Leef sonder beperkinge
Geloof wat werk…
Soms voel dit asof die beste van die bestes, so vêr voor is, dat die res van ons nooit sal kan inhaal nie…
Wanneer Tiger Woods in sy fleur, op die gholfbaan was, het almal aangeneem dat hy sou wen… (Hy was 683 weke land die wêreld se nommer een)
Steve Siebold (Mental Toughness Secrets of the World Class) You’re either growing or dying. Stagnation does not exist in the universe.
</aside>
Vandag
- Die verskil tussen keuses en besluite.
- Hoekom kry sommiges dit reg om sonder beperkinge te leef.
- Leer om meer in jou hefbome te glo as in jou tekorte.
Mat 7:28
En toe Jesus hierdie woorde geëindig het, was die skare verslae oor sy leer; Mat 7:29 want Hy het hulle geleer soos een wat gesag het, en nie soos die skrifgeleerdes nie.
Die grootste sleutel tot sukses
Die grootste sleutel is nie om vyfuur in die oggend op te staan nie. Goeie gewoontes is goed, maar die “gamechanger” is om ‘n besluit te maak.
Niks groot in die lewe is moontlik sonder selfvertroue nie.
Die wortel van Confidence is confide = Om te vertrou.
Hoekom glo jy as iemand anders iets doen sal dit werk, maar nie as jy dit doen nie?
Voordat Dawid met Goliat geveg het, het hy uitgevind watter belonings die man sou kry wat vir Goliat wen. Voor in sy gedagtes was nie die risiko’s wat hy sou neem nie, maar die beloning!
Hoekom vertrou mense hulle self nie?
Die enigste persoon wat weet van elke leuen wat jy tot dusver vertel het is jy.
Hulle het hulle woord al soveel keer teenoor hulle self gebreek dat hulle nie meer ‘n woord kan glo wat hulle vir hulle self sê nie.
Die terugvoer van mense
Mense sien jou nie deur hulle oë nie, maar deur jou oë!
Ons veroorsaak letterlik mense om in ons te twyfel omdat ons in onsself twyfel.
Keuses en besluite
Die Engelse woord decide word as gevolg saam gestel:
De = Van
Cide = Sny
Wanneer ek besluit sny ek my van alle ander moontlikhede af.
Gen_6:13 En God sê vir Noag: Die einde van alle vlees het volgens my besluit gekom; want die aarde is deur hulle vervul met geweld. En kyk, Ek gaan hulle saam met die aarde verdelg.
Die woord kies sny nie ander moontlikhede uit nie, maar beteken eenvoudig kies een opsie.
Keuses kan maklik verander word want niks is afgesny nie.
‘n Keuse is die beste opsie wat deur gerief of gemak gedikteer word.
Exo 17:9 En Moses het aan Josua gesê: Kies vir ons manne en trek uit, veg teen Amalek.
Kies (Bachar) = Om uit te probeer…
Kies kan jou nie ‘n lewe sonder beperkinge laat lei nie.
Besluite beskerm
Dawid se familie het probeer om hom uit te praat uit sy geveg met Goliat, maar die besluit wat hy geneem het, het sy optrede beskerm. Keuses steel oorwinnings, maar besluite gee oorwinnings.
Dawid se broers het opgetree asof hy die probleem was, Goliat was die probleem. Mense wat nie kan besluit nie kan ook nie prioritiseer nie.
Prioriteit beteken om dinge in die regte volgorde te doen.
Mense wat onwillig is om ‘n situasie te verander is gewoonlik ‘n struikelblok vir mense wat die status que wil en kan verander.
Wat is nodig vir ‘n onbeperkte lewe?
‘n Glashelder Fokus
Almal fokus. Mense wat sukses behaal fokus op voorneme. M.a.w. ek besluit self waarop ek nou gaan fokus. Die ander fokus op die krises van die oomblik.
Is jy ‘n slagoffer of die produk van dit wat in jou verlede gebeur het. Vir die wat op hulle voorneme fokus sien hulle self as ‘n produk van wat in hulle lewe gebeur het. Dit is hoekom hulle nie bang is dat hulle ‘n slagoffer van die toekoms sal word nie.
Dus het niks met jou gebeur nie, maar wat gebeur het, het vir jou gebeur!
Gen_47:9 En Jakob het Farao geantwoord: Die dae van die jare van my vreemdelingskap is honderd en dertig jaar. Min in getal en vol teëspoed was die dae van my lewensjare…
Jy kan besluit hoe jy jou verlede raam…
Gen 45:5 Maar wees nou nie bedroef nie, en laat daar geen ontstemming by julle wees dat julle my hierheen verkoop het nie. Want om lewens te behou, het God my voor julle uit gestuur.
Ons moet deur dinge gaan om by dinge uit te kom.
Geloof
Hou op om te glo in geloof en glo in die Een wat getrou is.