Patrone van Lewe

Wanneer dit met die Here begin… eindig dit in oorwinning!
Wanneer dit met my begin… eindig dit in neerlaag…
Hierdie stelling laat jou dag, jou loopbaan, jou verhoudinge in oorwinning eindig!
Selfs in seisoene waar jy verslae is en verslaan word…
Wanneer dit met die Here begin mag daar winterseisoene wees: ‘n Bloedige kruis. ‘n stil Saterdag, maar dit sal in oorwinning eindig: ‘n Leë graf…
Die treurige gedagte oor Simson was:
Hy was bo-natuurlik gebore. Sy moeder was onvrugbaar.
‘n Engel het sy geboorte vir sy ma aangekondig, Sy pa was nie daar nie.
Later toe sy pa daar aankom, kom die engel weer en se: Hierdie kind is spesiaal: Beskerm hom! Maak hom op ‘n spesiale manier groot, want hy kom van God af.
Wanneer iets van God af kom, moet dit opgepas word…
Later sien ons Simson doen iets ongelooflik met ‘n esel se kakebeen.
Wat hy doen in ongelooflik, maar wat hy volgende doen is eenvoudig belaglik…
Mens sou dink nadat hy die hand van die Here so sien beweeg het, daar net lof en verwondering op sy lippe sou wees.
Hy kyk om hom en daar lê ‘n duisend dooie filistyne en hy haal nog asem…
Rigters 15:15 – En hy het ‘n vars esels-kaakebeen gevind en sy hand uitgesteek en dit gegryp en daarby duisend man doodgeslaan.
Hy doen iets wat ek en jy ook soms doen.
Rigters 15:16 – Toe sê Simson: Met ‘n esels-kaakebeen, ‘n hoop, twee hope! Met ‘n esels-kaakebeen het EK duisend man verslaan!
Met ‘n donkie se kakebeen het ek donkies van hulle gemaak…
God red sy lewe en hy skryf ‘n lied oor iets wat hy self gedoen het!
Na hierdie groot wonderwerk wat die Here gedoen het:
Praat hy oor homself en ‘n kakebeen!
Hy prys die ding eat die Here gebruik het terwyl hy goed geweet het waar sy krag vandaan gekom het.
[Ons maak patrone en resepte van God se werke en vat dan self die eer vir ons goeie planne…]
Dan raak ons so geheg aan kakebene…
Ons dink die ding wat die Here deur ons gedoen het, bewys hoe goed en groot ons is!!
Hy praat van ‘n kakebeen, filistyne, ‘n Duisend dooie filistyne en dan daardie woorde: Wat EK gedoen het, maar…
Waar is God in jou lied?
Jy weet dit was nie die kakebeen nie, jy weet waar jou krag vandaan gekom het, Simson…
Simson, hoekom prys jy die ding wat God gebruik het en nie die oorsprong van jou planne en kragte nie?
Deur die jare was ons so opgewonde oor die gawes van die Heilige gees, maar wat van hom??
Moenie op die kakebene staat maak nie!
Maak staat op die EEN!
Die Here het al soveel dinge vir ons gedoen wat so groot is dat dit nie sin maak nie.
Moenie sing vir die dinge wat nie sin maak nie.
Moenie staat maak op die dinge wat nie sin maak nie.
Moenie getuig oor die dinge wat nie sin maak nie.
Sing oor Hom!
Maak op Hom staat.
Getuig oor Sy karakter!
Moet nie die manier waarop dit gekom het aanbid nie, aanbid die EEN wat dit gestuur het!
Draai jou lied om…
Ek loof nie die kakebeen nie, maar die God van die kakebeen!
Die God wat vooruit geweet het ‘n donkie moet daar sterf sodat die kakebeen daar is…
Wat is die waarheid?
Ek het gegryp wat ek het en die Here het gedoen wat net Hy kan doen!
Wat jy het is genoeg… al is dit net ‘n dooie been…
Jy het dalk nie die regte universiteits graad nie: Gryp wat jy het…
Jy het dalk nie die regte gesondheid nie: Gryp wat jy het…
Jy het dalk nie al die geld wat jy nodig het nie: Wat wil God doen met wat jy het?
Ek het dalk nie die sterkste persoonlikheid nie, maar ek gryp wat ek het…
Jy het nie ‘n beter wapen nodig nie, jy het ‘n gees wat kan aanbid nodig.
Jy het nie meer geloof nodig nie, innoveer met wat jy het!
‘n Kakebeen is nie ‘n goeie wapen nie, maar dit was die wapen wat die Here gegee het…
‘n Onbenulligheid met Hom is beter as die wêreld se beste wapens!
2Kor 10:4 Want die wapens van ons stryd is nie vleeslik nie, maar kragtig deur God om vestings neer te werp…
Wat gebeur met Simson
Hy prys die ding wat hy moet weggooi!
Volgende keer sal die Here ‘n nuwe ding doen… moenie vashou aan jou kakebene nie, hulle gaan nie volgende keer werk nie…
Daarna noem Simson die plek kakebeenshoogte.
Wanneer ons dinge name gee definieer ons funksie en belangrikheid.
Rig 15:18 Daarop kry hy baie dors en roep die HERE aan en sê: U het deur die hand van u kneg hierdie groot verlossing gegee, en moet ek nou van dors sterwe en in die hand van die onbesnedenes val?
Hoor wanneer kom sy voorsiening: U het deur die hand van u kneg hierdie groot verlossing gegee…
19. Toe kloof God die holte wat by Legi is, en daar kom water uit; en hy het gedrink, en sy gees het teruggekom, en hy het weer opgelewe. Daarom noem hulle dit Roepersfontein, wat vandag nog by Legi is.
Hy vind sy roeping in sy oorwinning.