Onsekerheid vries die ratte van my gedagtes
Ek sien nou die dag ‘n klein goggatjie wat dood speel en homself so klein as moontlik maak die oomblik as iets om hom beweeg… Dan lê hy lank roerloos en stil… Gevries in vrees…
Voel jy dat daar areas in jou lewe is waarin jy net nie momentum kan optel nie?
Voel jy, jy mis uit op meeste van jou potensiaal?
Spr23:7
Want soos hy in sy siel bereken, so is hy;
Negentig persent van mense voel meeste van die tyd dat hulle nie goed genoeg is nie.
Lank gelede het ek verhuis van ‘n woonstel op die vyfde verdieping na ‘n woonhuis. Ons het een groot, groot bank gehad wat nie in die hysbak kon inpas nie en ek het eenvoudig nie kans gesien om hom vyf verdiepings vêr met die trappe af te dra nie. Ek stop toe die hysbak op die vierde verdieping, sluit die deure op die vyfde verdieping met ‘n ronde ystertjie oop en laai die groot bank regop op die dak van die hysbak. Dit het mooi mik gekos om hom nie teen die mure wat verby beweeg te stamp nie, maar ons het heel onder gekom!
Wanneer ons gedurig voel dat ons nie goed genoeg is nie, kan selfs die kleinste takie vir ons groot en onmoontlik voel. Ons toekoms word ‘n groot donker wolk op die horison en stadig maar seker hou ons op om na more uit te sien.
Net soos daardie groot bank maak onsekerheid dat dinge te groot voel om te hanteer voel.
Wanneer vries die rate van my gedagtes?
Waar kom “nie goed genoeg nie” vandaan?
1. Ander mense is beter as ek
Ander mense lyk gelukkig, maar ek is nie!
Wat is die denkfout hier. Ons waarde word gebaseer op hoe ons met ander vergelyk.
In vergelyking met ander is ek nooit ryk genoeg, gelukkig genoeg, geestelik genoeg of slim genoeg nie.
Die sukses van mense om my raak ‘n interne reel in my.
Vergelyking verslind vreugde.
Jy kan nooit jou eie waarde uitkontrakteer aan ander nie.
Ander mag nooit die denkbeeldige maatband raak waarmee jy jouself en jou waarde meet nie.
Spr 14:30
‘n Kalm hart gee lewe
aan die liggaam,
maar naywer is verrotting
in die gebeente.
Die rol van die internet
Twee gevaarlike aspekte op die internet is self-verbetering en bemarking.
Elke keer wanneer jy inligting lees of kyk oor self-verbetering hoor jy ‘n klomp standaarde waaraan jy nie voldoen nie. Soms word ons gemeet teen ‘n onmoontlike standaard. Iemand anders se fasade…
Die doel van bemarking is om produkte aan ons te verkoop deur ons te oortuig dat ons iets kort kom. Hulle wil nie ophou verkoop nie so ons omstandighede sal nooit goed genoeg wees nie.
Verder word alles verpak in onrealistiese verwagtinge. Drink net hierdie pilletjie en binne drie weke sal jy soos ‘n model lyk. Wanneer dit nie gebeur nie, soek ons nooit die fout by die produk nie, maar by onsself.
Bemarkers wys ons wat ander mense het, wat ons kort.
2. Perfeksionisme
Perfeksionisme is skelm…
Miskien voel jy na ‘n mislukking wanneer jy ‘n fout gemaak het.
Miskien dink jy, jy moet foutloos wees om deur ander aanvaar te word. (onmoontlik)
Miskien meet jy jouself aan daardie onmoontlike standaarde.
Miskien is ek net nie ‘n goeie dogter, seun of eggenoot nie…
Die volgende stap is, ek moet perfek wees om waardevol te wees, anders is ek net nie goed genoeg nie.
Hierdie is ‘n innerlike reël, nie ‘n realiteit nie.
Die realiteit van verhoudinge
Ons bring ons foute en ons kwesbaarheid saam.
Om ons eie foute te aanvaar is deel van intimiteit en konneksie.
Hoeveel keer mis ons uit op geleenthede omdat ons voel ons is nie goed genoeg om iets nuut aan te pak nie?
Perfeksionisme vertel jou dat jy eers goed genoeg moet wees voordat jy suksesvol sal wees, maar sukses is ‘n proses van klein stappe van groei.
Die geheim om Perfeksionisme te wen: Maak jou kapasiteit om kwesbaar te wees groter.
3 Ek het nog nie gearriveer nie
Ek is nie goed genoeg nie, want ek het nog nie my doelwitte bereik nie
Ek is dalk nie goed genoeg om ‘n goue medalje op die Olimpiese spele te kry nie, maar dit beteken nie ek is nie goed genoeg nie.
‘n Vliegtuig wat nog nie geland het nie, is nie foutief nie, maar is net nog in die middel van die reis…
Die geheim: Waardeer jy die proses?
Soveel mense voel gediskwalifiseer in die middel van die proses.
Slot
Ons diepste vrees is nie dat ons nie goed genoeg voel nie. Ons diepste vrees is dat ons onmeetbaar kragtig is. Ons skram weg van ons lig, ons vlug nie vir die donker in ons nie. Ons vra onsself af: Wie is ek dat ek ongelooflik, briljant en ‘n persoon wat bewonder kan word, is?
Jy is ‘n kind van God, moet jouself nie klein maak soos ‘n goggatjie wat wegkruip nie. Moet jouself nooit verklein sodat mense om jou nie onsekuur voel nie.
Soos wat ons vry kom van ons eie vrese raak die om ons vry van hulle kettings…