Die pad na geestelike vervulling

Siek en sat…

‘n Vriend van die Koning…

Te goed om waar te wees?

Teen die wind…

Hardloop saam met die reuse

Hoe vind ek myself weer?

Gebruik die energie van jou storms

Die eerste gelykenis…

Hoop is ‘n gewoonte, waarin spesialiseer die Here?

Die brug tussen onmoontlik en moontlik

Geen uitdaging: Geen verandering

Wat kan die Here met skade doen?

Waar het geloof deur jou vingers geglip?

Die angel van beheer…

Mary Jo Putney: What one loves in childhood stays in the heart forever.

Reeks: Emosioneel Intelligent

Margaret Young – Soms leef mense hulle lewe agterstevoor om: Hulle maak eerste skatte bymekaar vir meer vryheid, maar eintlik werk dit net anders om. Vind eers uit wie jy is voordat jy kan doen wat jy graag wil doen en kan kry wat jy begeer.

Ons gaan waar ons kyk

CS Lewis het gesê: Dankbaarheid kyk na die verlede, liefde kyk na die hede en vrees kyk angstig na die toekoms
Is dit nie waar nie? Soms dra ons soveel angs in ons rond wanneer ons aan môre dink.

Ek dink dat vrees in ons gedagtes groei wanneer ons een of ander belofte van die Here aan ons, mis verstaan. In hierdie video sal jy die vyf beloftes wat ons die maklikste verkeerd verstaan, ontdek en leer hoe om vir eens en altyd daardie deure van vrees in jou hart toe te sluit.

Hierna sal jy weer die dapperheid vind om môre vierkantig in die oë te kyk, want dit is mos waar dat ons voete ons oë volg. Ja, jy het reg gehoor: Ons gaan waar ons kyk!

Kom was jou hart van onsekerheid en leer die fynere nuanses van gesonde selfvertroue ken sodat alles waar jy jou hand aan slaan suksesvol sal wees.

Lekker kyk en luister…

Vorige Reeks

Iemand het eendag gesê: Die Here gaan nie eendag navraag doen oor jou grade, diplomas of medaljes nie, maar na jou littekens.

Papier mure
Soms voel ons dat daar onsigbare mure om ons is wat die guns van die Here op ‘n afstand hou. Is hulle gemaak van ondeurdringbare beton of dalk net van papier?

In hierdie opwindende reeks kry ons ‘n kykie na die dieper betekenis van daardie geloof wat God groot maak en mense inspireer. Voel jy soms dat jy pyn van al die littekens wat die lewe jou al aangedoen het? Smag jy na daardie geloof wat die gesag dra om jou omstandighede te verander? Wens jy soms dat jy ook vir ‘n slag kan voel dat die Here aan jou kant is? Wil jy graag voel dat die Koning jou raak sien?
Dan is hierdie reeks net vir jou bedoel!