Straf die Here my?

In die volksmond sê ons baie keer: As dinge goed gaan seën die Here ons, maar wanneer dinge moeilik raak sê ons weer die Here straf ons.

Is dit werklik waar.

Is ‘n pak slae van bo af God se plan van verandering?

As kinders, was die rottang baie keer ons kompas.

Hoewel dit ‘n belangrike deel van ons opvoeding was, wat het dit aan ons psige gedoen?

Soms het ons begin glo dat straf die enigste pad na verandering is.

Die Petrus dilemma

Jesus maak dié skokkende stelling:

Matt 10:33 Maar wie My voor die mense verloën, sal Ek ook voor my Vader in die hemele verloën.

Jesus koppel hier ‘n ewige vloek aan iemand wat Hom verloën.

Net ‘n rukkie daarna sê hy vir sy gunsteling dissipel, Petrus: Voor die Haan kraai sal jy my drie maal verraai.

Matt 26:72 Weer het hy (Petrus) dit ontken, met ‘n eed: Ek ken die man nie.  73 Ná ‘n rukkie het die omstanders nader gekom en vir Petrus gesê: Jy is beslis ook een van hulle; trouens, jou uitspraak verklap jou.   74 Daarop begin hy vloek, en sweer: “Ek ken die man nie! En onmiddellik het ‘n haan gekraai.  75 Toe het Petrus die woorde onthou wat Jesus gesê het: Voordat ‘n haan kraai, sal jy My drie maal verloën. En hy het na buite gegaan en bitterlik begin huil.

Petrus se optrede het hom bitterlik laat huil. Die woordjie bitterlik hier beteken in die Grieks: Geweldig of gewelddadig.

In sy kultuur het Petrus die geweld van die Here se straf verstaan en geken…

Net soos ons het hy ook gedink die Here verander mense met straf en geweld.

Kort daarna word Jesus gekruisig, die dissipels voel verwilderd en alleen. Sommige weet dat hy opgestaan het, maar alles het verander…

Petrus hulle keer terug na hulle ou werk en begin weer vis vang.

Hulle hoop lê aan skerwe en nadat hulle heel nag niks gevang het nie, roei hulle dood moeg terug na die kant.

Wanneer dinge nie soos plan verloop nie los dit ons ook ontnugterd, doodmoeg en moedeloos.

Ons voorland is slapelose nagte, teleurstelling en spanning wat jy in die lug kan voel.

Dit is op daardie oomblik wat Petrus moes voel: Die Here straf my! Ek moes Hom nooit verloën het nie. Alles is my skuld!

Die gevolg van skuld

Skuldgevoel is die brandstof van vier vyande van die siel.

Skuld – Ek skuld iemand.

Diskonnekteer jou van jouself > mis jou bestemming.

Woede – Iemand skuld my.

Diskonnekteer jou van jou skuldenaar > Frustrasie.

Gretigheid – Ek skuld myself.

Diskonnekteer jou van vrygewigheid >Steel jou vervulling.

Jaloesie – God en die Wêreld skuld my.

Diskonnekteer jou van jou doel > Steel jou kreatiwiteit en veroorsaak ‘n slagoffer mentaliteit.

Jesus se plan van restourasie

Jesus gaan stap op die strand van die meer van Galilea en sien hoe die vissermanne swoeg en sweet terwyl hulle terugkeer van ‘n nag se vang sonder sukses.

Joh 21:3  Simon Petrus sê vir hulle: “Ek gaan visvang.” En hulle sê vir hom: “Ons gaan ook saam met jou.” Hulle het uitgegaan en in die boot geklim, maar daardie nag het hulle niks gevang nie.  4 Teen dagbreek het Jesus daar op die strand gestaan, maar die dissipels het nie geweet dit is Jesus nie.

Petrus gaan vang vis – Skuld maak dat ons terug keer na die ou weë en gewoontes wat ons gehad het voordat ons Jesus ontmoet het.

Toe Jesus opdaag het hulle hom nie herken nie. Ons ou weë bring ons op die plek waar ons later geen bewustheid meer oor het van Sy verlossings krag nie.

Joh 21:4

Jesus vra hulle toe: “My kinders, julle het seker niks om te eet nie?” Hulle antwoord Hom: “Nee.”  6 Hy sê toe vir hulle: “Gooi die visnet uit aan die regterkant van die boot, en julle sal iets kry.” Hulle gooi dit toe uit, en vanweë die groot klomp vis was hulle nie in staat om dit in te trek nie.

Petrus verwag straf, maar Jesus het ‘n ander plan in gedagte.

Hy Straf Petrus nie, maar seën hom uit sy sokkies…

Kom ons maak dit persoonlik

So baie kere maak ons optrede dat ons straf verwag…

Hierdie verwagting vat ons dapperheid om die lewe aan te pak weg…

Hierdie moedeloosheid maak dat ons terug keer na die ou gewoontes wat ons in die eerste plek in die voet geskiet het.

Jesus het egter nie straf vir ons in gedagte nie, maar hy bring ons sag kuns terug na hom deur ons te seën.

Die groot vraag

Is jy vandag gereed om jou nette aan die ander kant van die boot in te gooi?

Hierdie is nie ‘n probeer weer nie, maar ‘n probeer weer in die krag van die Here.

Hou in gedagte dat jy die keer seën kan verwag!

Saam met Hom maak klein veranderinge ‘n groot verskil…

Is jy gereed vir die groot verskil?

Die Here straf nie, hy seën!!

Similar Posts

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *