Die pad na ‘n nuwe bestemming (Deel 1)

Jy droom daaroor.

Jy fantaseer oor dit.

Diep in jou hart weet jy daar is meer wat jy uit die lewe kan kry.

En daardie besef knaag aan jou.

‘n Storm van onrus in jou hart wat net nie wil gaan lê nie.

Jy weet dalk nie wat jou meer is nie, maar die begeerte is daar.

Jy reik daarna uit al weet jy nie eers presies waarna jy strek nie.

Al wat jy weet, jy is nog nie daar nie.

Gen 1:26 En God het gesê: Laat Ons mense maak na ons beeld, na ons gelykenis, en laat hulle heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en die vee en oor die hele aarde en oor al die diere wat op die aarde kruip.

…en laat hulle heers…

Het jy al hierdie stem stil gemaak met die woorde: Ek behoort dankbaar te wees vir wat ek het?

Jy troos jou hart vir ‘n oomblik dan staan daardie verlange na jou meer weer op!

Wat is die Vader se wil vir jou?

Gen 1:26 En God het gesê: Laat Ons mense maak na ons beeld, na ons gelykenis, en laat hulle heers

Daar wag ‘n groter impak vir jou!

Jy kan ‘n groter voetspoor in jou omstandighede trap gedurende jou kort tyd hier op aarde!

Hoe lyk meer?

Dit is krities belangrik vir jou en my om te weet hoe die meer van ons lewe moet lyk.

Ons moet presies weet wat om na te jaag anders probeer ons net om ons huidige situasie groter te maak.

Dit steel fokus.

Kyk oor jou horison

Voordat Columbus in 1492 vanuit Spanje met sy seilboot vertrek het, het die Spanjaarde geglo dat die wêreld plat was en dat hulle land die laaste grond op aarde was.

Inteendeel op hulle muntstukke het die Latynse woorde verskyn: ne plus ultra.

Dit het beteken: Niks meer verder nie.

Hulle het geglo daar is nêrens om heen te gaan anderkant Spanje nie.

Is ne plus ultra dalk iewers op jou hart gegraveer?

Het jy groter potensiaal, maar jy skuil steeds agter die grense wat jy vir jouself daar gestel het?

Leef jy in frustrasie omdat dit wat jy daagliks doen jou nie meer stimuleer of vervul nie?

Tot en met 1492 het niemand die Amerika’s gaan soek nie omdat hulle deur vrees vir die onbekende verlam was.

Rom_8:15  Want julle het nie ontvang ‘n gees van slawerny om weer te vrees nie…

In die ou dae het die Amerikaners slawe lojaal gehou deur hulle te laat glo dat hulle omstandighede maar net hulle lot in die lewe is.

Hulle is geleer om te aanvaar dat dinge nooit beter gaan raak nie.

Hulle is geleer om die beste van die slegste omstandighede te maak.

Hulle wil is in plek gehou deur hulle met swepe te slaan, verhongering en konstante uitputting.

Hulle was gemartel totdat oorlewing hulle enigste mikpunt geraak het.

Hulle moes af kyk wanneer hulle meesters met hulle gepraat het en was so geïndoktrineer om hulle visie vir hulle lewe te ruil daarvoor om van dag tot dag te leef.

Het more vir jou so groot geraak dat jy nie meer oor oormore kan droom nie?

Die mense om ons

Somtyds leef die mense wat ons lief het in ne plus ultra mode.

Wanneer ons met hulle drome deel en hulle het nie ‘n visie vir meer nie, maak hulle negatiewe opmerkings ons moedeloos.

Sommige vriende vrees dat jy onder hulle uit sal groei en dat daar nie meer spasie in jou lewe vir hulle gaan wees nie. Onbewustelik begin hulle om jou terug te hou.

Die probleem met ne plus ultra is dat die mens se natuur ons dryf om meer van die lewe te verwag.

Ontdek ‘n Plus Ultra lewe

Gen 1:26 En God het gesê: Laat Ons mense maak na ons beeld, na ons gelykenis, en laat hulle heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en die vee en oor die hele aarde en oor al die diere wat op die aarde kruip.

Toe Columbus terug kom was die hele Spanje verbaas en ontnugter. Verlee moes hulle erken dat daar toe tog meer was.

Daar word vertel dat Alexander die Grote een dag in trane was omdat hy geglo het daar is nie meer wêrelde vir hom om in te neem nie.

In hierdie wêreld is daar altyd meer…

Om verby die gewone middelmatige leefstyl te kom moet jy jou lewe met die Here se doel vir jou belyn.

Die vraag is: Wat is jou Plus Ultra?

Wat is jou meer?

Niemand kan wen deur net te verdedig nie

Rugby spanne het offensiewe en defensiewe spelers.

Ons veg defensief teen omstandighede wat ons ontmoedig, maar neem nuwe grond offensief in.

‘n Lewe wat leef vir bestemming is nie maklik nie.

Ek moet oor ‘n mate van veglus beskik.

Soms is, net om by die werk te kom as die brandstof op is, ‘n stryd.

Ons moet veg teen twyfel en vrees.

Ons het almal haters, opstokers, leuenaars en die wat ons verraai wat ons moet oorwin.

Ek het ook al nagte deur met myself geveg…

Die persoon wat sommer opgee na ‘n terugslag het nie meer sy oog op sy bestemming nie.

Vrees maak dat mense geleenthede opgee.

They don’t want to get knocked down so they back down!

Albert Einstein se ouers wou hom in ‘n spesiale skool gesit het omdat hulle gedink het hy was onder gemiddeld!

Die eerste keer wat hy by die Switserse Federale Politegniese Skool aansoek gedoen het, het hy al die toelatings vraestelle behalwe Wiskunde en Wetenskap gedruip en kon eers weer die volgende jaar aansoek doen.

Vandag is hy die standaard van: Genius

Mense soos Einstein slaag omdat hulle weier dat mislukkings hulle uit rangeer.

Die sleutel wat die deur na jou bestemming oop sluit is jou gewilligheid om weer en weer op te staan.

‘n Groot akker boom is niks meer as ‘n akker wat geweier het om sy grond op te gee nie…

Wie is jy?

Die Here het aan jou alles gegee wat jy nodig het om by jou bestemming uit te kom.

Al wat kortkom is ‘n behoorlike bou druk vir jou toekoms.

In die res van hierdie reeks gaan ons jou help om by daardie blou druk uit te kom.

Grootheid inspireer grootheid.

Kreatiwiteit inspireer kreatiwiteit.

Hou jou oog op mense wat jou inspireer.

Arende kan die opwaartse lugstrome sien en lê so lang afstande moeiteloos af.

Ek weet jou bestemming voel vêr, maar arende sien daar hoog bo die geleenthede raak voor ons hier onder.

Die geheim: Gebruik die lugstrome (Dit wat God jou reeds gegee het), om hoog en vêr te gaan.

Jou bestemming is alreeds in jou hart.

Asem die visie wat God vir jou het in, maak dit jou suurstof en jy sal alles bereik wat jou skepper vir jou bedoel het.

Gen 1:26 En God het gesê: Laat Ons mense maak na ons beeld, na ons gelykenis, en laat hulle heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en die vee en oor die hele aarde en oor al die diere wat op die aarde kruip.

Similar Posts

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *