net steel en slag en uitroei; Ek het gekom sodat hulle lewe kan hê, en dit in oorvloed. (perisos > Beter in kwaliteit en kwantiteit)

Jesus het gekom om enige iets te oorwin wat jou wil vernietig…

Hy is saam met jou teen die dinge wat jou vandag moedeloos het!

‘n Groot aantal het by die bad gelê en wag vir die water om te roer… Jy is nie alleen nie!

2.    Jy moet oortuig wees dat niks onmoontlik is nie

Hierdie man was vir 38 jaar siek…

Die feit dat jy lank gewag het is nie ‘n bewys dat jou oomblik nie sal kom nie!

Die wonderwerke het om hom gebeur, maar niks het met hom gebeur nie…

Soms begin ons glo dat dit te laat is…

Ons glo dat die situasie permanent is…

Heb 12 sê ons is deel van ‘n onwankelbare koninkryk en alles wat geskud kan word, sal geskud word.

As die siklus wat ons vasvang nie die koninkryk nie, kan dit kantel!

Maak oog kontak met jou koning!

Mat 19: 26 Maar Jesus het stip na hulle gekyk en vir hulle gesê: By mense is dit onmoontlik, maar by God is alles moontlik.

Jy hoef nie vir altyd met daardie siklus te leef nie.

3.    Jy sal moet ophou om verskonings te maak

Jesus vra wil jy gesond word? Hy antwoord, maar ek het niemand wat my kan help nie…

Hy het Jesus nie herken nie!!

Herken jy Hom in jou siklus?

Hy het nie geweet wie Jesus was nie!

Weet jy wie Hy is?

Wat ook al in jou lewe aangaan, daar sal altyd verskonings wees.

Verskonings is Redbull vir jou siklusse!

Verskonings neem nooit verantwoordelikheid op nie.

Solank daar ‘n verskoning in die mond is, is daar ‘n siklus in die hart!

Verskonings vat ons terug na ‘n oomblik van pyn en maak daarvan die fondasie van ons lewe.

Geboue lyk soos hulle fondasies.

Weier dat pyn jou definieer.

Die ou se siekte was ‘n realiteit, wat hy nie gesien het nie, was dat dit tydelik was!

Ons lees van die ongelowige Thomas – Thomas beteken tweeling… ons het almal ‘n tweeling in ons gedagtes wat heeltyd sê: …maar….

Ons het almal ‘n Thomas in ons gedagtes…

4.    Staan op

:8 Jesus sê vir hom: “Staan op, tel jou slaapmat op en loop.”

Jesus verwag van hom iets waarvoor hy nie gereed was om te doen nie.

Jak 2:26 Want net soos die liggaam sonder asem dood is, só is die geloof sonder dade dood.

Hoor wat het Jesus se eerste wonderwerk vooraf gegaan:

By ‘n bruilof raak die wyn op:

Joh 2:5  Sy moeder sê toe vir die kelners: Wat Hy ook al vir julle sê, moet julle doen.

Om uit ‘n siklus te kom het ons ‘n plan nodig…

‘n Plan om op te staan…

Die Here se planne is swanger met hoop…

Na sy genesing het die man nie meer ‘n verskoning gehad om vir homself te sorg nie…

Vryheid is nie altyd makliker nie, maar dit is beter!

5.    Nie almal gaan bly wees oor jou vryheid nie

Joh 5:10 Die Jode sê toe vir die man wat genees is: Dit is Sabbat – dit is nie vir jou toelaatbaar om jou slaapmat te dra nie.

Die wêreld sisteem het reëls…

Jou omgewing is OK solank jy by hulle reëls inval.

Niemand het omgegee toe die man siek was nie want niemand wou hom help om in die water in te klim nie.

Die oomblik toe hy gesond word wou hulle hom weer bind met hulle reëls…

Dink jy die banke wil jou graag help om skuld vry te wees?

Mense wil jou graag gebind hou sodat hulle jou kan beheer…

Geen van jou vriende sal sê ek het jou lanklaas in die kerk gesien nie, maar hulle sal jou saam vat Rugby toe…

Begin om die regte reëls te breek…

Similar Posts

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *