Die hart van gebed
Die hart van gebed
In alle Godsdienste is gebed die manier van kommunikasie tussen God en mens.
Selfs in valse Godsdienste word gebed as ‘n manier van kontak met die bonatuurlike gesien.
Ons is geskep in die beeld van God en elkeen het ‘n onuitblusbare begeerte na geestelike kontak.
Hierdie kontak is nie bo-natuurlik nie, maar natuurlik. Dit is wie ons is.
Gebed is nie net ‘n petisie nie, maar breek ook die donker houvas wat Satan op die siele van mense probeer kry.
Die krag van gebed
Gebed vestig ons identiteit as geestelike wesens.
Dit kry ons geestelike dinamo in beweging en word die brug na kontak met die Heilige gees.
Dit gee die mens letterlik toegang tot die gedagtes van ons skepper.
Dit is die een enkele meganisme wat ons verhouding met die Vader verdiep.
Die bepalende aspek van gebed.
Motiewe is die wortel van motivering.
Motiewe wat gebed kelder
Matt 6:5 En wanneer julle bid, moet julle nie soos die skynheiliges wees nie, want hulle hou daarvan om in die sinagoges en op die straathoeke te staan en bid, sodat hulle deur die mense gesien kan word. Ek sê vir julle: Hulle het reeds hulle volle beloning ontvang.
Die twee motiewe wat die diepte van gebed steel is: Om deur mense gesien te word en om deur ander gehoor te word.
Matt 6:6 Maar jy, wanneer jy bid, gaan na jou binneste kamer, maak jou deur toe en bid tot jou Vader wat in die verborgenheid is, en jou Vader wat in die verborgenheid sien, sal jou beloon.
Gebed speel af in die geheim…
‘n Plek waar jy vrymoedigheid het om jou diepste geheime te deel…
‘n plek waar jou siel gevul kan word met die vrede en krag van die Here.
Hoe lyk ‘n hart met suiwer motiewe?
1Pet 2:9 Julle, egter, is ‘n uitverkore geslag, ‘n koninklike priesterdom, ‘n heilige nasie, ‘n volk wat aan God behoort, sodat julle die deugde kan verkondig van Hom wat julle uit die duisternis geroep het na sy wonderlike lig –
Die volgende denkpatrone suiwer die hart van ‘n mens.
- Uitverkore geslag: ‘n Hart wat sekuur is in die feit dat hy geliefd is word nie versoek om vals te wees nie. So ‘n Hart word nie meer deur verwerping gemotiveer nie, maar kan rustig in ‘n atmosfeer van liefde kontak maak.
- Koninklike priesterdom: Wanneer ons, ons herkoms ken vind ons, ons sekuriteit in wie ons is en nie net in wat ons doen nie. So ‘n hart kan met gesag en verwagting bid. Gesag oor omstandighede en ‘n verwagting van goeie dinge.
- Heilige nasie: Om heilig te wees beteken om afgesonder vir iemand se alleen-gebruik te wees. Hierdie hart word nie heen en weer geruk deur allerhande behoeftes en drange nie. ‘n Hart wat deur drange gestuur word, is ‘n hart wat misbruik… Hierdie hart kan vir seën en hulpbronne bid en kan ontvang want die Here kan hierdie hart met meer vertrou.
- Volk wat aan God behoort: Behoort praat van beskerming en beskikbaarheid. Hierdie hart kan sonder vrees vir die toekoms bid en die Here kan met vrymoedigheid op hierdie persoon staat maak om Sy wil te doen. Mense in die kring van iemand wat weet dat hy aan God behoort voel altyd veilig en sekuur. Hierdie persoon ken die wee van die Here en bid met gemak die wil van die Here.
- Mense wat die deugde van God verkondig: Die woord deugde beteken: Om te prys. Wanneer ek iemand prys beteken ek dat ek daardie persoon op my skouers tel. Ek lig die persoon op en mense kyk nie na die persoon deur my eie onvermoë nie. Wanneer ons bid gaan dit oor God en God alleen. Sulke harte kan Hom uitbundig oplig sonder enige verskuilde motiewe.
Hoe het die eerste kerk gebid?
Hand 1:14 Hulle het almal eensgesind in gebed volhard…
Die twee woorde wat hier uitstaan is: Eensgesind en volhard.
Die siel van die mens het o.a. twee dinge nodig wanneer ons bid: Die geloof van mense om ons en die vermoë om vol te hou.
Niemand kan alleen staan nie en hoewel meeste gebed in die binnekamer van ons harte plaas vind het ons steeds die geloof van dié om ons nodig.
Ons gaan dus nie net kerk toe vir ons eie ervaring nie, maar ook vir die ervaring van ander. Ons het mekaar se geloof nodig.
Volhard:
Hand 2:42 Hulle het bly volhard in die leer van die apostels, die verbondenheid met mekaar, die breek van die brood, en gebede.
Gebed is in drie dinge geplant:
- Die leer van die apostels: Ons gebede word geanker en vloei vanuit ‘n gesonde, grondige kennis en openbaring van die woord. Wanneer ons dit nie het nie, weet ons harte eenvoudig nie waar om die woorde en gedagtes van ons gebede te gaan haal nie. Dan gaan ons gebede blood net oor ons behoeftes en ons ervaar nie daardie diepte en fokus wat die vrede van die Here bring nie.
- Verbondenheid met mekaar: Die horisontale band van liefde en nabyheid herinner en demonstreer die vertikale liefde wat die Vader vir Sy kinders het.
- Die Bybel sê: Wie homself afskei soek sy eie belang.
- Hierdie gesindheid laat ons eensaam en alleen voel. Ons geloof is klein en broos want ons het eenvoudig nie die kruk van die geloof van die om ons nie.
- Hierdie is ‘n gebedslewe sonder momentum!
- Breek van die brood: Breek van die brood praat altyd oor die verlossings werk wat Jesus vir ons bewerkstellig het. Hy het Sy liggaam gebreek sodat ons heel kan wees. Wanneer ons vanuit hierdie gesindheid bid, is ons in staat om gebede te bid wat die siel weer heel maak. Gebede wat genesing bring en wanhoop verdryf.
- Ons het nodig om gereeld van ons onskuld en waarde in die Vader se oë herinner te word.