Hoe kry ek my lewe eenvoudiger?

  1. Waar is my fokus heen? Ons is in ‘n konstante oorlog… ‘n Geveg teen onsekerheid. In Engels praat ons van: The fog of war… Is jou denke mistig? Die tsunami van inligting maak selfs eenvoudige keuses amper onmoontlik. Spr 29:18  As daar geen openbaring*(chazon = Visie)* is nie, word die volk bandeloos*(paw-rah = verwilder, verloor doel, verloor hulle klere (roeping), begin weier…)*; Verlang jy ook na ‘n stem, ‘n anker in hierdie verwarring? ‘n Visie wat praat is daardie anker!
  2. Wat is ‘n lewens-visie? Dit is ‘n helder prentjie van die toekoms waarna jy verlang. Ons verbeelding is die fondament van daardie prentjie. Dit help jou om anderkant die onmiddellike krisisse en sorge te sien. Dit laat jou droom oor wat moontlik is. Sonder verbeelding is die volgende vers nie moontlik nie: Heb 11:1 Om te glo, is om seker te wees van die dinge wat ons hoop, om oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien nie. Oortuig = Jou gedagtes kan sien wat jy glo! Sonder jou verbeelding is jou gedagtes beperk tot jou verlede! Jy dink dalk: My gedagtes laat my juis struikel?
  3. Hoekom hou ek aan om te struikel? Baie mense strompel net deur die lewe want hulle het nie ‘n plan nie. Almal gaan êrens, maar min mense gaan êrens met ‘n doel. Visie inspireer dissipline. Sonder ‘n sterk visie is daar geen rede vir dissipline nie. Dissipline kom nie van wilskrag nie, maar van Visie! Spr 4:23 Bewaak jou hart meer as enigiets anders, want uit dit is die oortreffende waarheid van die lewe.
  4. As my lewe net eenvoudiger was? ‘n Lewens visie vereenvoudig Alles want dit is in beheer van ons keuses. ‘n Visie is die skeidsregter van jou gedagtes. Sien jy moeilik die pad uit? Visie laat jou deur die mis in jou gemoed kyk. Visie maak jou verbeelding vry en gee rigting aan jou drome. Maar wat as ek nie suksesvol is nie?
  5. Sien die lokval. Visie wys jou, jou bestemming. Dit gee aan jou ‘n adres! Jy is nou nie meer ‘n drifter nie… As ‘n pakkie nie jou adres het nie is dit maklik om nee te sê. Pakkies soos: Jy misluk altyd. Jy sal dit nooit maak nie. Hierdie pakkies het soms die mooi lint van vriendskap op… Sonder visie maak mense ALLE pakkies oop!
  6. Hoe sien ek dan agter my horisonne? Hoe helderder die visie, hoe minder die opsies hoe makliker is dit om by die bestemming te kom. Die geheim: Sê nee vandag sodat jy later op die regte oomblik ja kan sê. Wanneer jy ‘n visie het van met wie jy eendag wil trou, sê jy nie ja vir enige een wat verby kom nie. Wanneer jy ‘n visie vir jou gesondheid het, gee jy makliker daardie 10e sjokolade op… Hoe helderder die visie, hoe minder die opsies. Visie gee rigting in die mistigheid.
  7. Josef kry ‘n helderkleurige kleed. Hy bewonder al hierdie helder kleure. Hy kyk na sy drome deur die oë van sy huidige realiteit. Sy kleed word afgeskeur! Hy beland op plekke waar hy van al sy sekuriteite gestroop word. Daar leer hy om met ander oë, gees geïnspireerde oë te kyk. In die tronk leer hy hoe om drome uit te lê. Hy leer hoe om van drome visies te maak. Dan verhoog die Here hom… Daarna sien hy eers sy doel raak… Kan jy sien?

Similar Posts

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *