Identifiseer met die regte Adam
Jesus het die sonde van die hele wêreld op hom geneem…
Hoe kon hy dan met al daardie sonde op Sy skouers in die Hemel instap?
Hy het ingegaan met Sy eie bloed…
Alle sonde was weg gewas deur sy eie bloed…
Identifiseer jy met die regte Adam?
Is jou identiteit wie jy in Christus is?
Wat is identiteit?
Dit is wie jy is.
‘n Stel fisiese, verstandelike, geestelike, emosionele en interpersoonlike kwaliteite wat saam jou definieer en jou uniek maak..
Die goeie nuus is dat jy nie ‘n kopie is nie, jy is uniek!
Jy is oorspronklike en met ‘n doel gemaak, vir ‘n doel.
Hier is mense vandag wat hulle hele lewe moes hoor dat hulle ‘n fout is….
Hulle moes hoor ons wou jou nie gehad het nie, jy het geen doel nie…
Hier is mans en vroue wat vir jare moes hoor dit was ‘n fout om met jou te trou…
Daar is vir jou geen rede om hier te wees nie…
Die waarheid sal jou vry maak
Wat is die waarheid?
Die Here het allerhande wonderlike kwaliteite in jou gesit.
‘n Unieke mengsel wat jou, jou maak…
Toe het Hy Jesus gestuur om jou vry te maak van enige leuen oor jouself wat jou kan terug hou.
Die dinge in die winkels het prys tags wat hulle waarde bepaal…
Jy het ook ‘n prys tag…
Geskryf in die bloed van Jesus…
Onskatbaar…
Hoekom is ons identiteit in Christus belangrik?
Dit gee vir ons ‘n sin van self…
Dit skep kontinuïteit…
Dit wys vir ons wie ons is en wie ons in die toekoms kan wees…
Dit bepaal hoe jy ander sien en jou wêreld interpreteer.
Dit vorm die plafon van jou potensiaal.
Vandag leef mense met ‘n valse identiteit.
Iewers het hulle ‘n leuen oor hulle self begin glo.
Jou identiteit is onder aanval.
Die wêreld is vol stemme wat aan jou probeer vertel wie jy is…
Voorbeeld: Het jy al na iemand geluister wat van al sy simptome vertel en gewonder of jy nie die selfde simptome het nie. Miskien moet ek ‘m dokter bel…
Spr 23:7 Want soos hy in sy siel bereken, so is hy;
Hierdie versie strek tot in elke hoekie en krakie van ons persoonlikheid.
Net soos ‘n plant uit ‘n saad voortspruit, ontstaan elke daad uit ‘n verskuilde saad in ons gedagtes.
Die wapens in die magasyn van jou gedagtes kan jouself verwoes of beskerm…
Daar woed ‘n stryd soos nooit tevore teen die identiteit van ons kinders nie.
Wie jy in Christus is gee aan jou die vermoë om goeie besluite te maak.
Dit gee visie, fokus en rigting aan jou lewe.
Efe 4:14 Die doel hiervan is dat ons nie meer klein kindertjies sal wees nie, wat deur onstuimige golwe rondgeslinger word en rondgewaai word deur elke wind van lering, deur mense se slinksheid en die gekonkel waardeur hulle dwaling beplan;
Dit gebeur wanneer jy nie presies weet wie jy is nie!
Daar is ‘n oomblik…
Die oomblik wat jy jou lewe vir die Here gee, ontvang jy ‘n nuwe identiteit!
2 Kor 5:17 Daarom, as iemand in Christus is, is hy ‘n nuwe skepping. Die ou dinge (van die begin af…) het verbygegaan – kyk, hulle het nuut geword.
Wanneer die Duiwel jou verloor verander hy taktiek en gebruik jouself teen jou, deur jou verlede…
Sy gunsteling woorde: Onthou jy…
Daarmee wil hy jou prys verlaag.
Jy het nou nodig om ‘n nuwe reaksie tot daardie inligting aan te leer.
Ontwikkel nou jou nuwe identiteit!
Die nuwe jy moet nuwe gewoontes aan leer.
Wie is jy nou?
Jy is nie meer die sukkelaar nie, jy is meer as ‘n oorwinnaar.
Jy is nie meer swak nie, maar sterk in die Here.
Depressie is nie meer jou baas nie want jy het nou die sin van Christus.
Jy is nie meer gebroke en weggegooi nie want die Here is naby.
2 Kor 5:18 En dit alles kom van God af, wat ons deur Christus met Homself versoen het, en aan ons die bediening van die versoening gegee het.
Ons moet ons nuwe identiteit so uitleef dat ander ook in ‘n nuwe identiteit wil leef.
Ons roeping is nou om ander voor te stel aan hulle nuwe identiteit.
Wat is jou nuwe identiteit?
- Jy is versoen met die Vader.
Rom 8:2 Die wet van die Gees wat in Christus Jesus die lewe gee, het jou immers vrygemaak van die wet van die sonde en die dood.
- Ons tree nou op soos ‘n seun of dogter van die Koning! (Voorregte en verantwoordelikhede)
- Erfgename
Rom 8:17 Maar as ons kinders is, is ons ook erfgename – erfgename van God en mede-erfgename met Christus mits ons inderdaad saam met Hom ly, sodat ons ook saam met Hom verheerlik kan word.