Die geheime van Ps23 – Deel 2

Die geheime van Ps 23 – 2
Ps 23:2 2 Hy laat my neerlê in groen weivelde.
Na waters waar rus is, lei Hy my heen.
In die eerste vers het ons die Here gesien as: My Herder.
In vers twee sien ons Hom as: As die bron van vrede en stilte.
Is neerlê, swakheid of geestelike strategie?
Die tweede geheim: Die geheim van rus…
Wanneer dit voel asof die Here dinge vertraag, is dit soms Sy beskerming.
Stilte is nie die afwesigheid van bestemming nie, maar die voorbereiding daarvoor.
Ons leef in ‘n wêreld wat verslaaf is aan beweging.
Konstante geraas en ‘n eindelose geswoeg.
Ons brand onsself uit met ons fingers.
Konstante scrolling…
Terwyl God sê: Lê neer…
Terwyl Hy sê:
Laat My toe om te restoureer wat jou besige natuur gebreek het.
Laat Ek die stemme stil maak wat met My fluistering kompeteer.
Die weiveld is groen, mits jy lank genoeg stop om dit op te merk.
Die waters is stil, maar slegs wanneer ek jou langs hulle lei.
Soms veg ons gevegte waarheen die Here ons nooit gelei het nie.
Ons hammer aan deure wat die Here lankal gesluit het.
Vandag roep ek jou om jou momentum vir ‘n slag te onderbreek.
Jou gebede voel droog en jou vreugde lek uit want rus is nie opsioneel nie.
Dit is ons geestelike suurstof!
Jou siel is soos die beste selfoon. Hy kan die beste apps hê, maar met ‘n pap battery is net ‘n papier gewig!
Wat beteken: Hy laat my neerlê?
Hy gee te veel om, om toe te laat dat jy onder die druk ineen stort.
Dan forseer Hy: ‘n Heilige stilte.
Ons het laas week oor geheime gepraat, maar dit is wanneer ons neerlê dat Hy Sy geheime in ons ore fluister.
In hierdie stilte openbaar Hy Goddelike strategie vir ons lewe…
Die grootste deurbrake kom nie op die slagveld nie, maar in stil plekke.
Moses op die berg van verheerliking…
Elia in die grot…
Jesus in afsondering…
Hy wag nie om aan jou die antwoord te gee nie, hy wag dat jy stil genoeg raak om dit te ontvang!
Luister jy, of is jy so verslaaf aan momentum dat jy rus met mislukking verwar?
Wanneer die Here uitstel is dit nie straf nie, dit is beskerming.
Kan God nou aan jou gee waarvoor jy vra?
In die groen weiveld voed Hy jou.
Langs die stil waters maak Hy die storms in jou stil.
Dit is nie ‘n terugslag nie, Hy maak jou gereed vir die oorwinning wat kom!
Hierdie rus is nie vir die luiaard nie, die Rus is vir Sy vertrouelinge.
Hierdie rus het geloof nodig…
Vertrou dat Hy jou wêreld kán behartig sonder jou hande op die stuurwiel.
Vertrou dat wanneer Hy sê: Hokaai, dat Hy steeds jou beloftes voor berei.
Vertrou dat jou groen veld seisoen nie die einde van jou impak is nie, dit is die inkubasie daarvan.
Weivelde is plekke van voorbereiding.
Laat Hom toe om jou in vrede in te lei want:
Slegs in vrede kan jy jou doel ontdek.
Die meeste bestemmings word vertraag, nie as gevolg van ongehoorsaamheid nie, maar as gevolg van die doen sonder die wees…
Lê eers terug voordat jy weer opstaan.
Want rus is nie onproduktief nie, dit is profeties…
Volgende keer die geheim van vers drie…