Titel: Die pad na ‘n nuwe bestemming (Twee)

Wie hou van trappe?
Toe ek nog ‘n kind was, was trappe nie vir my ‘n roete na hoër hoogtes nie, maar een groot struikelblok.
Hulle het my eenvoudig moeg en ongeduldig gemaak.
Ek het die trappe twee, twee gegroepeer en wanneer daar ouer persone voor my op die trappe was, het ek vinnig verby geglip en na bo gestorm.
Een dag het ek behoorlik my as af geval en die rowe op my knieë het my nuwe respek vir die trappe gegee…
Daardie dag het ek geleer elke trappie is belangrik.
Niemand hou van trappe nie, maar soms is dit die enigste roete na hoër hoogtes.
Ps 37:23 The steps of a good man are ordered by the LORD: and he delights in his way.
Hier impliseer die Engelse woord: “steps”, ‘n proses.
Ons praat in hierdie reeks oor bestemming wat soms nog vêr is, maar die Here bepaal die prosesse wat ons daarheen neem.
Elkeen van ons het areas in ons lewe waar ons nog op die eerste vloer staan. Op die eerste vloer is al die basiese dinge wat ons nodig het. Ons is tevrede daarmee totdat ons die trappe raak sien en skielik is die nuwe, die meer wat daar bo wag onweerstaanbaar.
Trappe praat van nuwe dinge, nuwe ervaringe, ‘n nuwe pad na daardie bestemming waarna ons hunker
Maar die trappe is so steil? Trappe maak die lewe nie moeiliker nie, dit kry ons gereed vir iets nuut.
Daar is ‘n verskil tussen buffels en beeste. In die oop veld wanneer daar ‘n storm aan kom probeer die beeste onder die storm uit hardloop. Uiteindelik haar die storm hulle in, maar dan is die trop reeds besig om saam met die storm te hardloop en so bly hulle langer onder die geweld van die storm. Buffels hardloop eer na die storm en voor jy jou oë kan uitvee het hulle in en deur die storm gestorm. Oomblikke later wy hulle weer rustig tussen die nat gras in die son.
Suksesvolle mense weet dat besluite wat gebaseer is op korttermyn gemak is, ‘n misleidende kort pad is wat jou nat en droewig agter laat.
Respekteer die proses en vestig orde
Kol 2:5 Want al is ek ook na die vlees afwesig, tog is ek by julle in die gees, en ek verbly my om julle goeie orde te sien en die vastigheid van julle geloof in Christus
Wat beteken orde: Om dinge op hulle regte plek teenoor mekaar te sit. Dit impliseer om verwarring te elimineer sodat ek die volgorde van groei kan raak sien.
Wanneer iets stukkend is sê ons in Engels: It is out of order…
Om orde in jou lewe te vestig is essensieel om by jou bestemming uit te kom.
Hoe het alles begin?
Gen 1:2 En die aarde was woes en leeg, en duisternis was op die wêreldvloed, en die Gees van God het gesweef op die waters. Gen 1:3 En God het gesê: Laat daar lig wees! En daar was lig.
Waar die Gees van die Here is, kom daar eers orde en dan Lig. (Helderheid en insig)
Wanneer daar orde in jou lewe is word jy elke dag wakker met ‘n verwagting en die dapperheid om nuwe dinge aan te pak.
Jy staan op met fokus want jy het ‘n agenda!
Wanneer jy wakker word met ‘n rede en doelwitte het jy outomaties die dryf om jou dag aan te pak.
Jy sien so uit na vandag dat die probleme van gister skielik klein lyk.
Skielik raak terugslae net kommas in jou lewe…
Respekteer jou opofferings
Gee vir ‘n slag erkenning aan jou opofferings…
Dan staan daar in jou ‘n **nuwe selfvertroue** op en jy weet dat jy op die plek is waar jy behoort.
Gee aan jouself krediet vir die pad wat jy tot hier toe gestap het!
Geduld met die proses
Hoekom is alles ‘n proses?
Wanneer dinge om ons uit mekaar val is ons so benoud dat ons haastig raak met die prosesse in ons lewe.
In ‘n oomblik haal ons, ons oë van die horisonne van ons lewe af en begin na af kyk.
Ons fokus skuif van lewe na oorleef en ons begin ‘n aptyt vir korttermyn suksesse ontwikkel.
Jes 28:16 daarom, so sê die Here HERE: Kyk, Ek lê in Sion ‘n grondsteen, ‘n beproefde steen, ‘n kosbare hoeksteen wat vas gegrondves is; hy wat glo, sal nie haastig wees nie.
Jy is dalk in ‘n tyd van jou lewe waar niks uitwerk soos wat jy gehoop het nie.
Hang in there!
Om op ‘n visie te fokus beteken om te sien wat nog nie gerealiseer het nie.
Dit is OK as jy nog nie dit waarop jy gehoop het kan sien nie. Daar IS ‘n groter prentjie, ‘n plan met jou lewe.
Moenie moedeloos raak as niemand jou verstaan nie.
Hoewel die Bybel sê die Here orden die treë van die regverdige soek meeste van ons die hysbak in plek van die trappe!
In die tye wat dit moeilik gaan in die gemeente het ek nie verstaan dat terwyl ek die gemeente probeer bou, bou die Here ‘n man, nie.
Wanneer jy meer van die Here vra aanvaar dat daar meer orde in jou lewe gaan moet kom.
Hoe skep ek orde?
Prioritiseer, fokus, ignoreer.
Begin deur prioriteite vas te stel en dan daarop te fokus.
Leer dan om die dinge wat jou tyd en energie steel, te ignoreer.
Die Here het elkeen van ons gemaak met beperkte hulpbronne, tog het elkeen van ons so baie rolle. (Familie, werk, besigheid, gemeenskap, ens.)
Ons kan onmoontlik nie aan alles ewe veel aandag gee nie.
Aan die einde van die dag sal een van daardie areas aan die kortste end trek, maar maak net seker die selfde area nie elke dag skade lei nie.
Die lewe het ‘n orde en ‘n ritme en daarom is dit belangrik dat jy nie die seisoene van jou lewe mis waarin jy die meeste produktief is nie. Dit gebeur so maklik.
Dit gebeur wanneer ons vir te lank op een spesifieke prioriteit fokus.
Staan elke dag van jou lewe op met ‘n plan wat jy die vorige aand gemaak het.
Vind jou doel
Jy is met ‘n rede geskep.
Jer 29:11 Ek weet wat Ek vir julle beplan, sê die Here: voorspoed en nie teenspoed nie; Ek wil vir julle ‘n toekoms gee, ‘n verwagting!
Vind daardie rede en jaag dit na met ‘n passie!
Herinner jouself gereeld dat jy ‘n doel en ‘n bestemming het.
Sonder daardie rede sal jy gedurig leef soos iemand wat op “life support” is. Hulle leef nie, hulle bestaan net.
Onthou
God se doel vir jou kan nie in Chaos manifesteer nie.
Jy kan ook nie daarby uitkom as jy kort, kort jou fokus verloor nie.
‘n Lewe ruk nie hande uit as gevolg van omstandighede buit beheer nie, maar as gevolg van skewe prioriteite.
Die Gees van die Here bring orde, maar dit neem tyd.
Die sleutel is om te begin!
Jou hoogste prioriteit is jou afspraak met jou bestemming!