Wen vrees

2 Kronieke 20

Die Here slaan die aanval uit die ooste af

1 Later het die Moabiete en die Ammoniete,[Die twee nasies is verwek toe Lot se dogters hom dronk gamaak het om by hulle kinders te kry] en saam met hulle ‘n groep Meüniete, ‘n veldtog teen Josafat begin.

2 Josafat het berig (Vrees ry op die vlerke van wat die mense sê ) gekry: “’n Groot menigte van oorkant die Dooie See, van Edom af, het teen u opgetrek. Hulle is al by Gaseson-Tamar, dit is En-Gedi.”

3 Josafat was bang (yaw-ray → Het die krag van die vyand bewonder) en het by die Here hulp gesoek. Hy het ‘n vasdag in die hele Juda uitgeroep,

4 en die Judeërs het bymekaargekom om die hulp (die pad uit) van die Here te vra. Uit al die stede van Juda het hulle gekom om die Here se hulp te vra.

6 Josafat het gebid: “Here, God van ons voorvaders, U is God. (Maak hom groter in jou gedagtes as jou bewondering vir die vyand) U heers uit die hemel oor al die koninkryke van die nasies. (Erken Sy heerskappy → ‘n Lewe van gesag is ‘n lewe onder gesag) Uit u hand (yawd → ‘n Oop hand – bid en besluit vanuit ‘n verwagting dat Hy goed is en Sy kinders se belange op die hart dra) kom die mag en die krag. Niemand kan teen U stand hou nie. (Verloor is nie ‘n opsie nie)

7 Dit is U, ons God, wat die vroeëre inwoners van hierdie land voor u volk Israel uit verdryf het en die land aan die nageslag van u vriend Abraham as ‘n blywende besitting gegee het. (Dink vanuit die oorwinnings van die verlede)

12 Ons God, sal U hulle nie straf nie, want ons het nie die krag om hierdie groot menigte wat teen ons optrek, te weerstaan nie. Ons weet nie wat om te doen nie. (Dit is hoe ons vrees in die oë staar → Ons erken ons gebreke en bevestig ons afhanklikheid van Hom) Ons oë is op U gerig. (Toe Petrus se oë op die golwe fokus – gryp vrees sy hart aan. Jou vrees en jou geloof volg jou oë)

15 Luister, mense van Juda, inwoners van Jerusalem en koning Josafat! So sê die Here vir julle: Moenie vrees nie, moenie bang wees vir hierdie groot menigte nie, want hierdie oorlog is nie ‘n saak vir julle nie, maar vir God. (Alles gaan nie oor en hang nie af, van ons nie! Geloof is altyd in afhanklikheid geanker)

16 Trek hulle môre tegemoet wanneer hulle in die Bloeiselpas (Elke stryd kondig ‘n nuwe mooier seisoen aan… Laat toe dat jou verwagting groter as jou vrees wees) opkom. Julle sal hulle aantref by die punt van die vallei wat in die Jeruelwoestyn (Geplant deur God → God het ‘n plan met jou stryd) uitloop.

17 Julle hoef nie te veg nie, (Soms kom sukses moeiteloos) neem net posisie in en staan (Bevestig → oorwinning vloei vanuit geestelike gesag…) en kyk na die oorwinning van die Here vir julle. Moenie vrees nie, Juda en Jerusalem, moenie bang (Om deur vrees verwar te word) wees nie. Trek hulle môre tegemoet. Die Here sal by julle wees.”

22 Juis toe, toe die sangers met die lofprysing en gebed begin, het die Here onverwagte aanvalle bewerk op die Ammoniete, die Moabiete en die mense van die Seïrberge wat teen Juda opgetrek het, en hulle het die een neerlaag na die ander gely. 23 Toe val die Ammoniete en die Moabiete die inwoners van die Seïrberge aan en spaar niemand nie en roei hulle uit. En toe hulle klaar was met die inwoners van Seïr, het hulle mekaar begin uitdelg. (Die vyand het homself uitgedelg – die probleem het homself opgelos!)

25 Josafat en sy manskappe het die buit bymekaar kom maak en ‘n groot hoeveelheid gekry…

27 …Die Here het hulle bly gemaak oor hulle vyande. (Hier word angs se rug gebreek)

Similar Posts

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *