Goedheid in ‘n aarde vol skaduwees

Een dag kom ‘n dronk-lap by ‘n rehab aan… Die man by die deur vra: Hoekom het jy vanaand gekom? Hy antwoord: Ek het vanoggend na my hol bloedbelope oë in die spieël gekyk en my ma se woorde onthou. Sy het altyd gesê ek het vriendelike oë… Dink jy daar is nog goed in my?

Diep in die siel van elkeen is daar ‘n hunkering en verlange na goedheid.
‘n Soeke verweef in ons DNA.
‘n Begeerte om goedheid te ontmoet en diep te leer ken in ons eie lewe.
Om dit in ander te sien, om te bly glo dat dit bestaan en dat ons een of ander tyd sal paaie kruis.

Hierdie verlange noop ons om dieper vrae te vra, veral wanneer ons in die skadu van moeilikheid, pyn en onreg staan…
Waar kan ware, onveilbare goedheid gevind word. Waar kruip dit weg?

Ons het geen ander keuse as om ons Harte te draai na die Een wat alles begin het nie.
Want Hy is nie net die bron van goedheid nie, Hy is daarvan gemaak.

Die woord nooi ons uit om dit te ontdek. Elke sin, elke lettergreep drup daarvan.

Joh 14:26 Maar die Trooster, die Heilige Gees, wat die Vader in my Naam sal stuur, Hy sal julle alles leer en julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het.

Trooster is Parakletos wat o.a. Advokaat beteken.
‘n Advokaat herinner jou aan jou regte en jou onskuld.
Die Heilige Gees herinner ons aan wie ons is!

Waar kom ons begeerte na dit wat goed is vandaan?

Dit is ‘n refleksie van: Imago Dei – Die beeld van God wat op die mensdom afgestempel is.
Jy kan jouself dus slegs sien in wie Hy is.
Die standaard van goedheid kom dan slegs van een plek: ‘n Goddelike finger afdruk.

Kom ons gaan op ‘n reis om Sy goedheid te ontdek.

Wat is Goddelike goedheid?

Dit is nie iets wat God doen nie. Dit is wat Hy is!

Ps 100:5 Die Here is goed(Tobey: Goed in sy wildste form.), aan sy liefde is daar geen einde nie, sy trou strek van geslag tot geslag.

Sy goedheid is die fontein waaruit alle ander fonteine in Hom ontspring.
Die oorheersende kwaliteit wat al die ander kwaliteite in Hom vorm.

Ps 31:19 Hoe groot(Rab – oorvloedig) is u goedheid wat U weggebêre het vir dié wat U dien, wat U bewys aan dié wat by U skuil, voor die oë van die mense!

Sy goedheid is nie net sentiment nie, dit is in perfekte harmonie met sy hele karakter.
In die natuur wanneer enige golwe in harmonie kom (Inteferensie) versterk hulle mekaar tot ‘n geweldige krag. (Soldate op ‘n brug)

Goedheid in die skepping

Gen 1:31 Toe kyk God na alles wat Hy gemaak het, en dit was baie goed. Dit was aand en dit was môre, die sesde dag.
Dink aan die detail.
Dink aan elke sneeuvlokkie wat uniek en perfek is.
Dink aan die skoonheid van ‘n roos.
Dink aan die groot, groot horlosie van die heelal.
Die voëls wat sing, die ritme van die seisoene, die sagte lig van die maan oor die aarde…

Goedheid en voorsiening

God se goedheid het nie opgehou na die skepping nie, maar is steeds die aktiewe krag wat alles in stand hou.
Hy is nie ‘n horlosiemaker wat die heelal opgewen het en net los om aan te tiek nie.

Psalm 145:9, 15–16 9 Die Here is goed vir almal,(jy ook) Hy ontferm Hom oor alles wat Hy gemaak het. 15 Almal sien met verwagting op na U, en U gee hulle kos op die regte tyd. 16 U maak u hand oop en versadig alles wat leef met wat goed is.

Sy goedheid oorskadu ook selfs die wet.

Romeine 2:4 Of verag(Om uit die oog te verloor) jy die rykdom van sy goedertierenheid, verdraagsaamheid en geduld, sonder om te besef dat die goedheid van God jou tot bekering wil lei?

Sy goedheid is selfs groter as die foute wat ons maak!

Ons mense word gedryf deur straf en gevolge, maar Hy word beweeg deur sy Goedheid.

Titus 3:4-5 Maar toe die goedheid en menseliefde van God, ons Verlosser, verskyn het, het Hy ons gered — nie op grond van die regverdige dade wat ons gedoen het nie, maar uit sy ontferming… (Om liefdevol toe te vou)

Elke mens het daardie diep begeerte om te sien en gesien te word.
Nuwe openbaring word in ons harte gebore wanneer ons in Sy goedheid in staar.

Die fokus van Sy goedheid: Ek sien jou!

Similar Posts

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *