Die klank van deurbraak… (Protokol van die Here se teenwoordigheid)

Luk 17:12 Toe Hy ‘n sekere dorpie binnegaan, het tien melaatse mans Hom tegemoet gekom. Hulle het op ‘n afstand bly staan

13 en uitgeroep: Jesus, Meester, ontferm U tog oor ons!

14 Toe Hy hulle sien, sê Hy vir hulle: Gaan wys julleself vir die priesters. Op pad daarheen is hulle gereinig.

15 Een van hulle het, toe hy sien dat hy gesond geword het, omgedraai en God met ‘n harde stem geloof.

16 Hy het op sy gesig aan Jesus se voete neergeval en Hom gedank. Hy was ‘n Samaritaan.

17 Jesus antwoord hom toe: Is daar dan nie tien gereinig nie? Waar is die ander nege?

18 Was daar niemand onder hulle te vinde wat omgedraai het om God te loof, behalwe hierdie vreemdeling nie?

19 Toe sê Hy vir die man: Staan op en gaan! Jou geloof het jou gered.

Waar is die nege?

Wat ‘n aaklige oomblik, hulle mis die geleentheid waarin hulle aan die Here die eer kon gee…

Tussen die lyne kan mens die teleurstelling in Jesus se stem hoor…

Wat het hierdie man se lewe gevorm? Sy keuse om terug te gaan na Jesus!

Dit was nie sy melaatsheid of sy genesing nie, maar sy dankbaarheid.

Dit was nie sy opvoeding nie, dit was sy dankbaarheid.

Nie sy verlede nie, maar sy dankbaarheid.

En met ‘n harde stem…

Passie gee momentum aan deurbrake…

Deurbraak het ‘n klank… en die klank is dankbaarheid!

Wat beskerm ons harte in die storm?

Fil 4:6 Moet oor niks bekommerd wees nie, maar maak in alles julle versoeke deur gebed en smeking met danksegging aan God bekend.

Dan die gevolg:

Fil 4:7 En die vrede van God, wat alle begrip oortref,(Vrede wat geloof anker) sal in Christus Jesus oor julle harte en gedagtes waak.

Angs is ‘n reminder: ‘n reminder om weer te glo…

Dit is ‘n reminder dat jy iets dra wat jy nie hoef te dra nie…

Die seën van dankbaarheid is vrede!

Vrede beskerm die hart.

Vrede is ‘n skild…

Wanneer het mens ‘n skild in die hand?

Op die slagveld…

Vrede is vir die slagveld bedoel!

Vrede leef in die storm.

Die taal van geloof

Joh 14:13 En wat julle in my Naam vra, sal Ek doen, sodat die Vader deur die Seun verheerlik mag word. 14 As julle My iets in my Naam vra, sal Ek dit doen.

Dié taal begin met ‘n naam!

Die protokol om in Sy teenwoordigheid te kom?

Ps 100:4 Gaan sy poorte binne met lofprysing, sy voorhowe met ‘n loflied; loof Hom, prys sy Naam.

Direkte vertaling: Gaan Sy poorte binne met die password: Dankie, maak jouself tuis met lof op jou lippe, dank Hom, aanbid Hom…

Jy kom nie voor ‘n koning en gee vir hom ‘n Fistbump nie…

As jy na die Buckingham paleis in Engeland gaan, gee hulle aan jou ‘n protokol voordat jy die Koning kan ontmoet…

Prys en danksegging is die protokol.

Wanneer Dawid voor die Here gekom het, het hy sy koninklike kleed uitgetrek en die priesters kleed aangetrek.

Voor ek ‘n koning kan wees is ek ‘n aanbidder.

Dit is nie perfekte mense wat in Sy teenwoordigheid ingaan nie, dis dankbare mense.

1 Thes 5:18 wees in alle omstandighede dankbaar; want dit is God se wil vir julle in Christus Jesus.

Ek is in die wil van die Here wanneer ek dankbaar is.

Fil 4:4 Verbly julle altyd in die Here! Ek herhaal: Verbly (Hersien die goeie…) julle!

Ek ontken nie die slegte nie, maar hersien die goeie…

Spanning is ‘n refleks wat ‘n gewoonte word…

Gewoontes word deur herhaling gebreek.

Met ‘n harde stem.

Die slegte moet met geweld uit ons gedagtes geban word.

Die genade van die Here moet met passie ontvang word.

Gaan wys jouself aan die priester

Dankbaarheid rein ons gedagtes, maar die teenwoordigheid van die Here maak ons heel.

Wanneer ons met aanbidding reageer op ons dankbaarheid gaan soek ons Jesus ‘n tweede keer op…

Die eerste keer word ons gered…

Die tweede keer ontvang ons vrymoedigheid en ons sien wie ons in Christus is…

Heb 4:16 Laat ons dan met vrymoedigheid die troon van genade nader, sodat ons ontferming en genade kan ontvang om op die regte tyd gehelp te word.

Heel gemaak

14 Toe Hy hulle sien, sê Hy vir hulle: Gaan wys julleself vir die priesters. Op pad daarheen is hulle gereinig.

19 Toe sê Hy vir die man: Staan op en gaan! Jou geloof het jou gered.(Sozo – heel gemaak)

Die ander nege was gesond gemaak, die tiende een was ook heel gemaak…

Dankbaarheid neem ook ons littekens weg!

Similar Posts

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *