Klein begin is groot gaan

Ons leef in ‘n wêreld waar mense obsessief geraak het met oorvloed.
Die internet het ‘n nuwe groot wêreld vir ons oop gemaak.
In die ou dae het ons winkel toe gegaan en moes regkom met dit wat ons kon kry.
Nou kan ons alles in ‘n oogwink aanlyn koop!
Alles, groot en dadelik – is ons nuwe motto…
Tog voel ons steeds oorweldig.
Alles om ons word groter, maar ons voel kleiner.
Ons emosionele spiere bult, maar ons wiele gly…
Sag 4:10 10 Moenie die dag van klein dinge gering ag nie.
Ons harte skreeu baie keer: Here help, maar wat het Hy nodig?
Nie baie nie, net ‘n gewillige hart
Dink maar aan die seuntjie met die twee vissies en vyf broodjies…
Hy het nie baie gehad nie, maar het gegee wat hy het.
Ek dink hy het dalk gehuiwer om sy middag ete weg te gee.
Sy oë het gerek toe dit in Jesus se hande meer word.
Ons grootste vrees is om te verloor wat ons het, dit is op ons DNA geskryf!
Dalk het hy nie baie nie.
Jy voel dalk nie eers gekwalifiseer nie.
Jy kyk na jou hande en dink heimlik: Wat kan ek ooit verrig?
In Sy hande word ons bietjie, baie!
Ons koning soek nie perfeksie nie, Hy verlang deelname.
Dit is meer as genoeg.
Vir ons Koning maak klein dingetjies saak
Dink aan die skepping. Die kragte in ‘n atoom gee vorm aan die heelal!
Tog haat ons dit om klein te voel.
Dawid het nie oornag koning geword nie.
Wat was sy toekoms se katalisator?
Hy het ‘n groot reus met ‘n klein klippie laat val.
Om in klein dinge getrou te wees is die grootste geloofs toets!
‘n Klein vraag:
Wat doen ek en jy met die bietjie wat ons ontvang het?
Die groot gevaar:
Wanneer ons neerkyk op ons klein vermoë, verlam vrees vir die toekoms ons.
Elke groot leier in die Bybel het hom of haarself iewers onderskat.
Groot dinge ontstaan in die geheim
Jesus, die leeu van Juda, was in ‘n stal gebore!
Moses het skape gelei voordat hy mense kon lei.
Gideon het in ‘n parskuip weggekruip toe die engel hom ‘n magtige held genoem het.
Waar word grootheid gebore?
Jy word dalk mis gekyk, geïgnoreer en voel ongekwalifiseer, maar dit is presies waar groot dinge gebore word.
Waar begin die Here?
Die Here werk in die geheim.
Iewers in jou hart weet jy daar is grootheid in jou!
Elke sekonde van elke dag kies ons waarop om te fokus.
Dit is net daar waar ons, ons eie potensiaal miskyk, ons toekoms vaal en goedkoop maak en ons drome verloor.
Jy en God is Altyd ‘n meerderheid
Die Here verminder Gideon se weermag van 32000 na 300 en hy moes sekerlik dink: Die Here dink nie ek is in staat om ‘n groot mag te lei nie.
Later skreeu sy manne: Vir die Here en vir Gideon en hulle verslaan die Mideaniete.
Wanneer jy met jou laaste idee, jou laaste rand en jou laaste ons energie sit, kry Sy hulp in.
Afhanklikheid word Geloof.
Onthou dit is nie wat jy het nie, maar wie jy het.
Met Hom word jou min, ‘n wapen.
Want
In die Koninkryk van die Here:
- Verskuif ‘n mosterd saadjie berge.
- Daar is die muntstuk van ‘n weduwee ‘n stuk goud.
- ‘n Skaapwagter word koning.
- ‘n Eenvoudige krip word die lêplek van ‘n Koning.