Verwarring die masker van vrees.
Weg. Die hartseerste woord in ons taal. Enige taal. – Mark Slouka
Josua kry die groot taak om vir Moses op te volg.
Hy moet ‘n volk wat gekies het om duskant die Jordaan te bly en te sterf oor die rivier vat…
Soms raak ons eie woestyne ń gemak zone.
Selfs die slawe huis in Egipte het vir die volk van Israel ń gemak zone geraak.
Gemak zones is gevaarlik want dit leer jou om terug te hou. Hulle maak ons so selftevrede dat ons later ophou om ons grense verder te verbreed.
Om te groei in die lewe het ons een motto nodig: No risk, no reward…
Gemak veroorsaak dat ons ophou om nuwe vaardighede aan te leer en dit maak ons gemak zone al hoe kleiner.
Jos 1:1 Ná die dood van Moses, die dienskneg van die Here, het die Here vir Josua, seun van Nun, Moses se helper, gesê: 2 Moses, my dienskneg, is dood.
Baie keer begin verandering begin met ń gevoel van verlies…
Wanneer jy verlies ervaar voel dit soos die einde van die pad, maar dit kan ook die katalisator van ‘n splinternuwe begin vir jou wees.
Die Here weet dat verandering ons soms kan verlam, daarom sê hy die volgende woorde aan Josua:
Daarom, maak nou gereed
Waar begin die proses van gereed maak?
Aanvaar jou realiteite sodat jy vandaar kan begin om nuwe realiteite te vorm. Daardie nuwe realiteit waaroor jy al so lank droom…
Daarom, maak nou gereed om hierdie Jordaan oor te steek…
Soms trek die lewe vir ons grenslyne, ander kere weer, stel ons, ons eie beperkinge vas.
Dit kan jou begroting verteenwoordig, die feit dat ons soms net van die hand na die mond lewe, of jou lewensgeluk en die diepte van jou verhoudinge. Kom ons lees voort:
Daarom, maak nou gereed om hierdie Jordaan oor te steek, jy en hierdie hele volk, na die land wat Ek aan hulle, aan die Israeliete, gaan gee.
Probeer om weer die nuwe beloftes deur die swaar miswolk van pyn en teleurstelling raak te sien. Laat toe dat die Here weer vir ‘n slag jou omstandighede met nuwe beloftes in te kleur.
Nuwe visie bring nuwe energie…
:3 Elke plek waarop julle voete trap – aan julle gee Ek dit soos Ek aan Moses beloof het.
Ons kan slegs die grond waarop ons, ons voet neersit in besit neem, maar soms is daar reuse in die land. Die goeie nuus is dat hoe groter die reuse, hoe groter is die vrugte van die land.
:4 Van die woestyn en die Libanon af tot by die groot rivier, die Eufraat, die hele land van die Hetiete tot by die Groot See in die weste, sal julle gebied wees.
Eufraat beteken: Deur breek… Ons grense stop daar waar ons ophou om deur te breek.
:5 Solank jy leef, sal niemand voor jou kan standhou nie. Soos Ek by Moses was, sal Ek by jou wees. Ek sal jou nie in die steek laat en jou nie verlaat nie.
Standhou: Niemand sal vir lank voor jou kan staan nie. Elke vyand het ‘n vervaldatum!
:6 Wees dapper…
Dapper:(aw-mats) beteken om te bevestig. Dapperheid kom wanneer jy met jouself praat en jouself herinner aan waartoe jy in staat is.
Onwrikbaar in jou gemoed…
Onwrikbaar beteken hier om dinge te vestig deur aan te hou om jou gedagtes te temper. Mense temper staal deur dit warm te maak en af te koel. Laat toe dat die hitte van jou omstandighede jou sterker maak.
Vermeerder…
Dink vanuit oorvloed en ignoreer tekort. Tekorte word te maklik verskonings om nie deur te breek nie.
en wees sterk, want jy moet hierdie volk die land in besit laat neem wat Ek met ‘n eed aan hulle voorvaders beloof het om aan hulle te gee.
Die Here het jou gekies vir die oorwinning van jou en jou geliefdes. Om te wen in jou omstandighede is jou roeping. Gee dit alles en Hy sal jou help met alles…
8 Hierdie boekrol van die wet mag nie uit jou mond verdwyn nie…
Die boekrol beskryf nie net die wee van die Here nie, maar ook die beloftes van die Here. Dit help om jou oorwinnings met die beloftes van die Here in jou mond te gemoed te gaan.
Jy moet dit dag en nag mymerend prewel, sodat jy alles wat daarin geskryf is, nougeset kan nakom; want dan sal jy voorspoedig wees op jou pad; dan sal jy sukses behaal.
Wat ons prewel vorm ons perspektief, ons perspektief bepaal ons fokus en ons fokus vorm ons geloof…
9 Het Ek jou nie beveel, ‘Wees dapper en sterk’ nie? Moenie paniekbevange wees nie…
Paniekbevange: (arats) > Dit beteken om ‘n ongesonde ontsag of verwondering vir jou vyande of omstandighede te ontwikkel. Wanneer ons dit doen begin ons om ons gedagtes toe te laat om ons te teister. Juis die gedagtes wat ons help om die regte keuses te maak raak dan die vyand wat ons na neerlaag lei. Gedagtes wat teister steel jou dryf en energie om enige oorwinning te kan behaal.
en moet jou nie laat afskrik nie,…
Afskrik beteken om verwar te word deur vrees. Verwarring inhibeer jou vermoë om goeie besluite te neem.
want die Here jou God is by jou, oral waar jy gaan.
Die grootste teenvoeter vir verwarring is rus. Die feit dat die Here altyd by en vir ons is, skep vrede en daardie plek van rus wat ons so brood nodig het.
Ons beste beginpunt is om in die Here se teenwoordigheid te rus…