Die genade revolusie

Wat is ‘n revolusie?

Latyns: Revolutio – ‘n Skielike draai in die rondte

‘n Vinnige fundamentele verandering van strukturedeur ‘n sleutel persoon

Wie was die mense wat met Jesus gemaklik gevoel het?

  • ‘n Heidense Samaritaan
    • Waar het die kloof tussen die Samaritane en Jode ontstaan?
    • Toe die Jode van Babilon af terugkeer het die Samaritane hulle verwelkom en aangebied om hulle te help om die Tempel te herbou.
    • Die Jode het gevoel hulle is nie goed genoeg nie, want die Jode het gevoel hulle het gemengde bloed gehad.
    • Hulle het net daar ‘n gly in die Jode gevang.
    • Kommunikeer vandag se kerk ook soms aan mense dat hulle nie goed genoeg is nie?
  • ‘n Offisier van die wrede Herodus
  • ‘n Skelm tollenaar
  • ‘n Vrou wat onlangs met sewe demone besete was

Die kontras

  • Jesus het ‘n yskoue, afsydige reaksie van die Fariseërs, die leiers van die Joodse kerk ontvang.
  • Selfs Nikodemus het in die nag, in die geheim na Hom gekom…

‘n Patroon verander

Het jy jouself al afgevra: Hoekom lyk die mense in ons kerke so anders is as die mense wat na Jesus gegraviteer het?

Hoekom voel die wêreld skugter om met ons te meng?

As die kerk begin het deur die grootste liefdesdaad in die geskiedenis, hoekom voel mense uitgesluit?

Die mening van ‘n masjien

Ek het onlangs hierdie vraag aan ‘n AI gestel en die volgende antwoord gekry:

Sinners might feel excluded by the church because of a perception that the church is only for “perfect” people, leading to a fear of judgment and a feeling of not belonging.

Die groot vraag

Hoe het Jesus, die enigste perfekte persoon in die geskiedenis, dit reggekry om soveel onvolmaakte mense te laat welkom voel?

Wat is die geheim wat ons verloor het?

Selfbeskerming

In daardie dae was melaatsheid gevaarlik aansteeklik en mense het hulle self beskerm deur ‘n stigma te koppel aan diegene wat hierdie siekte gehad het.

Doen ons dit nie vandag ook nog nie? Ons koppel ‘n stigma aan die foute wat ons maak.

Die direkte uitkoms van ‘n stigma wat ons saam dra is swak lewenskwaliteit en ‘n gevoel dat ons nie kan behoort nie.

(Ons het laas week gepraat oor Jesus se gemeenskap wat geglo het Hy was ‘n buite-egtelike kind en hoe dit op die ou end veroorsaak het dat Hy nie in Nasaret kon wonderwerke doen nie- Die Jesus wat ek nooit geken het nie.)

Die proses van stigma

  1. Ons raak bewus van iets negatief wat my gemeenskap oor my sê of glo.
  2. Omdat ons dalk ‘n fout gemaak het glo ons dat hulle die reg het om so te voel.
  3. Ons neem eienaarskap daarvan en begin glo ons is swak.
  4. Ons trek die baadjie van waardeloosheid aan en begin voel dat ons nie behoort nie.

Dan vra ons die vraag: Hoekom probeer ek nog? Net hier begin ons wiele op die lewenspad gly!

Ons het gesê dat selfbeskerming veroorsaak dat ons ‘n kleed van stigma oor iemand gooi…

Die vraag is: Wat probeer die kerk beskerm?

‘n Radikale verlosser

Die Fariseërs vra die radikale vraag aan Jesus:

Joh 8:5  Moses het ons in die wet beveel om sulke vrouens te stenig, maar u, wat sê u?”

Nadat al die Fariseërs weg is sê Jesus aan die vrou:

Joh 8:11  En sy antwoord: Niemand nie, Here. En Jesus sê vir haar: Ek veroordeel jou ook nie.

Jesus ignoreer die reëls en aanvaar die uitnodiging om saam met die melaatse te gaan eet!

Hy eet saam met die persoon wat die grootste stigma ooit, dra!

Gedurende ‘n ander ete kom ‘n vrou die vertrek binne…

Luk 7:37

‘n Sekere vrou in die dorp, wat ‘n sondige lewe gelei het, het gehoor dat Hy in die Fariseër se huis aan tafel was. Sy bring toe ‘n albaste flessie met reukolie  Luk 7:38  en gaan staan agter Jesus by sy voete en huil, sodat haar trane op sy voete begin drup het. Daarna het sy sy voete met haar hare afgedroog, hulle gesoen en met die reukolie gesalf.

Die Fariseër se reaksie:

Luk 7:39  Toe die Fariseër wat Hom genooi het, dit sien, sê hy by homself: “Hy, as hy ‘n profeet was, sou tog geweet het wie en watter soort vrou dit is wat aan hom raak, dat sy ‘n sondares is.”

Jesus se antwoord:

Luk 7:47  Ek sê vir jou, omdat haar sondes wat baie is, vergewe is, daarom bewys sy baie liefde. Maar hy vir wie min vergewe is, bewys min liefde.”

Vergifnis maak mense vry om God te kan liefhê.

Wie se verantwoordelikheid is vergifnis.

Ons dink baie keer: Here vergewe daardie ou…

Joh 20:23  As julle vir mense hulle sondes vergewe, word dit hulle deur God vergewe; as julle dit nie vergewe nie, word dit nie deur God vergewe nie.

Wat ‘n verantwoordelikheid!

Stigma maak blind

Hierdie Fariseër was onder die indruk dat hy Jesus geëer het, maar:

Luk 7:44  en Hy draai na die vrou toe om en sê verder vir Simon: “Sien jy hierdie vrou? Ek het in jou huis gekom – en jy, water vir my voete het jy My nie gegee nie, maar sy, met haar trane het sy my voete natgemaak en met haar hare het sy dit afgedroog.  Luk 7:45  ‘n Soen het jy My nie gegee nie, maar sy het vandat sy hier ingekom het, nie opgehou om my voete te soen nie.  Luk 7:46  My kop het jy nie eens met olie gesalf nie; sy het my voete met reukolie gesalf.

Water

Water is ‘n teken van lewe.

Jes 44:3 Ek sal volop water gee op die dorsland, strome op die droë grond. Ek sal my Gees uitgiet op jou kinders, my seën op jou nakomelinge.  Jes 44:4  Hulle sal uitspruit soos gras in die veld, soos wilgerbome langs waterlope.

Wanneer ons die stigma van mense afhaal kan die Here hulle met lewende water verfris. Ons kan letterlik die rigting van geslagte verander deur om aan mense die voordeel van die twyfel te gee.

Die wet sal altyd in ons pad probeer staan, maar onthou ons het niks om te beskerm nie!

Heb 8:12  Want Ek sal barmhartig wees oor hulle ongeregtighede en aan hulle sondes en hulle oortredinge nooit meer dink nie.

Is die kerk ook al op daardie plek teenoor die res?

Trane

Stigma maak ons so blind dat ons nie meer met mense medelye kan hê nie.

Is die wette wat op jou hart geskryf is vir jou belangriker as die pyn van mense om jou?

Het jy jouself iewers aangestel as die morele kompas van mense en toe blind geraak vir hulle trane.

Soen

In Hebreeus: Nashag wat beteken om saam te voeg. Dit het sy oorsprong as ‘n militêre woord wat beteken dat baie saam as een veg. Dit kan ook beteken om gereed te maak vir die stryd.

Toe hierdie vrou Jesus soen het sy Hom voorberei vir die stryd wat sou aan die kruis wat sou kom.

Dit kan ook kom van nasa’q wat beteken om ‘n vuur aan te steek.

Wanneer ons die stigma van mense afhaal vat ‘n nuwe passie gewoonlik in hulle binneste vlam. Hulle gaan steeds ‘n stryd hê om te stry, maar die vraag is: Is ons daar om saam te staan?

Salf

Die woord mashach het beteken om iemand te herinner dat hy ‘n spesiale plek en doel het deur hom met olie te salf.

Dit was ook ‘n simbool dat God jou sal help.

Laat ons nog die om ons voel asof hulle ‘n spesiale doel het?

Vertrou ons nog die Here om hulle te help of voel ons dat ons, ons kerke moet beskerm deur ‘n stigma om hulle nekke te hang?

Similar Posts

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *