Niemand sterf van ‘n slang byt nie…

Wanneer jy verander hoe jy na dinge kyk, verander die dinge waarna jy kyk. – Albert Einstein

Kyk weer op TV het ons geleer dat wat ons die eerste keer sien, nie noodwendig korrek is nie.

Die grootste fundamentele besluit wat jy ooit in die lewe gaan maak is: Leef ek in ‘n vriendelike of vyandige heelal?

Is daar ‘n glimlag of ‘n gevaarlike frons op my God se gesig?

Is sy hart en sy mense vol teëstand en woede en is dit al wat jy sien.

Want: As dit is wat jy sien, is dit presies wat jy vir jouself gaan skep!

Verbeel jouself:

Jy staan in jou huis met jou motor sleutels in jou hand.

Skielik gaan die ligte af.

Jy kan niks sien nie en terwyl jy in die donker rond tas val jou sleutels op die grond.

Jy probeer, maar voel hulle nie raak op die vloer nie.

Stadig maar seker vind jy uit dat jy hulle nooit in die donker gaan vind nie.

Deur die venster kan jy sien die straat ligte is aan.

Jy kry ‘n briljante idee en besluit:

Ek gaan nie hier in die donker sukkel nie, ek gaan daar onder die straat ligte soek…

Jy kyk oral in die staat vir jou sleutels totdat jou buurman later vra: Wat doen jy hier in die koue?

Ek het my sleutels verloor.

O, OK ek sal jou help soek…

Na ‘n lang gesoek vra hy: Waar presies het jy jou sleutels verloor?

Wel ek het hulle in die huis laat val, maar daar is nie lig om te soek nie.

Hy sê diplomaties: Maar dit maak nie sin nie.

Jy antwoord: Dit maak ook nie sin om in die donker huis te soek nie.

Dit is presies wat ons doen wanneer ons ‘n probleem in ons hart of gemoed probeer oplos.

Ons het ‘n probleem binne kant, maar ons kyk buite onsself!

Dit is soos om dokter toe te gaan en al jou simptome te verduidelik…

Hy skryf vyf voorskrifte en sê: Ek sal die een vir jou dogter, die een vir jou Man, die een vir jou baas en die een vir jou politieke party gee…

Soms wanneer ons ‘n uitdaging het, verwag ons dat iemand anders verander, want:

As hulle verander sal my omstandighede verander!

Waarvan praat ek?

Ek praat van die persoon vir wie jy geld geleen het wat jou nooit terug betaal het nie.

Ek praat van die persoon wat jy naby jou toegelaat het wat jou misbruik het.

Daardie persoon wat uitgestap het en jou vir iemand anders gelos het.

Hulle wat jou oordeel omdat hulle nie verstaan nie.

Oor al die dinge in jou lewe waar jy voel jy het die reg om bitter te wees.

Waaroor waarsku ek?

Bitterheid sal jou altyd die seerste maak.

Want bitterheid eindig in desperaatheid.

Niemand gaan dood van ‘n slang byt nie.

Dit is die gif, na die byt wat jou op die ou end vernietig.

Efesiërs 4:31-32 Laat alle bitterheid en woede en toorn en geskreeu en lastering van julle verwyder word, saam met alle boosheid.

Alles begin by hoe ons dink

Spreuke 23:7 Want soos hy in sy siel dink, so is hy…

Ek word dit wat ek dink!

‘n Belangrike beginsel: Bitterheid maak ons vas aan dinge. Dit is ‘n tronk.

Hoe lyk dit daar buite? (die tronk)

Kweek ‘n gemoed wat oop is vir alles maar aan niks vasgeknoop in nie.

Ek glo niemand weet genoeg om ‘n pessimis te wees nie.

Ons het gesê dat bitterheid kweek desperaatheid.

Desperaatheid is ‘n vakuum van hoop. ‘n Plek waar die son nie skein nie. Daar waar hoop verdwaal het.

Wat is moontlik?

Wanneer ons, ons gemoed toemaak vir wat moontlik is, maak ons die “Genius” wat in ieder en elk van ons is, dood.

Maak jouself weer oop vir jou potensiaal en dit wat moontlik is.

Enige iets en alles is moontlik!

Hoe lyk die koninkryk?

Matteus 19:26 (DBV 2020) Jesus kyk hulle toe reguit aan en sê: By mense is dit onmoontlik, maar by God is alles moontlik.

Wat beteken dit?

Meeste mense wat ek ontmoet spandeer hulle lewens op die uitkyk vir geleenthede om aanstoot te neem.

Dit is amper asof hulle hoop hulle vind ‘n Rede om aanstoot te neem.

‘n Gemoed wat oop is vir alles maar aan niks vasgeknoop in nie is een wat sê ek het blind geraak vir dinge wat my aanstoot gee.

Nou, die hoogtepunt:

Moet nie sterf met die musiek steeds in jou nie

In die ou tyd het soldate op die vyand af marsjeer op die ritme van ‘n drom.

Thoreau het gesê: Elkeen van ons hoor ‘n ander drommer en ons moet op die ritme van die musiek wat ons hoor aan stap.

Elkeen het musiek in hom.

Elkeen van ons het ‘n dapper missie in ons hart.

Elkeen van ons het met ‘n doel in hierdie wêreld in gekom.

Die Gees van die Here en die Plan van die Here woon in elkeen van ons.

Te veel van ons is bang om na daardie musiek te luister en daarop te begin dans.

Dalk is daar ‘n boek, ‘n besigheid, ‘n bemoediging, begrip, ‘n besluit ‘n belofte of ‘n bediening in jou…

Wie weet wat nog alles in jou hart weggesteek is?

Elkeen van ons voel iets!

Wil jy eendag op jou sterfbed vra: Wat as alles anders kon gewees het?

Ek weet wat my musiek is… dit speel nou… as ek hier voor julle staan…

Ek voel ek het ‘n doel en ek voel vervuld wanneer my musiek speel…

Wat jou musiek ook al is, moet nie by die end van jou lewe kom met die besef dat jou musiek nooit gespeel het nie.

en…

Neem nooit aanstoot nie…

Similar Posts

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *