Wat is gebed? (1)

Gebed gee aan ons toegang tot die grootste krag in die heelal… Morris Cerello
Gebed het drie aspekte: Vra, soek en klop.
Matt 7:7-8 Vra, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal vind; klop, en vir julle sal oopgemaak word. 8 Want elkeen wat vra, ontvang; en wie soek, vind; en vir wie klop, sal oopgemaak word.
Gebed posisioneer jou
Gebed posisioneer jou vir hemelse oplossings vir aardse probleme.
Gebed het drie pilare: Vra, soek en klop.
By die poorte van die hemel is daar voorregte vir elke kind van God.
Waar het gebed ontstaan?
Met die groot val in die tuin van Eden het die mens sy intieme vriendskap met die Here verloor.
Daar het ‘n groot afstand tussen God en mens gekom.
Later het die Here, Set vir Efa gegee in die plek van Abel, tog sien ons steeds hier geen kommunikasie tussen God en die mense nie. Nou:
Gen 4:25 En vir Set, ook vir hom is ‘n seun gebore. Hy het hom Enos genoem. In daardie tyd het hulle begin om die Naam van die Here aan te roep.
Eers met die geboorte van Enos het mense begin om die Here aan te roep en dit het praktyk onder die mensdom geword om te bid.
Om die Here aan te roep toon die determinasie van ‘n mens om op die Here te vertrou
Abraham
In Abraham se tyd (twintig generasies na Set) het die mense begin om altare te bou en offers vir die Here te bring.
In daardie dae was offers geassosieer met groter grond gebied en gesag oor omstandighede.
[Gebed bring geestelike gesag en outoriteit en verantwoordelikheid oor meer om ander meer te seën ]
Moses
Baie jare later het Moses die Here aan geroep en in sy tyd het die mense ‘n bewustheid van die Here se nabyheid begin kry. Hy het hulle in ‘n vuur- en wolkkolom gelei…
[Gebed aktiveer en motiveer ons gees om die stem van die Here te kan hoor]
Die invloed van gebed op ons lewe
Gebed is soos die gom wat alles in ons lewe by mekaar hou.
Dit maak ons harte skerper sodat ons die weë van die Here beter kan verstaan.
Dit blaas die vlam van die Heilige Gees aan en bring herlewing in ons siele.
Gebed is nie ‘n spaarwiel nie, maar ‘n stuurwiel.
Rom 10:11-13 Die Skrif sê tog: “Elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaamd staan nie… 13Want elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal verlos word.
Wanneer ons God se grootheid leer ken laat ons die vrede van die Here toe om te heers oor die vrees in ons harte.
Gebed help ons om Goddelike insig in ons daaglikse stryd te kry.
Dit beteken letterlik om aan die hemel se deur te klop.
Gebed is die spieël waarin ons die kondisie van ons harte kan sien.
‘n Lewe geweek in gebed
Hierdie lewe lei tot hernude vertroue, vars hoop, vergifnis wat maklik kom, nuwe krag, goddelike wysheid en ‘n hart wat nie meer agter die vyeblare wegkruip nie.
Bowenal konnekteer dit die wil van ‘n mens met die Koninkryk van die hemel.
Dit anker ons liefde en goedheid van die Koning.
Wat moet ek eerste weet oor gebed?
Gebed is ‘n kultuur.
Ps 86:5-7
U, my Heer, is immers goed
en vergewensgesind,
en oorvloedig in troue liefde
teenoor almal wat na U roep.
6Here, hoor tog my gebed
en gee tog aandag aan my smeekgebede.
7In die tyd van my nood roep ek na U,
want U antwoord my.
Volgende keer
Die hart van Gebed