Ons daaglikse brood

Matt 6:11  gee ons vandag ons daaglikse brood;

Ons skepper is soo omvangryk dat een woord of naam eenvoudig te min is om Hom te beskryf.

In die oorspronklike tale Bybel is daar baie name wat Hom probeer beskryf.

Ons sien daar twee groepe name vir Hom:

  • Die Jehovah’s (Jehovah Jireh(Hy sal ons Sy voorsiening wys))
  • Die El’s (El-Shaddai (Groot en genoegsaam))

Die verskil tussen die twee groepe is: Die Jehovah name is sy verbond-name en beskryf die verbond wat Hy met ons het. Die El- name beskryf weer Sy karakter.

Jehovah Jireh

Die naam dui daarop dat Hy aan ons Sy voorsiening sal wys.

In die kits era waarin ons woon is ons verwagting dat voorsiening so vinnig moet gebeur soos wat ‘n mikrogolf oond ‘n glas water kan kook, maar wanneer ons na die lewe van Abraham kyk sien ons dit werk egter nie heeltemal so nie.

Die Here gee aan Abraham die opdrag om sy seun Isak aan Hom te offer, Hy voorsien wel ‘n ram in Isak se plek, maar doen dit eers op die laaste oomblik toe Abraham sy mes reeds teen Isak se keel het.

Dink aan die paniek en angs wat Abraham ervaar het met verloop van die drie dae wat hulle na die Berg Morea gereis het vir die offer…

Abraham moes eenvoudig geduldig in gehoorsaamheid wag en daarop vertrou dat die Here betyds sal voorsien.

Jehovah Jireh wys die ram wat heeltyd daar vasgemaak was vir Abraham.

Hierdie naam van die Here maak ons oë dit wat heeltyd voor oë was, raak te sien.

Wanneer ons, ons verbond met Hom verstaan en daarop steun gaan ons oë oop vir nuwe potensiaal. >>

Die beloning van gehoorsaamheid

Dapper en lankmoedige gehoorsaamheid lei ons stadig in die rigting van Sy meesters plan vir ons.

Sy voorsiening is nie ‘n kits plan nie, maar ‘n gehoorsaamheids reis…

Hoekom so?

God toets eers ons vasberadenheid en motiewe en wanneer Hy weet Hy kan ons vertrou met oorvloed draai Hy die sluise van voorsiening oop.

Kom ons kyk na die El name

Onder hulle is daar drie verwysings dat die Here vir ons sal sorg.

Ons het reeds gesê die El name verwys na die karakter van die Here.

El-Shaddai

Die almagtige, almagtige een.

Hoe kry ek toegang tot die krag en voorsiening van die Almagtige een?

Wanneer ons beweeg van ‘n staat van paniek en bekommernis na ‘n gesindheid van geloof en vertroue toegedraai in afhanklikheid begin dinge gebeur.

Jes 4:11

Soos ‘n herder

laat Hy sy kudde wei;

in sy arms maak Hy

lammers bymekaar;

teen sy bors dra Hy hulle;

die lammerooie lei Hy.

El-Roi

Jesus leer Sy dissipels om in die geheim te bid vir ‘n Vader wat hulle behoeftes ken nog voordat hulle gevra het.

Mat 6:6 Maar jy, wanneer jy bid, gaan na jou binneste kamer, maak jou deur toe en bid tot jou Vader wat in die verborgenheid is, en jou Vader wat in die verborgenheid sien, sal jou beloon.

Beloon (ap-od-eed-o-mee) beteken: Om weg te gee, af te lewer, betaal, presteer, herstel, oor te gee en om te beloon.

Die woord was gebruik toe Ismael, Hagar se seun van die dors wou omkom.

Hagar was misbruik en weggejaag, tog sien die Here haar nood raak.

Daar waar niemand anders haar kon help nie, word Hy El-Roi vir haar.

El-Shammah

Die God wat hoor.

Die God wat teenwoordig is om te luister.

Die Here het Homself geposisioneer om daar vir ons te wees wanneer almal ons nood miskyk.

Jes 65:24

Nog voordat hulle roep,

sal Ek hulle antwoord;

hulle sal nog besig wees om te praat,

dan verhoor Ek hulle al.

Jer 29:12 Julle sal My aanroep, en kom en tot My bid, en Ek sal na julle luister.  13 Julle sal My soek en vind as julle My met julle hele hart raadpleeg.  14 Ek sal My deur julle laat vind,” is die uitspraak van die Here, “en Ek sal julle lot verander

Daar is ‘n brug wat ons moet oor steek om toegang te kry tot die verbond wat die Here met Abraham gemaak het.

Joh 6:35 Jesus het vir hulle gesê: “Ek is die brood van die lewe. Wie na My toe kom, sal nooit honger word nie, en wie in My glo, sal nooit weer dors word nie.

Wanneer volke oorlog maak verwoes hulle eers die brûe. Net so val die Duiwel eerste ons bewustheid van ons Verlosser en verlossing aan.

Die geheim van Dawid

Psa 23:1  ‘n Psalm van Dawid. Die Here is my herder, ek kom niks kort*(chaser: misluk)* nie.  23:2  Hy laat my rus in groen weivelde. Hy bring my by waters waar daar vrede (’n plek waar ek myself weer kan vind) is.  23:3  Hy gee my nuwe krag (Hy maak my siel weer heel). Hy lei my op die regte (tsedeq: welvaart) paaie tot die eer van sy Naam.  23:4  Selfs al gaan ek deur donker dieptes, sal ek nie bang wees nie, want U is by*(immad: teenaan)* my. In u hande is ek veilig.  23:5  U laat my by ‘n feesmaal aansit, terwyl my teëstanders moet toekyk. U ontvang my soos ‘n eregas, ek word oorlaai met hartlikheid.  23:6  U goedheid en liefde sal my lewe lank by*(rhdaph: Hardloop agter my aan)* my bly en ek sal tuis wees in die huis van die Here tot in lengte van dae.

Waarlik ‘n lewe om na uit te sien.

Similar Posts

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *