‘n Vriend van die Koning

Tema: ‘n Vriend van die Koning

.Baie mense loop in en uit jou lewe, maar slegs goeie vriende los voetspore in jou hart.

Joh 3:29 Die een wat die bruid het, is die bruidegom, maar die vriend van die bruidegom wat daar staan en na hom luister, is baie bly oor die stem van die bruidegom.

Vandag leer ons die etiek van vriendskap met die Koning. Op die dag toe Jesus Sy laaste asem aan die kruis uit blaas het ons status verander. Van Slawe tot vriende van die Koning. Kom luister hoe daardie ewige vriendskap elke aspek en faset ons ‘n lewe kan aanraak. Kom laat vandag toe dat Hy diep, diep spore in jou hart trap…

Datum: 9 April 2023

Wanneer wen stress?

Tema: Die oorsprong van Stres (Wanneer wen stres?)

Dit is nie die berg voor jou wat jou kaput maak nie, dit is die klippie in jou skoen…

Daar is hoop vir jou want: Groot stress het gewoonlik ‘n klein oorsaak…

William W. Purkey het gesê: Dans asof niemand kyk nie, Sing asof niemand luister nie en Kry lief asof jy nog nooit seer gekry het nie. In hierdie aanhaling lê die geheim van vrede. Luister na die video en ontek daardie vrede wat alle verstand te bowe gaan, ontdek die nuwe Jy!

Datum: 2 April 2023

Tema: Geheime in die geheime plek… (‘n Tweede kans)

Intimiteit tussen Vader en kind knak in die tuin van Eden en Adam antwoord:
Gen 3:10 – Ek het U in die tuin hoor beweeg, en ek was bang, want ek is naak; toe het ek weggekruip.

Die gevalle natuur in elke mens sal altyd maak dat ons hunker daarna om weg te kruip. Net soos ‘n goggatjie krimp ons in mekaar en speel dood wanneer ons met die grootheid van Sy teenwoordigheid gekonfronteer word.

In hierdie video leer ons die woordeskat van intimiteit. Ons ontdek hoe om die kleed van vyeblare uit te trek en kry weer daardie dapperheid om met deursigtige harte voor die Koning te kan staan.

Begeer jy meer van Sy teenwoordigheid: Matt 5:8 Gelukkig is dié wat suiwer van hart is, want hulle sal God sien.

Datum: 26 Maart 2023

Tema: Haak jou plan aan God se strategie

Iemand het eendag gesê:
‘n Spieël het geen takt nie…

Het jy al ooit ‘n spieël vermei? Soms voel ons so asof ons vir onsself wil weghardloop, net omdat ons nie weet hoe om die Here te laat glimlag nie. Inteendeel ons wonder of Hy ooit oor dit wat ons doen en is, sal glimlag…

Vandag kyk ons na daardie planne wat Hom trots op ons sal maak.

In hierdie reeks behandel ons die vyf lewens doele waarop ons, ons eie storie vir Hom sal kan skryf. Ons eerste lewensdoel is: Ons is vir Sy genot geskep.

Kom leer hoe hierdie perspektief jou liefde suiwer en maak dat jy nooit weer onbeduidend hoef te voel nie.
Datum: 19 Maart 2023

Tema: Sien jou deur Hom…

Anaïs Nin het gesê:
We don’t see things as they are,
we see them as
we are.


Wanneer ons in ons soeke na vervulling oor ons skeppings doel peins, help dit om by die Bybel se metafore vir ons lewe te begin. Hierdie video lig die eerste twee van drie tussen die letters van die woord vir ons uit.
Datum:12 Maart 2023