Geloof sonder grense
Vandag: ‘n Helder begrip van wat geloof is. Hoe om dit in jou lewe te gebruik.
Die vyand
1Pet 5:8 Wees nugter, wees waaksaam! Julle teenstander, die Duiwel, loop rond soos ‘n brullende leeu, op soek na wie hy kan verslind.
Soos ‘n leeu, nie ‘n leeu nie!
Satan is ‘n leuenaar, ‘n bedrieër, vals, ‘n skim op die horison en hy is verslaan!
Hy oortuig jou nie, hy wil jou kry om jouself te oortuig…
Meeste van ons ongeloof bring ons oor onsself, ons oortuig onsself.
Hy stel homself voor as iets wat hy nie is nie…
Hy wil jou laat glo dat hy krag en outoriteit in jou lewe het, hy het nie!
Hy wil jou laat glo dat jy nie kan oorwin nie, jy kan!
Hy wil jou laat glo dat jy heeldag teen hom en sy versoekinge moet stry, jy hoef nie Jesus het hom reeds verslaan en opgestaan uit die dood met oorwinning in Sy hande!
Hy loop rond soos ‘n leeu op soek na wie hy kan(mag) verslind.
Daar is ‘n verskil:
Kan = vermoë…
Mag = toestemming…
M.a.w. ons gee hom toestemming voordat hy kan toeslaan.
Sonder toestemming het hy nie die vermoë nie.
1Pet 5:9 Hom moet julle teenstaan,(Neem toestemming weg) standvastig in die geloof, in die wete dat julle medegelowiges oor die hele wêreld dieselfde soort lyding verduur.
Ek hoor jy het die klokkie gelui, ek gaan nie die deur oopmaak nie.
Ek is nie meer wie ek was nie!
Hoe kry ek dit reg? Wees standvastig in die geloof!
1 Joh 5:4 want elkeen wat uit God gebore is, oorwin die wêreld; en dít is die oorwinning wat die wêreld oorwin – ons geloof.
Is jy uit God gebore?
Dan tel die res van hierdie vers vir jou?
Wat presies is geloof?
Geloof is die allesoorheersende krag wat die wêreld op sy knieë bring.
2Kor 4:13 Maar aangesien ons dieselfde Gees van die geloof het – soos geskryf staan, Ek het geglo, daarom het ek gepraat – glo ons ook, en daarom praat ons.
Geloof bestaan uit twee komponente: Glo en praat…
Glo wat? Wat God oor jou lewe sê.
Die natuurlike gevolg: Jy praat oor wat God oor jou lewe sê!
Inteendeel jy doen dit al van kleins af. Ons almal praat oor wat ons glo…
Vrees werk die selfde… Ons praat oor ons bekommernisse.
Wat is die glo gedeelte van geloof?
Glo is ‘n keuse.
Ons kies almal wat ons glo.
Ons sien of hoor iets en ons besluit of ons dit gaan glo.
Dan praat ons daaroor…
Geloof is dus om die woord van die Here te glo en te praat.
Hoe neem ons Satan se toestemming weg?
Ek gaan nie meer in my onsekuriteite glo nie.
Ek gaan nie meer in die krag van my mislukkings glo nie.
Ek gaan nie meer die negatiewe stem in my hart glo nie!
Ek gaan vandag kies om iets nuuts te glo!!
Geloof is nie lieg nie
Sommige sê as jy iets negatief sê bind jy jouself onlosmaaklik.
Wat het met jou arm gebeur?… (video)
Geloof is nie om oor jou situasie te lieg nie…
Dit is om op jou situasie te reageer met wat die Here daaroor sê.
Ek het my arm gebreek, maar ek glo dat die Here dit sal gesond maak as dit Sy wil is…
Dit is nie om voor te gee asof daar nie ‘n probleem is nie.
Kan ek meer geloof kry?
Rom 10:17 Die geloof is dus uit die gehoor, en die gehoor is deur die woord van God.
Gehoor in Grieks: Om te verstaan of begrip.
Rom 12:3 … maar dat jy jou gedagtes daarop moet instel om verstandig te wees, volgens die maat van geloof wat God aan elkeen toebedeel het.
Ons het reeds ‘n maat van geloof ontvang. Is dit genoeg?
Jy het ‘n selfoon, maar gebruik jy hom tot sy volle kapasiteit?
Dit is ‘n volledige rekenaar!!
Wie se fout is dit? Dat jy dit nie tot sy volle kapasiteit gebruik nie…
Het jy die tyd ingesit?
Hoe meer ek verstaan wat Hy sê hy hoe groter kapasiteit kry my geloof!
Hoe beter ek verstaan, hoe beter kan ek kies om te glo!
As ek nie verstaan nie, kan ek nie kies nie!
Jy het nie meer geloof nodig nie, jy het meer begrip nodig!
Begrip oor wat Hy vir jou gedoen het.
Wat is geloof?
Glo en praat…
Mark 11:23 Ek sê vir julle: Wie vir hierdie berg sê, Lig jouself op en gooi jouself in die see, en nie in sy hart twyfel nie, maar glo dat wat hy sê, gaan gebeur, vir hom sal dit gebeur.
Wat is ‘n berg?
Enige iets wat tussen jou en die vervulling van God se beloftes vir jou staan.
Meeste berge kom daarvan dat ons iewers die Here geïgnoreer het.
Wie twyfel nie as daar ‘n berg voor hom staan nie?
Natuurlik wonder ons…
In die NT het twyfel drie definisies:
- Om ‘n vraagteken in jou gemoed te kry.
Die definisie in Mark 11 beteken: Om te onttrek en op te gee!
Jesus sê dus: Wie met die berg praat en nie onttrek of opgee nie, sal resultate kry.
Wat opgee?
Glo en praat…
Onthou:
Satan is reeds verslaan…
Jy het geen rede om terug te hou nie….
Jy is die enigste een wat toestemming kan weier…