Die krag van Gebed

In Georgia is daar een van die sterkste kluise gebou om een bladsy papier te beskerm… Een van die waardevolste papiere in die wêreld… Dit word 24/7 365 bewaak deur een van die wêreld se top sekuriteit maatskappye. Die resep vir Coke…

Het jy ń kluis in jou hart met ń resep wat alles kan verander?

Is dit moontlik dat jy dit nog nooit gelees het nie?

Wat staan daarop?

Om dinge te kan verander klink so towerkrag, maar is dit?

Twee dinge wat verandering bring:

Perspektief: Wanneer jy verander hoe jy na dinge kyk, verander dinge…

Eienaarskap: We don’t come to this world; we become…

Mat 28:18 Jesus het nader gekom en vir hulle gesê: “Aan My is gegee alle mag in die hemel en op die aarde.

Daarna sê Hy die belangrikste woorde ooit: Gaan dan heen…

Hy stuur sy dissipels uit oom Sy Gesag en outoriteit op aarde uit te leef.

Ek het netnou gesê: Verander hoe jy na dinge kyk, dan sal dinge verander. Die groot vraag is wat moet ek verander voordat ek op my knieë gaan om te bid?

Die groot nuwe perspektief

Ons kan slegs gebede van gesag bid wanneer ons weet dat ons weet dat ons geroep is om die outoriteit wat aan Jesus gegee is op aarde te laat geld.

Kennith Hagan het gesê: Wanneer ons die duiwel die stryd aan sê doen ons dit altyd vanuit die bewustheid dat ons reeds outoriteit oor hom het a.g.v. dit wat Jesus gedoen het.

Openb 12:11

Húlle het hom oorwin,

op grond van die bloed van die Lam,

en op grond van hulle getuienis.

Selfs in die aangesig van die dood

het hulle nie hulle eie lewens liefgehad nie.

Wat is outoriteit

Outoriteit is gedelegeerde gesag.

Outoriteit staan op die fondament van die kennis van wie ons in Christus is.

Luk 10:19 Kyk, Ek het aan julle gesag gegee om op slange en skerpioene te trap, en ook oor al die mag van die vyand. Niks sal julle enige skade kan aandoen nie.

Gesag is in ons DNA geskryf.

Gen 1:26 God het gesê: “Laat Ons mense maak na ons beeld, as ons afbeelding, sodat hulle kan heers…

In die oorspronklike Hebreeus is heers: radah wat beteken: Oorwin, seëvier, regeer en domineer.

Jy hoef nooit weer soos ‘n slagoffer te voel nie! Ek weet dat ons soms wanneer ons bid groot berge het om te skuif. Berge groter as onsself wat ons klein laat voel, maar in jou en my leef daar ‘n krag groter as dit wat voor ons staan.

Wanneer jy oorweldig voel

Onthou die Here bring groot oorwinnings met klein stappies… Al voel jou gebede klein, in elke woordjie is groot krag verpak!

Verantwoordelikheid

In Gen 1:26 is daar twee frases: Laat ons… Laat hulle…

Elke gebed het twee rolle: God se aandeel en ons verantwoordelikheid.

Outoriteit op aarde is deur God aan die mens gegee.

Dr Myles Munroe het gesê: The authority to dominate earth was given to mankind only, and prayer involves man giving God the right and permission to intervene in earthly matters.

God kan doen wat Hy wil, maar hy respekteer ons gesag en daarom het ons nodig om te vra vir hulp.

Wat aktiveer gebed?

Gebed aktiveer Goddelike ingryping.

Die woord wonderwerk beteken: Goddelike ingryping in aardse sake.

Wat is die sleutel?

Jesus sê: Ek doen net wat ek die Vader sien doen.

Die sleutel van gesag is om aan Sy gesag te onderwerp.

Hoe doen ek dit?

Toewyding.

Begin met klein eenvoudige stappe van gehoorsaamheid en dissipline.

Jy het die sleutels van die Koninkryk ontvang.

Matt 16:19 Ek sal vir jou die sleutels van die koninkryk van die hemele gee, en wat jy ook al op aarde toesluit, sal in die hemele toegesluit wees, en wat jy ook al op aarde vrylaat, sal in die hemele vrygelaat wees.”

Sleutels van die Koninkryk beteken: Gesag om dit wat in die Hemel is aarde toe te bring.

Ons het dus die krag en gesag om te reageer op aarde.

Ons is dus nie slagoffers nie, maar kan heers oor omstandighede.

John Wesley: God does nothing but in answer to prayer.

Die geheim van gesag

2 Kron 7:14 As my volk, oor wie my Naam uitgeroep is, hulle verootmoedig en bid, en my teenwoordigheid opsoek en terugdraai van hulle verkeerde paaie, sal Ek self uit die hemel hulle hoor. Ek sal hulle sonde vergewe en hulle land genees.

Oor wie my naam uitgeroep is: Iemand vat verantwoordelikheid vir jou!

Verootmoedig: (humble) Die lyne kom bymekaar wanneer ons besef daar is iemand groter as ons…

En bid: Alles op aarde gaan oor geestelike kontak… Harte wat uitreik maak kontak…

Teenwoordigheid opsoek: God sê: Wanneer jy bid kom kuier jy by my.

Terug draai: God se aandeel is om te verhoor, ons aandeel is om te hoor…

…en hulle land genees: Die Here wil jou omstandighede op aarde gesond maak…

Gesag is nie om opdragte te blaf nie, maar om met die bruidegom te dans…

Similar Posts

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *