Die pad na jou Super power

Dit is baie moeilik om ‘n mens te wees.

Anders as diere is ons nie geprogrammeer nie.

Diere is nie ten volle geprogrammeer nie, maar meer as ons deur hulle instinkte.

‘n Luiperd staan nie op in die oggend en vra: Wat moet ek vandag doen? nie.

Ons het daardie leegheid binne ons en ons weet nie waarmee om dit vol te maak nie…

Ons voel onseker en wanneer ons nie weet hoe om dit vol te kry nie is ons enigste uitweg: Verbruik, verbruik, verbruik…

Van koop tot ure se videos op You tube.

Ons word wakker in die oggend en ons eerste gedagte is: Wat gaan ek doen vandag?

Dit beteken daar is ‘n vakuum in ons, ‘n vakuum wat ons op een of ander manier moet vol maak.

Daardie leegheid en onsekerheid maak ons rusteloos.

Hoe hanteer ek hierdie leë gevoel?

Hoe kan Dawid sê?

Ps 23:5  U maak my hoof vet met olie; my beker loop oor.

Wat is die doel van hierdie leegheid?

Hierdie leegheid lei my, dryf my na ‘n vervullende lewens doel.

Dink hoe lekker is dit om in die oggend op te staan en te weet wat om te doen… om te weet hoe jou eindpunt gaan lyk.

Dink aan daardie oomblik wanneer vervulling nie net ‘n woord op die horison is nie, maar ‘n beker wat oorloop!

Jou keuse

Gaan ek tyd volmaak met sinnelose dinge of gaan ek daardie rusteloosheid in my gebruik om iets ongelooflik met my tydjie hier op aarde te doen.

Die miljoen dollar vraag

Hoe kom ek daar?

Die pad tot hier

Gaan luister:

  1. Daar is meer. Die pad na ‘n nuwe bestemming (Deel 1) – Agapé Gemeente
  2. Die trappe na bo. Titel: Die pad na ‘n nuwe bestemming (Twee) – Agapé Gemeente

Hoe kry ek my Verhoudings, geldsake en gedagtes in pas met my bestemming?

Prioritiseer

In my sak het ek verskillende sleutels.

  1. My huis se sleutel gee aan my toegang tot ‘n rustige gemaklike bestaan wanneer ek nie by die werk is nie.
  2. My Kluis se sleutel gee aan my toegang tot alles wat duursaam en kosbaar vir my is.
  3. My Motor se sleutel gee aan my toegang tot ‘n gemaklike luukse rit en sommer baie nuwe plekke en ervaring.
  4. My werksplek se sleutel gee aan my toegang tot betekenis in my lewe.
  5. En wanneer ek teen 300 km/h om die resiesbaan wil ry is die een my Repsol Honda motorfiets se sleutel. Dit gee toegang tot opwinding.
  6. Sjokolade is een van die sleutels tot Charmaine se hart…

Die prioriteite in ons lewens is soos sleutels vir die kwaliteit lewe wat ons ervaar.

Matt 6:33  Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word.

Die woordjie eers wys vir ons daar is ‘n volgorde wat ons na al hierdie dinge kan lei.

Ps 27:4  Een ding het ek van die HERE begeer, dit sal ek soek: dat ek al die dae van my lewe mag woon in die huis van die HERE, om die lieflikheid van die HERE te aanskou.

Wat gebeur dan?

Wanneer ek die volgorde van die prioriteite in my lewe verstaan en volg voel ek vervuld met en trots op al my keuses.

Dan verkort die leeftyd van frustrasies na ‘n oomblik en ek voel vervuld…

Ek is gelukkig al eet ek op date night koue pizza of dra nie ‘n handsak met ‘n naam nie…

Hoe weet ek wat bly en wat moet gaan?

Vind uit wat verkwik jou, wat maak jou sterker of wat dreineer jou energie.

Ps 23:3  Hy verkwik my siel; Hy lei my in die spore van geregtigheid, om sy Naam ontwil.

Verkwik in Hebreeus (Shub) – Dit beteken ek voel weer asof ek weer by die wegspringplek van die resies staan. Dit praat van energie, afwagting en ‘n verwagting na ‘n nuwe wen.

Kan jy jou prioriteite van voluit en stabiliseer dit wat jy doen jou gedagtes?

Die regte prioriteite anker jou gemoed en neem spanning uit jou lewe weg al is hulle ‘n uitdaging…

Finansies

Vorm jou finansiële prioriteite so dat hulle vir jou die vryheid bring om ten alle tye die wil van die Here te kan doen.

Hoe meer vryheid van keuses jou finansies vir jou bring hoe beter is hulle geprioritiseer.

Jou prioriteite moet toe laat dat klein geleenthede groei tot groot hulpbronne en vryheid.

Jou drome

Mense wat onder hulle potensiaal leef voel gedurig dat die lewe hulle versmoor.

Die regte prioriteite kom altyd met die regte belonings op die beste tyd.

1Kor 3:8  Die een wat plant en die een wat natgooi, staan op gelyke voet: God sal elkeen beloon volgens sy werk.

Drome gee aan ons ‘n rede om te bestaan, prioriteite maak daardie rede ‘n realiteit!

Verhoog jou IK en EK

Sonder prioriteite raak die dinge wat belangrik is uit fokus.

Die wonder van kreatiwiteit kom van konneksies wat ons gedagtes maak.

Chaotiese gedagtes skep ‘n verbeeldinglose gemoed.

So ‘n gemoed begin om kleiner en kleiner te dink om kop bo water te hou.

Hierdie persoon se gedagtes vorm ‘n tronk en sy Gewone en Emosionele intelligensie krimp.

God is Groot en Sy kinders is bestem vir ‘n groot vervulde lewe.

Psa 23:5  U maak my hoof vet met olie; my beker loop oor.

Similar Posts

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *