Die grootste geheim van Christenskap

Ps 32:11  Verbly julle in die Here en juig, regverdiges, jubel, alle opregtes.

Watter godsdiens in die wêreld gaan jou gelukkig maak?

Die Ek godsdiens… waar alles om my draai…

Christenskap is nie gemaak vir die genot van die oomblik nie…

Christenskap beloof soveel meer as net blote genot…

70% van die mense in ons land beskryf hulle self as ongelukkig…

Hoekom nie?

Ons hou aan om die doelwitte te skuif…

As ek eendag klaar is, ryk is, wanneer my kinders uit die doeke is, sal ek gelukkig wees.

Die realiteit is, ons is nie daarvoor gemaak nie.

Daar is ‘n eksperiment gedoen met Amoeba (’n Eensellige diertjie). Wanneer die perfekte omstandighede sonder enige weerstand geskep word, vrek hulle sommer gou.

Vir lewe om te floreer het ons eintlik nodig om te veg…

‘n Lewe sonder weerstand is ‘n lewe sonder lewe…

Wanneer ons vreugde uitstel steel ons eintlik die vreugde van die oomblik!

Ons is geskep om nie die vreugde van die einddoel te smaak nie, maar om die vreugde van die proses te geniet.

Die geheim van ons geloof

Christenskap stuur ons weg van die genot van die oomblik…

Die mensdom dink as ek kan doen wat ek wil, dan sal ek gelukkig wees.

Ons geloof is ook een wat grense stel…

Baie weerstaan dit…

Dit beteken nie ons mag nie gelukkig wees nie, maar dat ons vir iets groter, iets dieper moet mik.

Etimologie – Happy(Gelukkig)

Die woord het in 1520 ontstaan.

Hap: Something happened. (Van Noorse afkoms)

-y: Very lucky. (Van Ysland)

In Brittanje het dit beteken om geld te ontvang deur geluk. In Wallis het dit egter wys beteken.

In 1630 het die gesegde: Happy as a clam. Ontstaan. Dit het beteken wanneer ek in die modder langs die water trap en ‘n mossel raak trap is ek gelukkig.

Twee wêreld beskouings

Ps 32:11  Verbly julle in die Here en juig, regverdiges, jubel, alle opregtes.

Daar is twee maniere om na die wêreld te kyk:

  1. God bestaan nie en jy kan doen wat jy wil, niks maak saak nie.
  2. God bestaan en ek kan nie doen wat ek wil nie, want elke ding maak saak.

Die eerste een klink na genot, maar die tweede een is ‘n keuse tussen die lewe wat niks beteken nie en ‘n lewe waar elke ding wat ons doen saak maak. Jy maak saak…

Elke keer wat jy uitbundig gelukkig was en elke keer wat jou hart gebreek word, maak saak!

Die kultuur waarin Christenskap ontstaan het

In die Romeinse kultuur was daar baie gode gewees.

Hulle gode het baie kenmerke gehad wat hulle bewonder het, maar die gode was nie goed nie.

Hulle was nie regverdig nie, en het nie eers geweet wie jy was nie!

Die enigste rede hoekom hulle aanbid was, was dat iemand so desperaat was om iets te ontvang, dat daardie persoon gewillig was om vervloek te word deur die gode, om dit te kry.

Dan is daar offers aan hulle gebring in die hoop dat hulle jou alleen sal los.

Sommige mense leef vandag nog so: Hulle bly weg van die Here totdat hulle regtig iets nodig het.

Miskien as ek op my knieë gaan sal die Here my beter kan hoor?…

Miskien moet ek my hande vou?…

Miskien moet ek groot woorde gebruik?…

Of ons sê: Ek gee een uur aan u op ‘n Sondag en koop seën vir die res van die week…

Die Romeine het ook oorlogs gode gehad en wanneer jy hulle vir hulp gevra het moes jy jouself sny met jou swaard. Jy moes bewys dat jy gewillig is om te bloei vir hierdie god.

En hier kom die man na vore wat homself Jesus noem.

Hy is anders as die ander Gode: Hy is goed!

Hy is nie net regverdig nie, maar Hy ken jou naam!

Hy wag nie dat jy jou bloed vir Hom laat vloei nie, Hy het Sy bloed vir jou laat vloei!

Jy het nie nodig om jouself te sny om Sy aandag te kry nie, Hy het toegelaat dat Hy geslaan en gebreek word, net om jou aandag te kry!

In die moeilikste seisoen van jou lewe kan jy weet: Ek is nie vergete nie!

En dit is hoekom:

Vreugde die reuse geheim van Christenskap is.

Want: Hy weet en Hy gee om!!

Jy maak saak vir die mees belangrikste wese in die Heelal!

Jy is nie vergete nie!

Die vraag is: Hoekom ervaar ons dit nie.

Pous Johannes Paulus II praat van praktiese ateïsme.

Dit is wanneer mense glo dat Christus bestaan, maar hulle leef nie asof Hy bestaan nie.

Ek glo dat ek vir die Here saak maak, maar ek leef nie asof ek vir Hom saak maak nie.

Die feit dat Hy leef verander nie hoe ek leef nie…

Dit toets

Hoe praat jy met jouself?

Praat jy met jouself asof daar ‘n God is wat bereid was om vir jou te sterf?

Asof God sê: Jy hoef nie eers beter te wees voordat ek jou kan liefhê nie.

Praat jy met jouself soos iemand vir wie daar oneindig baie genade en geduld is?

Praat jy met jouself soos ‘n seun of dogter van ‘n Koning?

Hierdie praktiese ateïsme gaan dieper en vra: Wie besit jou hart?

Slot

Die gelowige is die enigste spesie wat sterker word onder druk! (bv. Virusse maak ons sterker…)

In Elke situasie kan ons vreugde ervaar.

Ons fokus bepaal wat ons voel.

Vreugde kom van die feit dat ons weet Hy is hier en Hy gee om.

Die wêreld het nie permissie om jou vreugde weg te vat nie!

Similar Posts

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *